Oud-onnie (83) weer in hof oor ‘seksdade’ met seuns  

Foto ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

ʼn Afgetrede onderwyser wat van seksuele misdade met kinders in Suid-Afrika en Skotland beskuldig word, het Dinsdag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die 83-jarige beskuldigde het homself in Januarie aan die polisie oorgegee nadat hy deur ʼn voormalige leerder aan die Rondebosch Boys’ Preparatory School in Kaapstad van seksuele mishandeling beskuldig is.

Miranda Jordan, stigterdirekteur van Women & Men Against Child Abuse (WMACA), het gesê die saak is tot 6 Julie uitgestel en na die Wynberg-streekshof oorgeplaas.

“Alle ondersoeke is nou voltooi en ons verwag dat die aanklagte tydens die volgende hofverskyning voorgelees sal word en dat die beskuldigde op daardie aanklagte sal pleit. ʼn  Verhoordatum sal daarna vasgestel word.”

WMACA ondersteun die man wat beweer dat hy in die laat 1980’s deur die beskuldigde seksueel misbruik is.

Die beweerde slagoffer voer aan dat hy in gr. 7 was toe hy die beskuldigde die eerste keer teëgekom het en dat hy fisiek en seksueel deur hom mishandel is.

Die beskuldigde word ook in Skotland gesoek op verskeie aanklagte van onsedelike aanranding. Hy het in die 1960’s en 1970’s by die Fettes College en Edinburgh Academy in Skotland skool gehou en word daarvan beskuldig dat hy in dié tyd talle seuns fisiek en seksueel mishandel het.

Volgens Jordan sal daar met ʼn uitleweringsproses begin word sodra die saak hier afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarel ·

Myvraag is of sy rekord nie nafegaan was voor hy aanstelling in SA gekry het nie…

Debbie ·

Dit is Suid-Afrika hierdie, waar daar nou nie eintlik wet en orde is nie.

Korrelkop ·

In ons dae was daar nie rekenaars en epos en sulke dinge nie. Moeilik gewees om rekords na te gaan. Loop jou tror al?

Elmarie ·

Ontstellend! Al die jare weggekom met dit en heerlik vry geleef. Nou wat hy stokoud is sal hul hom seker uitlewer en hy sal op staatsinkoste loseer. En omdat hy oud is sal hy seker nou nie té sleg behandel word nie. Gruwelike ou ding

JvR ·

Ek wonder net waarom meer as dertig jaar wag voor klagte gele word. Die kanse is baie goed dat dit wel gebeur het. Maar wat noop n man van vroeë 40’s om skielik tevore te kom? Waarom nie toe nie. Hoeveel moes daarna nie ook deurgeloop het nie, omdat een stil gebly het nie?

Amelia ·

Moenie die slagoffer blameer nie. Dit vat baie, baie jare om so iets te verwerk. Net om te besef dat wat gebeur het nie jou skuld was nie, kan dekades duur.

JvR ·

Nee wat. Glo my. My komentaar was objektief. Nie subjektief. Met so aangeleentheid is ek nie n buitestaander wat praat nie.

Nettie ·

Ek is jammer JvR. Ek glo dit was nie maklik nie.
Maar onthou, almal se geestesgesondheid is nie dieselfde nie. Ook nie hul ondersteuningstrukture nie. En nie almal het dieselfde waagmoed of deursettingsvermoëns gekry as gawes van God nie. Soms moet mense ook eers self iets aanvaar en verwerk. Vir party duur dit ure, weke, maande of jare. Vir party neem dit dekades.

JvR ·

As ek van die gode afhanklik was, sou ek seker 30 jaar na die tyd gely het. Maar ek het dit as deel van die lewe ervaar. En aangegaan met die lewe. Ek was nege. Daai klaer was ten minste 12. En daarom glo ek hier sit meer agter dit.

George ·

Want as kinders en jongvolwassenes word hul gedreig en laat glo hul verdien dit.

Wielspore ·

In die jare 70’s was daar ‘n getroude mans onderwyser by ons laerskool wat sy hande nie van seuns af kon hou. Sy eerste vrou het hom daaroor geskei maar hy is later weer getroud. Ten spyte daarvan dat sy eerste vrou geweet het wat hy doen en ander lede van die gemeenskap ook daarvan geweet het was daar nooit enige aanklagte teen die onderwyser gebring. Vandag is die onderwyser al dood en mens kan net wonder hoeveel seuns het onder sy vuil hande deurgeloop. Die gemeenskap moet nie stilbly as hulle bewus is van kinder molestering.

George ·

Daai jare het mense vir mekaar nog meer gecover as nou. Want as jy nie het nie, was jy n vyand gewees.

Nettie ·

Dis bitter hartseer om te dink hy kon dekades en dekades voortgaan met sy gruweldade.

Innige simpatie aan AL sy slagoffers en hul families. Ek hoop julle kan begin om dit agter julle te begin plaas, indien moontlik. Sterkte.

JvR ·

Dit is moontlik. As mens nie die hele tyd broei daaroor nie. Lees my komentare bo

Korrelkop ·

Wys net weer, mense verander nie. Eenmaal ‘n krimineel, altyd n krimineel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.