Oud-onnie vas weens bedrieglike matrieksertifikaat

Argieffoto (Foto: Verskaf)

ʼn Oud-onderwyser van KwaZulu-Natal het Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban verskyn nadat sy glo oneerlik was oor haar kwalifikasies.

Volgens kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, is Thembisile Phungula (41) Vrydag deur die Valke vasgetrek nadat dit aan die lig gekom het dat sy jare gelede ʼn bedrieglike matrieksertifikaat en onderwysdiploma by die departement van onderwys ingedien het.

“Sy is in 2011 met hierdie bedrieglike kwalifikasies as onderwyser by die Msinga High School, digby die Sampofu-nedersetting in KwaZulu-Natal, aangestel,” sê Mhlongo.

“Sy is uitgevang dat sy oneerlik was nadat die departement die egtheid van haar kwalifikasies begin ondersoek het.”

Die departement moes tydens Phungula se aanstelling nagenoeg R122 493 opdok vir haar salaris.

‘n Saak van bedrog is by die Dundee-polisiekantoor aanhangig gemaak. Die saakdossier is toegeken aan die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige kommersiële misdaad.

Phungula is gister R2000 borgtog toegestaan. Sy sal na verwagting weer op 26 Februarie haar verskyning in die hof maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

QueenB ·

En as sy skuldig is wat dan wat gaan sy oorkom dus n mors van geld los dit laat sy gaan die hele kabinet is vol bedrog los die siel

Blikkies ·

Definitief nie die enigste een nie. Sy is maar net die oortjies van die Seekoei. Begin sommer alle kwalifikasies vanaf Ministers die Kabinet en dan afwaarts bevestig.

Meinung ·

Endemiese, ingesetelde oneerliheid verlam hierdie land. Dit het só deel van Suid-Afrika geword. Sal iemand eendag kan verklaar waarom Suid-Afrika so gebuk gaan daaronder?

Hennie J ·

Dit is goed dat die bedrieer uitgevang en aangekla is. Dat sy vir 10+ jaar onverstoord skoolgehou het wys egter dat:1. daar nog baie diesulkes in die stelsel is en hulle word bes moontlik deur hulle unies beskerm; en 2. sy een van die beter onderwysers was waarteen nooit enige optrede nodig was nie.

Jims ·

Verstaan ek die berig reg. Slegs R122,493 vergoeding vir meer as 10 jaar se werk?
Dit is in orde van R1,020 per maand. en ver onder minimum loon !

Riana ·

Eish en dan verstaan hulle nie hoekom die kinders druip nie…. word onderig deur mense wat geen plek het in die skole nie
Sy moet haar pay van 2011 tot nou terug betaal

Peetjie ·

En intussen het sy eerstehandse indiens opleiding gekry oor hoe om n onnie te wees… ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.