Oud-mediahoof vermoor

Eric Wiese. Foto: Facebook

Die liggaam van Eric Wiese (81), ʼn voormalige direkteur van Naspers, is Vrydagmiddag in sy huis in Tuine in Kaapstad aangetref.

Wiese se seun, Andri Wiese, het sy pa se dood aan die media bevestig. Maroela Media kon Andri nie vir kommentaar bereik nie.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die polisie ʼn saak van moord en huisroof ondersoek. Volgens Traut is die vermoede dat Wiese tydens ʼn huisroof oorval en met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Traut het gesê huishoudelike items is uit die huis gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Wiese, die voormalige finansiële hoof van Naspers, was 40 jaar lank by Naspers betrokke en het in die direksie gedien tot sy aftrede in 1998.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leahim ·

Wat volgens die media is dit nie eintlik nuuswaardig nie ,die doodskis saak is meer polities korrek en baie meer sensasie in suid afrika 2017

Ai ·

Ai dis hartseer. Sterkte aan die familie.

Eks seker hy was baie wel af so hy moes tog goeie sekuriteit gehad het… Moontlik iemand wat hom geken het.

Helene ·

Haat is ‘n lelike ding. Verder wil ek niks meer sê nie.

Peet J ·

Korrek hy het ook nie voorsiening vir ons voorsate gemaak dat hulle en hulle nageslagte na hulle tuislande kon terug keer nie Hy sowel as Nederland het net die vlugtelinge gebruik om hulle vuilwerk te verrig en tot datum het hulle geen belang met wat met ons gebeur nie. Selfs die Engelse en Franse van wie ons afstammelinge is , is ‘n klomp slapgatte .

Witmense ·

Inige meegevoel aan die Wiese familie! Stem saam met Leahim. Nog a wit man! Op sy ouderdom hoe kan hy homself verdedig teen lafaards!

Peet J ·

Lafaards ,nee onmense wat sulke dinge doen, net jammer dat MM wat hulle voordoen as ‘n Christelike instansie (karakter) nie bereidwillig is om kommentaar ta aanvaar met betrekking tot die Goddelike geloof waarvan die Christeleike / Katolieke geloof ook deel uitmaak nie. Ek verwys na my kommentaar dat die Wet van die Almagtige God en die tien gebooie wat hy aan die mensdom voorsien het nie deur die kerke instansies en regering meer aanvaar word nie. Let Wel Die Almagtige God sê die wat Hom verag sal veragtelik wees.

Eish ·

Peet, dis dun ys waarop jy skaats. Daar is 400 “denominasies” en die Katolieke het die Sabbat verskuif na Sondag, sonder Bybelse gronde. Die vierde gebod verander! Die Woord verskil hemelsbreed van menslike interpretasie. Of ons haal die Woord aan, of kerklike dogma.

Boerseun ·

Dankie FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha en die NP – julle het al tienduisende blankes se bloed op jul hande!

Andre van der bank. ·

Peet j, ek verstaan geensins wat jy probeer voorlees nie. Wat se tuislande praat jy van, en wie s’n is dit? Ek gaan nou raai, en as ek verkeerd is, verskoning. Omdat oupa se oupa, en sy oupa hul in Suid-Afrika op n dag, lank gelede, vanaf n sekere kontinent kom vestig het, is dit noodsaaklik dat daardie “ander” land voorsiening moet maak vir jou en my. Nee klong, dit werk nie so nie. Indien wel, dan kan die ganse Wereld bevolking maar terugkeer na n Afrika kontinent. As ons ongelukkig voel oor n toestand in ons landjie, is dit mos sekerlik ons plig om andere weivelde te soek. Ek meen, as my kar nie meer lekker ry nie, is dit nou ander se plig om n nuwe vir my te gee.

MCH ·

NOG EEN.
Nog een,
nog een vermoor.
Nog een,
nog een Afrikanerstem gesmoor.
Nog een,
nog een seder geval.
Nog een,
nog een lafaardsvuis gebal.

Nog een,
nog een vir die statistiek.
Nog een,
nog een op die klimmende grafiek.
Nog een,
nog een vars graf.
Nog een,
nog een kom weg, ongestraf.

Nog een,
nog een huis sonder stem.
Nog een,
Nog een steek met die flitsende lem.
Nog een,
Nog een se lewensbloed.
Nog een,
nog een pikswart, stoere, stoet.

Nog een,
nog een wat oudwees verdien.
Nog een,
nog een wat die lig nie meer sien.
Nog een,
nog een om te vergeet,
Nog een,
nog een wat moordenaarsplan, niks van weet.

Nog een,
nog een ruiker blom.
Nog een,
nog een oupa, stom.
Nog een,
nog een diep kerf smart.
Nog een,
nog een wat die witte tart.

Deon ·

MCH – Baie mooi gedig. Nader aan die waarheid kan dit nie wees nie.

Middie ·

Ek is nou verlore! Wat het die Bybel, gelowe, die politiek en voorsate met mnr Wiese se moord te make? Wat lees Ek mis?

Vermeende ·

Dit is die rede hoekom kommintare op die net so belangrik is, almal kom braak gal en skryf die skuld aan vele toe en dan is jou deel mos gedoen, maar wat is die uitkoms, hoe sal ons die weg baan na veiligheid vir ons en ons nageslag.
Hoe sal ons van die doeie houd ontsla raak, daai doeie gewig wat ons aftrek en tot stilstand dwing en ek praat nou van die gedeelte van die bevolking wat net sleg in ons volk sien.

Het ons nog volkseie leiers oor wat n geloofwaardige oplossing het, vry van vreemdeling wat net wil verkrag en moor, leiers uit ons bloed vir ons bloed.

Ek glo nie!

Ada ·

Middie dit is oor die verval van ons land dat mense so vermoor word want nadat de klerk ons uitverkoop het het alle morele waardes verval en wetteloosheid vier hoogty.

Desiré ·

Stem! Ons leef in ‘n wette lose land waar al wat ‘n wet verontagsaam en geminag word! Die Tien Gebooie wat daargestel is, om orde in die samelewing te verseker word nie onderhou nie….korrupsie en moord seeviër…..

Pietie ·

Nog nie ‘n woord van die DA nie, of reageer hul net as wittes skuldig lyk? Jul dubbele standaarde maak mens naar!

Erna ·

Wil net weet waar is die minister van polisie nou met sy twitter en die DA. Maar net nog n witte wat vermoor is.

Nita ·

Sielvolle gedig! Is hierdie nie n LFBF wraakmoord nie. Hulle weet mos alles van almal. Dis n simboliese moord. Mnr Wiese was vir meer as 40jaar betrokke by die pers. Ou modus operandi. Laat die daad lyk na n gewone rooftog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.