Oud-OVK-hoof vir top-posisie oorweeg

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula, die voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), is op die kortlys geplaas vir ʼn pos by die nuutgestigte Inligtingsreguleerder, het die parlement Woensdag bekendgemaak.

Tlakula is een van tien kandidate op die kortlys vir vyf poste by die reguleerder wat deur die portefeuljekomitee van justisie saamgestel is. Die reguleerder is verlede jaar op die been gebring in lyn met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting.

Ander kandidate op die lys is Johannes Weapond, David Taylor, adv. Lebogang Stroom, Lindelo Snail, Siyakhula Simelane, Thav Reddy, Francois Cronje, Shamila Singh en Tana Pistorius.

Tlakula is in 2014 onder ʼn wolk by die verkiesingskommissie weg ná meer as ʼn dekade by die OVK. ʼn Herrie het om haar kop losgebars nadat ʼn forensiese ouditverslag van PricewaterhouseCoopers (PwC) bevestig het sy was betrokke by ʼn gekonkel om ’n nuwe kantoor vir die OVK te bekom. Die tesourie het PwC opdrag gegee om ʼn verslag saam te stel nadat Thuli Madonsela, openbare beskemer, vroeër bevind het Tlakula het verkeerdelik opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theuns ·

Dit is die storie lyn van die ANC. Diewe en rowers word herontplooi en eerlike ouens soos Nene word vir die wolwe gegooi. NHLEKO lyk maar taamlik dikbek want hy was onbewustelik een van Zuma se “fall men” met die Nkandla saga! Hy moet egter nie bekommered wees nie. Hy kan beeste en varke gaan oppas by Nkandla en as hy warm gesweet is sommer afkoel in die “Fire Pool”. Dink aan al die gesubsideerde etes. Ek verneem daar gaan ‘n Nandos op Nkandla oopgemaak word!

Theuns ·

Vergeet om te se. Pansy word nou beloon vir haar onbaatsigtige werk om die ANC in die vorige verkiesings te laat wen. Om ‘n korupte kieserslys saam te stel is uiters moeilik en sit nie in enige
iemand se “Pansy” nie!

Theresa B ·

Is dit nie sy wat laas erken het daar was ongeruimdhede met die laaste verkiesing nie??!!
Tipies – pas so in by die ander. Doen dinge en kry dan top poste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.