Oud-metropolisiebaas vas vir dronkbestuur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie is Saterdag in Pretoria vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

“Hy is by die kruising van Madiba- en Sophie de Bruynstraat in die middestad in hegtenis geneem nadat hy in ʼn botsing betrokke was,” het sr.supt. Isaac Mahamba gesê.

Die voormalige adjunkhoof was na bewering onder die invloed van alkohol gewees toe hy getoets is. Mahamba het gesê die ander motoris was nugter.

“Die voormalige adjunkhoof het na bewering beamptes op die toneel gedreig. Hy is in hegtenis geneem en na die Pretoria-Sentraal-polisiekantoor geneem vir aanhouding,” het Mahamba bygevoeg.

“Niemand is bo die wet verhewe nie. Die Tshwane-metropolisie sal seker maak dat die stad veilig is.”

Mahamba het gesê die meeste ongelukke word deur menslike foute veroorsaak.

Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn, waarna sy naam eers bekend gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johan Viljoen ·

Sal maar weer onder die mat ingevee word. Jan v Riebeeck se skuld want hy het drank die land ingebring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.