Oud-lugmagman vas oor wapens aan regses

Argieffoto van lugmag-lede

Argieffoto van lugmag-lede

ʼn Voormalige tegnikus in die Suid-Afrikaanse lugmag is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om wapens aan ʼn regse ekstremistiese groep te verskaf, het die Weekend Argus Sondag berig.

Die 46-jarige man van Brackenfell wou die ekstremiste met wapens “borg”, het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, aan die koerant gesê. Ramaloko wou nie die naam van die groep bekend maak of hoeveel wapens daar op beslag gelê is nie.

Ramaloko het wel bevestig dat die man vir langer as twee dekades vir die Suid-Afrikaanse lugmag gewerk het. Ramaloko kon nie Sondag deur Sapa vir kommentaar bereik word nie.

Die koerant het die man se CV aanlyn opgespoor. Volgens sy CV het hy in 1989 sy loopbaan begin as ‘n wapentuigtegnikus en was hy daarvoor verantwoordelik om die lugmag se Cheetah-vegvliegtuie te bewapen en te ontwapen sowel as die “hantering, verpakking, stoor en vervoer van ammunisie en plofstof in die Suid-Afrikaanse lugmag”.

In sy CV beweer die man ook dat hy ʼn lid van die lugmag se bomontlontingseenheid, ʼn instandhoudingsbeplanner vir die Gripen- en Hawk-vegvliegtuie en plofstofbestuurder was.

Die koerant het berig dat die man aanlyn onpatriotiese uitlatings op sy LinkedIn-profiel gemaak het. “Ek benodig ‘n werk in lugvaart met visum 457 DRINGEND ASSEBLIEF,” het die man geskryf. ʼn 457-visum is ʼn Australiese visum wat vaardige beroepslui toelaat om tydelik in die land te werk.

Die man het verder geskryf: “Ek is lief vir my studies…maar ek haat my land…wens ek kan na Kanada of Australië emigreer.”

Die man sal na verwagting Maandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Grassie ·

Indien die man dit wel gedoen het, was dit ‘n dom ding om te doen. Hy behoort teen hierdie tyd te beséf dat ons volkie deurspek is met verraaiers. As tien manne die oggend iets aanpak, slaap agt daardie aand in die tronk en die ander twee sit en suip met die geld wat hulle gekry het omdat hulle hul “makkers” weggegee het. Dit is naar, maar dit is waar!

G ·

Hy self is ‘n verraaier deur 1. Dit in die eerste plek probeer doen het en 2. Kyk na sy stellings “…ek haat my land…”. Regtig?

White Nation ·

Ek haat nie my land nie- ek haat die kommunistiese diewe wat dit opgevoeter het!! “Onpatrioties”- se die likse koerant- moet jy dan ‘n kommunis wees om “patrioties” te wees? Wat het die land vir my mense die afgelope 20 jaar gedoen behalwe hulle uit die werksmark te dwing, hulle te vervolg, hulle te vermoor- en rassistiese “wette” te publiseer om hulle plase en grond te steel,- hulle geskiedenis te probeer uitwis, hulle permanent as ” ver-regses” uit te kryt, ens? Hoe lank NOG gaan die slinkse media konserwatiewe blankes demoniseer en hulle blind staar teen die kommunistiese swendelaars en vergrypers wat hulle as die ” regering” voordoen?

Grassie ·

Baie goed gestel, W.N. Dit is soos dit is, niemand kan teen die feite stry nie.

MM Wiese ·

Wat is n “regse ekstremistiese groep” ? ” One mans’ freedom fighter is another mans’ terrorist , it all depends on what the je_ media wants you to believe .”

sean bowie ·

Manne julle praat te maklik Die verraaiers is onder ons “Eendrag maak mag”

catryn ·

Iets klink nie lekker nie – iemand wat “studeer”, wat lief is vir sy studies? wat sy land haat, maar wat al van 1989 in die weermag is – 25 jaar. As dit iemand van 25 jaar oud was, kan mens dit nog verstaan, omdat hulle met B-BBEE uitgesluit word uit alles uit, die man is reeds 46. Nee wat, ek koop nie die storie nie. En as daar dan kwansuis so ‘n hele arsenaal was, as enige persoon ‘n wapen uitreik, selfs die weermag en polisie, gaan dit deur amptelike kanale. RUIK snuif maar

Boland Boertjie ·

Dis seker weer ‘n paar duisend windbuks pellets soos in die verlede.
Die “organisasie” se naam sal seker ook nooit bekend gemaak word nie – omdat dit baie moontlik nie bestaan nie. Of dit sal so ‘n vreemde naam wees dat niemand nog ooit van hulle gehoor het nie – soos die “Jihadi groep” wat destyds kwansuis die Koeberg kernkrag stasie sou gesaboteer het, aldus die “minister” van destyds – en toe op die ou einde het dit ook nie bestaan nie.
Lees maar gerus weer die berig oor “Spies, Lies, and Slushfunds” wat 14 Junie 2012 op IOL gepubliseer was. En ook die “Spies plunder R1bn slush fund” wat gister op News24 verskyn het.

Welmus Vercuiel ·

Die storie rym nie mooi nie! Dis maar weer propoganda om die sogenaamde regses in n swak lig te stel!! En die Libtards en verraaiers lag in hul mou!! Wat is die definisie van n arsenaal?? Die valke politoer hul eie gatte!! Ffs

Boland Boertjie ·

In 2011 was daar “kamers vol wapens” in Centurion ontdek. Op die ou einde was dit 30 vuurwapens (beswaarlik KAMERS vol) en boonop was die eienaar ‘n geregistreerde wapen versamelaar. Die berig was met trompette aangekondig, en daarna ‘n stille dood gesterf.
In daardie selfde tyd was verskeie sulke “fondse” gemaak… die trompette was geblaas…. en niks is verder gehoor nie. In een het Bheki Cele selfs gepraat van wapens wat soos hoender in die huis rondlê (Moreleta Park 2011)……. En selfs daar was geen opvolg berigte in die koerante nie.
Alles propaganda van ‘n regime wat gevare skep waar daar niks is nie, en nie die gevare wat die Wit bevolking elke dag in die gesig staar, wil aanspreek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.