Oud-metropolisielid skuldig aan verkragting, ontbloting

(Foto: pixabay)

ʼn 44-jarige oudlid van die Ekurhuleni-metropolisie is in die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand skuldig bevind op sewe aanklagte van statutêre verkragting. Adrian Johannes van Zyl is ook daaraan skuldig bevind dat hy sy geslagsdele aan ʼn 13-jarige meisie gewys het, het Sontago Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), gesê.

Die voorvalle het tussen 2015 en 2016 in Brackendowns, Alberton en Ekurhuleni plaasgevind.

Van Zyl, wat tydens sy verhoor op borgtog was, is ná sy skuldigbevinding vandag direk na die aanhoudingselle geneem. Hy het egter ʼn aansoek om borgtog ingedien, wat volgende Vrydag aangehoor sal word, het Seisa gesê.

Tot dán bly Van Zyl agter tralies.

Die saak teen hom uitgestel tot 15 Januarie wanneer ʼn verslag van die departement van korrektiewe dienste in die hof aangehoor gaan word. Vonnisoplegging vind na verwagting op 27 Januarie plaas.

Opod het die skuldigbevinding verwelkom en gesê dit vorm deel van die verskerpte stryd teen geslagsgebaseerde geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

James ·

Dan raak hulle kwaad as vrou alleen nie wil aftrek in die donker nie.

A-nee-a ·

Permanente chemiese kastrasie. Hy moet vir die res van sy lewe net dink aan grond, niks meer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.