Oud-liggaamsbouer in Polokwane vermoor

Pikkie Nel is op 22 Januarie 2016 in Polokwane vermoor (Foto verskaf aan Maroela Media)

Pikkie Nel is op 22 Januarie 2016 in Polokwane vermoor (Foto verskaf aan Maroela Media)

Pikkie Nel (70), ‘n oud-liggaamsbouer van Polokwane, is Vrydag by ʼn spruit in dié stad vermoor toe hy gaan visvang het.

“My pa is die oggend omstreeks 08:00 uit die huis uit om te gaan visvang by die spruit,” het Jeanette Nel, Pikkie se dogter, Sondag aan Maroela Media gesê. Haar pa het glo Woensdag die spruit ontdek naby Ladanna, waar hulle woon. “Teen 10:15 het my ma hom gebel om te hoor of hy al iets gevang het. Hy het gesê hy het inderdaad kurpers gevang, maar wou nog ʼn rukkie by die spruit vertoef.”

Teen 13:00 was Pikkie nog steeds nie by die huis nie, en sy selfoon was afgeskakel.

Jeanette en haar ma is die aand om 19:30 ingelig dat ʼn liggaam gevind is.

“ʼn Verbyganger het die polisie ontbied nadat ʼn liggaam in ʼn rivier gevind is,” het kapt. Mohlaka Mashiane, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die man se liggaam was vasgebind en hy het verskeie steekwonde gehad.”

Pikkie Nel is op 22 Januarie 2016 in Polokwane vermoor (Foto verskaf aan Maroela Media)

Pikkie Nel is op 22 Januarie 2016 in Polokwane vermoor (Foto verskaf aan Maroela Media)

Jeanette het gesê haar pa was ʼn groot man. “Hy het ongeveer 120 kg geweeg en hy het sy vuurwapen by hom gehad,” het sy verduidelik. “Dit moes ʼn paar mans wees wat hom aangeval het.”

Volgens Mashiane is dit egter nog nie duidelik hoeveel mans Pikkie aangeval het nie.

“My pa is baie erg aangerand,” het Jeanette bygevoeg. “Hy het baie sleg gelyk toe ons hom Saterdag moes gaan uitken. My ma is in skok en ek slaap al vir twee dae nie.”

Pikkie het in 1970 saam met Arnold Schwarzenegger deelgeneem aan die Mnr. Heelal-kompetisie.

Mashiane het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Weereens ‘n sinnelose, wrede moord! My diepste meegevoel!

anon ·

ek was ok n inwoner van ladana my ouers en susters bly nog daar like daai plek glad ni so gevaarlik daar hul ruk selfone uit mense se hande kom somer in jou huis in gestap

riette ·

Wil net sê. Ek bly ook in Ladanna. Ladanna is glad nie onveiliger as enige ander woongebied in Polokwane nie. Dit gaan maar orals in al die woongebiede ewe sleg. Die spruitjie waar dit gebeur het is ook nie direk in Ladanna nie maar oppad na Seshego. Ek is baie jammer vir die familie wat moes agterbly. Dit was so onnodig.

Dee ·

Heeltemal reg Kathleen, dan wonder hulle waarom ons rassiste is. Rassisme word geskep deur diegene wat voorgee om daarteen te veg.

Dee ·

In opvolg oor wat ek mbt rassisme gesê het aan Kathleen – wat kan ‘n hengelaar by hom gehad het wat van waarde was? ‘n Vistrommel, selfoon en miskien ‘n blink horlosie. Daarvoor is hy vermoor. Of was dit vir sy sandale? Hulle is boos en skep self dit wat hulle voorgee teen te veg.

Gideon ·

Ek begin nou ook dink mens moet na die wêreldhof gaan om hierdie sinnelose moorde aan die groot klok te hang!! Hoe kan moorde plaasvind en geen haan kraai daarna nie? Daar word so groot bohaai gemaak oor dood van ander nasies, maar wat van ons blankes in SA. Kan daar nie gekyk word na die hoeveelheid blankes wat daar in ons land oor is, die hoeveelheid vermoor,en dit dan uitwerk wat is persentasie vermoor.
Dit kan dalk as beter maatstaf dien as net die getal vermoor, want dit lyk vir my is te min! Of hoekom begin ons nie iewers ‘n gedenk museum waar vermoorde mense se name op is, en groot foto’s van die vermoordes nie, sodat die buiteland kan kennis dra!! Iets sal ons moet doen.

Juan ·

probleem is Gideon dat die gemiddelde Afrikaner nie eers besef wat aangaan nie. Dit is so ongelooflik moeilik om die boodskap uit te kry. Selfs Maroelamedia se sensuur beleid is van so n aard dat baie lewensbelangrike inligting uit die publieke domain gehou word. Self sensuur is gevaarliker as wetlike sensuur.
Ons het geen idee wat Vryheid van Spraak is in Suid Afrika nie!

Winston ·

Ek stem saam met Juan. Die wêreld wat teen SA was oor sekere beleidsrigtings, kry nou slae uit Islam en het nie n benul van hoe dit hanteer moet word nie. Hulle steur hulle geensins oor wat in SA gebeur nie met uitsondering van n paar klein groepe. Alles bereik nie die gewone mens op straat nie en baie word deur media beheer. Die reël van as jy n helpende hand soek, kyk na jou arms op elke punt sit een, geld nou oral.

Karen ·

Ja, so jammer, WEEREENS! Hy het sy wapen by hom gehad! MAAR HY WAS NIE PARAAT NIE!!!

juan ·

Ai Karen, was jy daar? Jy kan nie net n vuurwapen op iemand rig wie jy dink gaan jou skade berokken nie. Net so terloops, meeste van die misdadigers is self bewapen, almal is nie Chuck Norris of Steven Seagal nie. Kom ons treur saam met die familie oor hulle verlies en los die spekulasies.

Berhalet Beukes ·

Karen, hulle het ‘n paar jaar terug my afgetrede pa, wat ter alle tye ‘n wapen aan hom dra, voor sy motorhuis probeer kaap. Hy is besonders paraat en wakker omdat hy ‘n vuurwapen dra en bly op datum met sertifikate van bevoegdheid ens. My vraag aan jou is dit, as ‘n motor skielik agter jou stop en 5 mans oorrompel jou, ‘n enkele persoon, sou paraatheid jou uit die situasie gered het? Ongelukkig nie! Die rowers kom in groepe en het geen genade nie, geen enkele persoon staan ‘n kans nie. My pa was gelukkig, hy is nie beseer of dood nie, maar al is sy pistool en beursie in die proses kwyt. Genadiglik het die rowers gevlug, my ma was in die huis. Sy kon óók verkrag en vermoor gewees het. Probeer insien dat dit nie so eenvoudig is nie. Rowers kom gewapen.

juan ·

Hitler het geen geskrewe opdrag aan enige van sy bevelstruktuur gegee om Jode te vermoor nie. Daar kon geen bewyse gevind word dat Hitler & sy Nazi beweging n plan gehad het om die Jode in Europa te vermoor nie, tog is miljoene Jode deur die Nazis dood gemaak.
Die feit dat daar geen sogenaamde plan van sameswering gevind word om minderhede soos die Afrikaner en blankes in die bree uit te wis nie, beteken nie dat daar wel so n plan is nie.
n Hater van mense vind kreatiewe maniere om ontslae te raak van sy “vyande”, vroeer het Hitler, Lenin & Mossolini het gebruik gemaak van jeug bendes om hulle vuil werk vir julle te doen, nou word van misdadigers gebruik gemaak om dieselfde doelwitte te bereik. Onder die dekmantel van misdaad word volksmoord uitgevoer. Die regering van die dag het al die mag en vermoee om n klimaat te skep waar misdaad kan laat hoogdui vier. Die gepeupel word met rasse haat opgestook en sogenaamde bewyse van ekonomiese diefstal word die heeltyd gebruik om die vuur van haat aan te stook. Die “nuwe” generasie het so veel blootstelling aan geweld gehad dat hulle heeltemal gedisensifiseer is om die wreedste moontlikste goed aan te vang. Voeg hier by pa’s wat afwesig is by hulle seuns se groot maak en jy het n “nuwe” generasie wat net kwaad is vir die lewe, n resep vir geweld & agressie wat geen perke het nie.
Die “puppetmasters” weet dat die meeste slagoffers gaan blankes wees, die swartes wat wel ook skade lui word aanvaar dat dit n nodige euwel is om sukses te bereik.
Dit is nou meer as ooit van te vore belangrik dat die evangelie van verlossing en bevryding in Jesus Christuus oor alle grense heen verkondig word. Mense moet eenvoudig weet dat hulle rus, vrede & verlossing by die Kruis kan kry, maar hulle moet ook weet dat n regverdige & vreesagtige oordeel vir hulle le en wag na die dood deur n regverdige God van die Bybel indien hulle nie Jesus Christus as middelaar het nie. Mag die Here Suid Afrika genadig wees en die mense van hierdie land oortuig van hulle sondige toestand en mag dit by my begin!

Kobus ·

Daar word baie maale uitgesaai van moorde en aanrandings op Ander rasse!

Kyk net so 4 dae terug was daar groot storie gewees van die Nie Blanke man wat aangerand was deur 3 wit mannetjies maar daar sal gewys word van die wrede boer wat vermoor was nie.
Waar trek mens die streep?
Waneer is ons nou heeltemal gatvol?
Waneer sal dit ophou?
Wat gaan ons doen?
Wie gaan boet vir die moorde?
Waneer word die skurke vasgetrek?

Schalk ·

Hierdie moorde op die witmens word uitgevoer onder opdrag. Ons moet nog net uitvind wie die opdrag gegee het.

ZAR ·

Zuma? , ANC?
Wonder soms of dit nie van die buiteland kom nie, want n paar rand kan baie dinge reg kry

Liewe Heksie ·

Ons mense,
noem hulle Boere,
noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het ‘n baie ryk geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur ons geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die Genade van die Almagtige Skepper.
“Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied..
Amen”
Ons mense bloei,
ons mense word vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na die Almagtige vir leiding.
Kom ons bid en kom ons glo…
Dankie dat jy ‘n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan ‘n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie

Sarie ·

Skokkend!! Pikkie was ‘n geliefde inwoners van Pietersburg, hy was wel ‘n groot mens maar sou nie ‘n vlieg skade aandoen nie. Hy moes regtig onverwags oorval gewees het want hy sou baklei het maar mens wonder net hoe lafaards dit geneem het om hierdie man te vermoor. Sterk aan Joey en die kinders, ons ou Pietersburgers dink aan en bid vir julle.

david ras ·

Weereens ‘n bejaarde–70 jaar oud . Alhoewel gewapend, nog steeds een van die swakkes van ons samelewing–‘n BEJAARDE !
Onthou asseblief hierdie woorde uit Operation Mayebuye , die kodenaam vir die ANC se beplande rewolusie in 1963 :
“shamelessly attack the WEAK, and shamelessly flee from the strong”
Dit staan daar, lewensgroot in die dokumentasie wat destyds by Rivonia gevind is.

Skaamteloos–inderdaad!!

As jy nie weet wat het destyds by Rivonia gebeur nie, stel ek voor dat jy baie vining navorsing doen.
Die man wat destyds (1966) hierdie inligting openbaar gemaak het was Gerard Ludi, polisiespioen, wat die ANC binnegedring het dit in sy kern, Hand om die skouers gestaan met Nelson Mandela, Bram Fischer en diesulkes.
Dieselfde Ludi waarsku in ‘n gepubliseerde brief in the Citizen ongeveer 10 dae voor die berugte 1992 de Klerk referendum :
“don’t vote YES, you don’t know who you are dealing with”

Wel, sommige van ons besef nou met wie ons te doen het, ander loop asof hulle met blindheid geslaan is.

Is hierdie aanvalle in opdrag van iemand ? Of is dit eenvoudig uit haat jeens witmense?
Indien wel, deur wie en waar word die haat so aangeblaas ?

As ons wil oorleef in hierdie land, moet ons uitvind wie verantwoordelik is.

Chrisjan ·

Dan is die oplossing mos eenvoudig, word sterk. Liggaam, siel en gees. Hulle sal onbeskaamd hardloop.

Nickey ·

Amen Loon. Selfs diere tree nie so op nie. Innige simpatie. Ek was nog nooit n bang mens nie maar wragtig die geweld raak nou te veel en so erg! Lyk my ons moet maar soos gevangenisse lewe om aan die lewe te bly. My hart seer saam julle. Mag God julle in die swaar tyd dra!

GES ·

Maroela gee asb terugvoer ivm die plasing wat van Vinette Ebrahim. Sy is ‘n openbare figuur en die vraag is gevra waarom al hierdie sinnelose barbaarse moorde plaasvind.

Landi Slatter ·

Dagsê GES

Die spesifieke voorval het reeds in Januarie verlede jaar plaasgevind. Dit blyk egter nie dat daar enige klagtes teen Ebrahim aanhangig gemaak is by die Menseregtekommissie of enige ander liggaam nie. Daar was dus geen verwikkelinge hieroor nie.

Vriendelike groete

Landi nms Maroela Media

GES ·

Landi, baie dankie ek waardeer die terugvoer. Dit is jammer niemand het haar nie tot orde geroep nie. Dit is ‘n bietjie laat nou.

Elinette ·

Jammer as ek nou bietjie agter die klip is, mense, maar wat van Vinette Ebrahim? Wat het sy gesê/gedoen/oorgekom?

m ·

Kan mens nou nie eers mee in vrede sit en visvang nie. Liewe hel hy het mos nou niemand gepla nie. As dit darem nou nie rassistiese aanval is nie dan weet ek nie so lekker nie.

Justa ·

Almal moet begin besef on leef nie in normale westerse land met normale westerse mense nie. Wees uiters waaksaam en moenie na afgesonderde plekke toe gaan nie. Nie alleen nie en ook nie in n groep nie. Dis lankal nie meer voor 1994 nie.

Ben Prinsloo ·

Lank gelede was daar n plakker van n politieke party wat gelees het “Remember Rhodesia vote ……” ons is vandag slegter af. Ek sien rassisme die hele wereld vol. Almal wat in Europa woon is byvoorbeeld rassiste. Frankryk is apart van Duitsland en so kan ek aangaan. Afrika is apart van Amerika. Maar tot ek en my kinders bad in aparte badkamers. Genade ek wil leef en laat leef maar ek verwag dieselfde. Ek is nou moeg vir ander rasse wat so in my keel afgedruk word oor hoe goed en perfek hulle is. Genoeg is genoeg.

Theresa ·

Sal maar weer vra, maar lyk my die vrae word nie deur iemand gelees wat kan help nie: HOEVEEL Blanke Suid-Afrikaners is nog oor in die land, asb?
Kan ons asb in ons honderde (want ek twyfel of ons nog kan sê miljoene! bymekaar kom en duidelik toon dat ons nie meer hierdie moorde op ons mense kan en wil toelaat nie??
Ons weet mos ons sal nie winkels en geboue beskadig of goed daaruit steel terwyl ons hierdie ernstige kwessie uitlig waaroor ons so uiters ongelukkig oor voel!

Dee ·

Wil jy nou gaan optogte hou? Baniere dra? Asof dit nou sal help.

Delta Mike ·

Theresa ek was deel van n sekere groep wat sekere dinge gedoen het en inligting ingesamel het, 4 jaar gelede was die syfers wat beskikbaar was net onder die 3 miljoen blankes, as ek reg kan onthou 2.86 miljoen waarvan toe alreeds n derde van daai getal in wit plakkers kampe gebly het. Ek het al op verskeie vergaderings vir sekere mense meegedeel om die opdrag te gee om op te staan en se tot hier toe nie verder nie, genoeg is genoeg. Die meerderheid van sekere leiers het die verskoning gehad van dit is nie God se tyd vir ons om op te staan nie, Sekere leiers van sekere organisasies is so behep met die Bybel en wag nog steeds vir die Almagtige Skepper om vir hulle n teken te gee. Met my stelling aan hulle van ” Die Almagtige Skepper sal net n volk wat van Sy skepping is help indien daai volk bereid is om in Sy naam op te staan en te se genoeg is genoeg, al wat ek van die sekere leiers kon kry was n minus 10 uitdrukking op hul gesigte. Die Afrikaner Boer Volk wil nie opstaan nie, ruggraatloos soos hul na die Slag van Bloedrivier nog altyd was.

Henri ·

Met skaamte vir ons volk, moet ek met jou saamstem Mike. Ons almal wag , wag op God, wag op iemand om iets te se, wag op iemand om iets te doen, wag, wag, wag,………..Wanner die geleentheid hom wel voordien dat iets Gedoen kan word, soos met die byeenkomste te Pta, Jhb, Kaapstad en elders, daar was mense sommige met rolstoele ens. waar was die ander, besig om te wag, wag en sien wat gebeur……. Almal is nie oor hierdie kam te skeer nie, Dit is bewys met die onglangse hulp aan boere, wat nog steeds aangaan.
Here, gee dat ons volk opstaan van hul gemakstoele en dinge te begin Doen, Amen

Rens Roodt ·

Delta Mike – gee die opdrag want ons bid tot Vader en Hy sal help

Elinette ·

Hoe klink dit my na al die kommentare op dié blad, dat baie witmense nou moordlustig is en ‘n burgeroorlog wil uitroep? Ek vra net, want ek is ‘n enkellopende, wit, middeljarige vrou wie vir haar bejaarde, siek ma sorg. Ja, ek raak ook kwaad oor gevalle soos dié, waar ‘n onskuldige bejaarde persoon vermoor word, ‘n hond tot die dood verkrag word, geboue en eiendom afgebrand, afgebreek en beskadig word, gevalle waar etlike miljoene rande gesteel word, honderde wit boere op hul plase vermoor word … ag, so kan mens aangaan en aangaan en aangaan. Maar burgeroorlog? ‘n Geweldadige opstand, bloed wat vloei …. Nee, daarvoor sien ek nie kans nie. Ek kruip solank weg!

Barry ·

Die oorlog is reeds aan die gang Elinette..teen die wit mens..alhoewel daar geen party in ñ oorlog is wat wen nie,moet daar soms bloed vloei en mense se lewens wat op geoffer moet word om verandering te bring.Ek is ook nie ten gunste van veg of oorlog nie,maar ek sal my kant bring teen my en opstaan vir my volk en vaderland.Kom ons hoop eerder ons het nie nodig om in ñ oorlog in te gaan nie En vertrou volkome op God.Ons is magteloos sonder ons hemelse Vader.

Juan ·

Liewe Elinette, Rome brand en jy is meer bekommerd oor die spel foute as die inhoud!
Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
As jy mooi kyk is kennis/inhoud meer belangrik as taal & spel foute!

Jacoba ·

Elinette daar is, glo ek heelwat siele wat burgeroorlog nie kan bekostig. MAAR om elkeen wat teen MISKENNING VAN MENSEREGTE EN UITMOOR VAN DIE MINDERHEDE OP TE ROEP OM DEEL TE WEES VAN ‘n vreedsame massa VERTOON TEEN ONDERDRUKKING. Nie te veel gevra net organisasie.

Sorika ·

Hallo almal wat kommentaar gelewer het en nog gaan lewer! Ek het net gou gegoogle en volgens die 2001 sensus is Christenskap die grootste geloof in Suid Afrika met 79,77%. Dit beteken dat ONS CHRISTENE DIE OORHAND HET. Dit sluit ALLE rasse in nie net wittes nie. KOM CHRISTENE STAAN SAAM EN BEGIN BID VIR SUID AFRIKA. Ons weet daar is krag in die bloed van Jesus Christus en in gebed. Kan ek ALLE CHRISTENE uitdaag om van vandag af vir die volgende week elke uur of daagliks net EEN keer vir Jesus te vra om in te gryp in ons land. Hy het reen gestuur vir boere en daar kom definatief nog meer WANT ONS GOD IS GETROU!!!! Staan saam in geloof en begin liewers vir Jesus vra om te help. JESUS EN JESUS ALEEN KAN ONS LAND RED. As julle wil oorlog voer, voer dan oorlog teen die geestelike en nie die vleestelike. Groete julle suster on Christus

lynette en familie ·

Ons dink aan jou Joye en Jeanette wees sterk!!! Ons gan Pikkie baie mis.

willie ·

Ek is so gatvol ;Polisie doen ondersoek,en nogmaals Polisie doen ondersoek,hoekom nie, Polisie het moord voorkom,polisie huisbraak voorkom,polisie het betreding voorkom,waar is elke polisie stasie inteligensie.

Flippie ·

Ons is in ‘n lae intensiteit oorlog betrokke. En wat meer is ons is besig om dit te verloor. David se kommentaar is veral belangrik.

Hierdie oorlog word deur die ANC gevoer teen op die witmense van die land. En dit is belangrik dat ons moet weet dat die ANC sal nie hulle strategie van die daktoppe af uitbassuin nie. Wat Juan geseê het is waar.

Ons is in ‘n moeilike possisie. As jy dit doen is dit verkeerd en as jy dat doen is dit verkeerd.

Ek self glo nie dat daar ooit werklike samehorende vrede kan wees tussen wit en swart nie – daarvoor is ons heeltemal verskillend. Ek self het in 1992 JA gestem omdat ek op daardie stadium geglo het dat ons dit sou kom regkry om saak in hierdie land as gelykes saam kom bestaan.

Maar nou na 20 maar sien ek dat die NEE stemmers reg was. Die groot meerderheid swartes sal hulle skaar agter diegene wat die ondergang van die wittes propageer.

Ons keuse is dus veg of weg. Ek is te oud vir albei en wag nou maar gelate vir my lot dat een of ander swarte my vrou sal kom verkrag en my met ‘n pangs die ewigheid instuur. Ek doen dit vir die ANC.

Ons moet lewe en sterwe vir die ANC. Viva ANC viva short live short live

tamboti ·

Flippie, jy erken dat jy en ander ja stemmers het dit verkeerd gehad. Die rede daarvoor is nie dat witmens nie omgee of help nie, maar dat swart mense nie tevrede is is met niks nie. (maar wel met groot armoede maar skatryk koning) Dit veroorsaak rasse spanning en sinnelose moorde soos die van Pikkie en ander misdaad wat swart op wit pleeg.
Huisbediende steel al my vrou se juwele al word sy goed en op datum betaal, want ons het – dis haar verweer!
Vir die ANC? wat praat jy, of is jy so oud dat wysheid vir dwaasheid plek gemaak het?

JAN DUVENHAGE ·

om dinge altyd saggies en polities korrek te se,beteken jy dans heeltyd om die belangrikheid van die saak.sommige het “verkeerd” gestem.ander gladnie.soos ekself.gedink dit sal stemme verander.my stem en jou stem het op daardie stadium nie meer saak gemaak nie.die uitslag was al lankal vooruit beplan en dit is waarmee ons vandag moet saamleef.sinnelose moorde soos die media dit noem,is gladnie so sinneloos nie.dis n manier om die doodse vrees in almal van ons te dryf,sodat jy later nie meer ondersky tussen wie jy kan vertrou en wie nie.alles wat eens ons normale gang en leefwyse was,word ons nou ontse.jy kruip weg en word n vreemdeling vir almal om jou,bou helse mure en hekke,alarms en wat nog.maar jy slaap nogsteeds met een oog oop!in sagter taal” ons rittereer volgens plan”.baie sal weet wat ek bedoel.eenvoudig:ons word deur die “sinnelose geweld” beheer.wie ookal die kopknik gee vir elke geweldsaanval,weet presies hoe ons gan reageer.MAW.ons is almal poppies aan een siek poppemeester se toue.
dis huidiglik my eie persoonlikke mening,en volgens my beskeie mening,nognie naby die einde nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.