Oud-Matie binnekort aangekla

Theuns du Toit

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) beoog om die 19-jarige Theuns du Toit strafregtelik te vervolg nadat hy vroeër vanjaar in sy dronkenskap op ’n medestudent aan Universiteit Stellenbosch (US) se skootrekenaar geürineer het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat Du Toit binnekort van opsetlike saakbeskadiging en crimen injuria aangekla gaan word.

Die ondersoek na die voorval in Mei moet egter eers afgehandel word voordat die saak op die rol geplaas kan word, het Ntabazalila verduidelik.

Du Toit is in Julie vanjaar permanent by US geskors nadat hy in Mei vanjaar op Babalo Ndwayana se skootrekenaar in die Huis Marais-manskoshuis geürineer het.

Ndwayana het kort ná die voorval aanklagte van opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria teen Du Toit aanhangig gemaak.

Maroela Media het vroeër berig US se sentrale dissiplinêre komitee (SDK) het Du Toit intussen tydens ’n dissiplinêre verhoor skuldig bevind wat die urinering op Ndwayana se besittings betref. Du Toit is ook skuldig bevind aan rassistiese aanmerkings en die onwettige betreding van Ndwayana se koshuiskamer.

Du Toit het tydens die verhoor erken dat hy die aand besope was en sommige van die gebeure van die aand nie kan onthou nie. Hy hou egter vol dat hy hoegenaamd nie doelbewus of opsetlik opgetree het nie, maar eerder onder die invloed van alkohol ’n “dronk fout” begaan het.

Du Toit ontken ook dat sy optrede rasgedrewe was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Burgermeester ·

En wat van Julius Malema? Ek hoop die NVG gaan Julius ook vervolg vir sy optrede en haatspraak.

Wakkerslaper ·

Rudolph, net mooi ALLES! Hierdie laaitie het in ‘n oomblik van dronkenskap ‘n simpel fout gemaak. malema verkondig BLATANT dat blankes gemoor word! Waar lê jou beginsels? Is jy vir of teen die Boere?

Kosie ·

Is dit nou erger as om te skree vermoor witmense, hoeveel keer wil julle die kind nog straf, maar n kinder verkragter kan maar burger meester word, solank jy net nie op n swart ou se laptop pee nie.

Marina ·

Hier gaan nou weer n voorbeeld van die jongman gemaak word! Ja, hy het n simpel daad begaan en het berou getoon. Hy is volgens wet gestraf. Los hom nou asseblief uit! Die knaap wat daardie selfde naweek n student op dieselfde kampus verkrag het, het ligter daarvan afgekom. Die NVG is met tye bitter traag om enige sake waarin die oortreder enige ander ras behalwe blank, is te vervolg en privaat instansies moes al hoeveel keer ingryp en hulle dwing om hul werk te doen. En om te dink die student wou aanvanklik nie eens n saak teen du Toit gemaak het nie… Sy pa was die een wat die waterkar kom omgooi het!

Gerhardus ·

So, hoeveel keer moet dié ou nou gestraf word. Ek stem nie saam met wat hy gedoen het nie, maar is dit nodig om sy hele lewe te verwoes en hom nog verder te straf. Dit is “overkill”.

Pim ·

Dis belaglik en ek sê nie wat hierdie seun gedoen het is reg nie want dit is nie maar Julius Malema kan voor die wêreld verklaar om die wit rassis dood te maak as jy voel, dis reg en niemand doen ooit enige iets aan daai man nie….

Wakkerslaper ·

Is dit? Maar daar kan openlik verkondig word dat blankes gemoor moet word…

Wakkerslaper ·

Die openlike vervolging van blankes het begin in hierdie land….

Antie Sarie ·

Hoe gaan ons jou met klippe kan gooi, as jy alles self gooi?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.