Oud-onderwyshoof verdink van PPE-bedrog

Jabulani Nkosi (Foto: @ElijahMhlanga/Twitter)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sal seker maak dat alle rolspelers, wat geïmpliseer word in die beweerde onreëlmatige aanskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) by die departement van onderwys in Mpumalanga, vervolg word.

Dit kom ná die departement se voormalige waarnemende hoof van die departement, Jabulani Nkosi, in hegtenis geneem is op aanklag van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) tydens die aanskaffing van PPE-toerusting. Die waarde beloop ongeveer R21 miljoen.

“Nkosi is Vrydag in hegtenis geneem,” sê Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE. “Hy het in die landdroshof in Nelspruit verskyn en is vrygelaat op borgtog van R10 000. Die saak is tot 20 April 2022 uitgestel vir verdere ondersoek.”

Nkosi is aanvanklik van die provinsiale departement van gesondheid na die posisie van rekenkundige beampte oorgeplaas en hy het intussen teruggekeer na sy pos as hoofdirekteur in die departement van gesondheid.

Kganyago sê die teen-korrupsie-eenheid sal aansoek doen by die spesiale tribunaal om seker te maak die PPE-tender word tersyde gestel en hersien, en sodat “enige finansiële verliese wat deur die staat en die departement van onderwys gely is, herwin kan word”.

“Die SOE werk nou saam met die nasionale vervolgingsgesag en die Valke in dié verband. Ons sal steeds bly saamwerk om seker te maak dat alle rolspelers wat deur die SOE-ondersoek geïdentifiseer word, aanspreeklik gehou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ja ons glo julle dat almal vervolg sal word en geld herwin word. En ek is King George se boetie.

Elizabeth ·

Put your money where your mouth is. Alles kan seker ook nie oornag gebeur nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.