
Phil Verster Foto: LinkedIn
Phil Verster, wat in 1987 sy B.Eng en M.Eng in Elektriese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch behaal het, is sopas aangestel as die nuwe besturende direkteur van ScotRail in Skotland.
Verster het al verskeie poste in die spoorwegdiens in Europa beklee, waaronder die roete- besturende direkteur van Network Rail en adjunk uitvoerende hoof van Irish Rail.
Abellio en Network Rail het intussen planne aangekondig om ʼn alliansie te vorm en het Verster as die treinoperateur se nuwe besturende direkteur aangewys, berig Passenger Transport.
Phil Hufton, besturende direkteur van netwerkbedrywighede by Network Rail, het gesê Verster bring ʼn magdom ervaring met hom saam. “Hy het baie goeie resultate opgelewer terwyl hy op die Ooskus-hooflyn gewerk het en ek sien uit daarna dat hy dieselfde positiewe benadering na die spoorwegdiens in Skotland sal bring.”
Lees meer: Passenger Transport.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Nog n apartheid sukses storie met n regte graad nie n gekoopte een soos ons Prasa mens sal heel waarskynlik ook die regte spesifikasie lokomotiewe aankoop
Baie geluk aan Verster. Hy sou egter nie die Prasahoof kon word nie, en sy belwaamheid sou niks daarmee te doen gehad het nie.
Danie verduidelik jou stelling, dis so niks seggend???
Baie geluk met jou aanstelling Phil. Hier onder aan die punt van Afrika is ‘n land wat by jou ‘n paar lokomotiewe sal aankoop? Maak nie saak hoe hulle lyk en of hulle hier sal funksioneer nie, solank jy net genoeg onder die tafel deur terug skop……het jy die kontrak. Hier by Prasa stel ons mense aan wie se voorletters D.R. is…..en noem hulle dan sommer “Doktor”.
So skep die buiteland de room van S.A. Op die ou end net bleek water oor. Baie Geluk Phil ek is seker daar in Scotland is daar darem heerlike sonskyndae.. Soos hier by ons in NZ…