Oud-Matie nou hoof van ScotRail

Phil Verster Foto: LinkedIn

Phil Verster Foto: LinkedIn

Phil Verster, wat in 1987 sy B.Eng en M.Eng in Elektriese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch behaal het, is sopas aangestel as die nuwe besturende direkteur van ScotRail in Skotland.

Verster het al verskeie poste in die spoorwegdiens in Europa beklee, waaronder die roete- besturende direkteur van Network Rail en adjunk uitvoerende hoof van Irish Rail.

Abellio en Network Rail het intussen planne aangekondig om ʼn alliansie te vorm en het Verster as die treinoperateur se nuwe besturende direkteur aangewys, berig Passenger Transport.

Phil Hufton, besturende direkteur van netwerkbedrywighede by Network Rail, het gesê Verster bring ʼn magdom ervaring met hom saam. “Hy het baie goeie resultate opgelewer terwyl hy op die Ooskus-hooflyn gewerk het en ek sien uit daarna dat hy dieselfde positiewe benadering na die spoorwegdiens in Skotland sal bring.”

Lees meer: Passenger Transport.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Paul ·

Nog n apartheid sukses storie met n regte graad nie n gekoopte een soos ons Prasa mens sal heel waarskynlik ook die regte spesifikasie lokomotiewe aankoop

Danie ·

Baie geluk aan Verster. Hy sou egter nie die Prasahoof kon word nie, en sy belwaamheid sou niks daarmee te doen gehad het nie.

Pieter V ·

As Verster die hoof van Prasa was sou die belasting betaler nie nodig gehad het om vir die onkunde en idiologie van die anc te betaal nie.

Gideon ·

Ai Maggie, moet alles vir jou uitgespel raak!!! Hoekom dink jy sit daardie bekwame man in die buiteland? Omrede hy die heerlike sonskynweer verruil vir yskoue weer ondat hy ‘n ysbeer is- nee omdat hy wit is en nie ‘n kans staan in die nuwe SA nie!

Johann Marx ·

Baie geluk met jou aanstelling Phil. Hier onder aan die punt van Afrika is ‘n land wat by jou ‘n paar lokomotiewe sal aankoop? Maak nie saak hoe hulle lyk en of hulle hier sal funksioneer nie, solank jy net genoeg onder die tafel deur terug skop……het jy die kontrak. Hier by Prasa stel ons mense aan wie se voorletters D.R. is…..en noem hulle dan sommer “Doktor”.

RLN van New Zealand ·

So skep die buiteland de room van S.A. Op die ou end net bleek water oor. Baie Geluk Phil ek is seker daar in Scotland is daar darem heerlike sonskyndae.. Soos hier by ons in NZ…

Albert ·

Hoe kundiger jy is hoe grootter is die kans dat jy hulle korupsie en die gemors kan ontbloot en hoe minder is die kans dat hulle daarmee sal kan wegkom – dit is nie nie meer snaaks dat veral wit kundiges in die staatsdiens geteiken word en vir onbenullige oortredings aangekla word net om van hulle ontslae te raak nie.

Albert ·

Jammer in my kommentaar moes ‘oortredings’ in aanhalingstekens gewees het.

CHRISTA ·

Als van die beste vir jou Phil!! Dit wys hierdie klomp African National Criminals jy het hulle nie nodig nie, maar sonder manne soos jy “ontspoor” ons spoorweë!!

Anti-Haas ·

Pragtig…. Jy is wit en het ‘n graad. Daar kyk hulle nie na kleur nie, maar of jy die werk KAN doen.

In SA gaan alles verlore oor apartheid….. Siestog julle arme agtergeblewendes…. So sal julle ook bly. Julle wil mos als gratis hê. Julle eis mos alles…(We Demand….)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.