Oud-pastoor byna lewend aan die brand gesteek tydens aanval

Celia en Lourie saam in die hospitaal. Foto: Verskaf

Celia en Lourie saam in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Vrystaatse egpaar is Saterdagaand vir langer as ʼn uur aangehou en verskeie kere met die dood gedreig. Die aanvaller het die vrou in ʼn stadium gedwing om haar man lewend aan die brand te steek.

ʼn Onbekende man het Lourie van der Merwe (60), ʼn landbou-adviseur en voormalige pastoor en sy vrou Celia (60),  om 23:00 in hul huis op die plattelandse dorpie Marquard, tussen Senekal en Clocolan, oorval.

“My ouers was reeds in die bed toe my ma wakker word en iemand in die huis hoor,” het Ilse Botha (35), die egpaar se oudste dogter, Maandag aan Maroela Media gesê.

Die aanvaller het ʼn deur oopgebreek om in te kom en het die egpaar in hul kamer oorval, waar hy Lourie met ʼn mes in sy bors gesteek het. Lourie en die verdagte het begin stoei en Lourie is weer gesteek.

Celia het probeer om tussenbeide te tree en die aanvaller het haar in haar gesig, langs haar neus, gesteek.

“Die man het my ouers daarna na die sitkamer gedwing, waar hy hulle verder met ʼn handgewig aangerand en my pa se voete vasgebind het. My ouers het vir hom gesê hy kan vat wat hy wil, maar hy het herhaaldelik gesê hy is net daar om hulle dood te maak.”

Die man het die egpaar na die motorhuis gedwing, waar hy brandstof en allerhande chemikalieë oor hom uitgegooi het.

Celia en Lourie van der Merwe voor die aanval. Foto: Facebook

Celia en Lourie van der Merwe voor die aanval. Foto: Facebook

“Hy het gesê hy gaan my pa aan die brand steek en het my ma aangesê om dit te doen. My ma het geweier. Hy het toe self die vuurhoutjies probeer aansteek, maar dit het gelukkig nat gereën en hy kon dit nie aansteek nie. Die man het toe chemikalieë in my pa se oë gegooi en gesê hy wil nie hê hy moet sien wat hy aan my ma gaan doen nie.”

Celia het in ʼn stadium ʼn gaping gesien en kon daarin slaag om te ontsnap. Die aanvaller het na haar gaan soek en dit het Lourie tyd gegun om na die kombuis te struikel, waar hy sy voete los gesny het.

“Die man het my pa weer in die kombuis gekonfronteer toe hy nie my ma kon kry nie. My pa het met al die krag wat hy oorgehad het, teruggeveg en die man by die kombuisdeur uitgeskop.”

Die man het met R250 en ʼn selfoon weggehardloop.

Lourie het dadelik sy suster gebel om hulp te ontbied voordat hy in die straat ingehardloop het om na sy vrou te soek. Toe hy haar naam roep, het sy uit die bure se huis gekom.

Die egpaar is na die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gehaas vir behandeling. Celia het bloeding op die brein en ʼn fraktuur in haar wangbeen, waar die mes haar getref het. Lourie het vier steekwonde opgedoen, maar gelukkig is geen organe getref nie. Die chemikalieë het sy oë gebrand en toetse word gedoen om vas te stel of hy permanente skade opgedoen het.

Albei is reeds na ʼn gewone saal oorgeplaas, waar hulle langs mekaar aansterk.

Volgens Botha is haar ouers erg getraumatiseerd en ontvang hulle berading. “Hulle is darem saam in ʼn kamer en dit help hulle die trauma verwerk. Hulle het ook ʼn baie goeie ondersteuningsnetwerk en ons almal kyk mooi na hulle. Ons is so dankbaar om hulle te kan sien hande vashou. Liefde maak alles heel,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees ook: [OPVOLG] Egpaar sterk aan ná Marquard-aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Trots Afrikaans ·

Sluit jou huis se deure asook jou binne deure.
Plaas potte verbind met vislyn weerskante van deurlope tussen oopplan vertrekke en meubels.
Sit potte bo-op deure wat half oop staan.
Stel rookgranaat.
Vorm ‘n noodgroep op WhatsApp met bure wat net gebruik word in noodgeval.
As jy iets hoor bly binne jou kamer, stuur nood whatsApp, blokeer die deur, bel buurtwag, bel polisie.
Hou vuvuzella in kamer aan en blaas.

Kry ‘n noodplan vir jou gesin.
Oefen jou noodplan met jou gesin.

Ek het my kind geleer om van sy bed af te rol en onder sy bed in te rol en die bure te WhatsApp.

Peet ·

Daar sê die boef dit nou prontuit, hy is net daar om dood te maak. Dit bevestig duidelik wat almal so lank weet, dat hier ‘n doelbewuste beweging is om wit mense uit te moor. Ek sluit gevolglik aan by al die persone wat kommentaar lewer op die aanval/huisrowe ensovoorts, dat ons sal moet begin aksie neem. Ek praat hier nie van passiewe aksie soos nog meer alarms en beveiliging nie. Dit ook ja, maar meer dat ons paraat moet wees en voorbereid moet wees om aktief te raak met die nodige middele tot ons beskikking.

Dan ·

Peet, ek kan nie verskil met wat jy sê nie. Hier is tot ouens wat oorlog voorstaan, maar kom ons kyk na die realiteit. Die blanke is (vrywillig) ontwapen, en die militêre mag is nie in ons hande nie (ook vrywillig afgestaan). Dalk sal jy 15% of 20% blankes kry wat bereid sal wees tot verdere aksie, die res stel slegs belang in die beveiliging van hul eie belange, geld en plesier. Sowat 800 000 blankes is arm blankes wat niks besit nie. Tot ons taal is in sy peetjie in, nieteenstaande die slapdinges liberaliste en sg. “andersdenkes” se gesanik tot die teendeel. Wat is daardie “nodige middele tot ons beskikking” waarna jy verwys?

Hoekom ·

Watter kleur was die aanvaller, dit is uiters onregverdig om die kleur van aanvallers uit te wys as hulle WIT is maar nie as hulle SWART was nie????

Andre ·

Wil ook graag aanvra, Maroela, deel asb die verdagte se kleur soos met rebrieke van wit mense…

AL ·

Polities gedrewe haatmoorde! Wanneer die skuldiges vasgetrek word, moet daar n groot gedoente gemaak word om te betoog voor die hof. Iets moet ons doen dat die wereld bewus raak van ons.

Johan Likkewaan ·

Ja nee kyk, daar is van plan om net moord te plig. Baie erg.
As ek iemand in my huis betrap, skiet ek hom net daar dood, sal kombuis mes in sy hand sit en vir polisie sê hy het vir my gekom. so maklik soos dit.

anton ·

Johan ek dink nie dit gaan nodig wees om n mes in sy hand te sit nie want glo my hulle het altyd n vuurwapen of mes of panga ens. waarmee hulle kom om te moor!!!
Hulle kom nie met leë hande jou aanval nie.

Moeg ·

Hier is ‘n plan as jy die aanvaller vang. Maak hom maar dood. Niemand gaan hom in elkgeval soek nie, want niemand weet waar hy is nie… Maak net seker jy begrawe hom baie diep.

Anoniem ·

Maak die gemors kaal aan ‘n aktiewe miershoop vas en gooi ‘n blik goue stroop oor hom uit. Veral daar by die wortel van die kwaad!!!

forsure ·

Ek stem. as iemand jou lewe net “wil neem” doen hom ‘n guns en return the favour…. die skum van die aarde moet nou regkom. bring kinders reg op dammit.

SL ·

Ja nee mens moet maar n plan van aksie gereed hê en baie meer veiligheidsbewus wees. Dis maar die tyd waarin ons lewe. Mag die Here ons genadig wees en hierdie arme mense aanraak en genees.

Annie ·

Tyd dat info uit hierdie mense gewurg word … wie sit agter die haatmoorde EFF of ANC?

Selfbeskikking ·

Ek wil nie n land met sulke wrede diere meer deel nie! Kom ons begin reel vir selfbeskikking!

Johan II ·

Selfbeskukkung…. Ek (ons) is besig my vriend, sluit gerus aan.

Johannes ·

Toemaar, onthou Afriforum het mos “hande gevat met die SAPD”… Plaasaanvalle was mos “geprioritiseer”… verlede jaar al!

Ons gaan nie wen nie hoor…

gereed vir kaplyn ·

Johan II hoe lan ons on kontak kom sal graag meer wil weet oor die selfbeskikking waarmee jy (jul) besig is..dit is tyd dat ons mense begin saamstaan….wyse woorde was gese…..eenmag is krag terwyl die oposisie se “devide and conquer”…so kom ons almal begin saamstaan laat ona nie ge conquer word nie…

Daan ·

Wilma skryf tog asseblief korrekte Afrikaans.Ons taal is so mooi,hoekom dit so “kommin” maak?

Mercy ·

Ek is so bly ons is van die “bring die doodstraf terug” topic af.

Ilse ·

Mense waar is die alarms met sirenes? Hou Zeb altyd byderhand. Hopelik sal die kwaaddoener sy of haar laaste kyk, kyk.

Kallie ·

Ek lees nêrens niks van honde en alarms nie. Is daar nog mense wat glo dat niks sal gebeur nie? Geen mens wwarvan die kleur wit is kan snags gaan slaap en nie sy alarm aktiveer nie,nie sorg dat daar honde in die huis is nie en nie staaldeure voor deure sluit, deure sluit ens nie? Die Vader weet hoekom mense altyd opstaan om te gaan kyk wat hulle hoor,die duiwels wag vir jou meneer en mevrou. Sluit jou deur en maak alarm,oor die selfoon,paniekknoppie,gil en skree,magtag dis julle lewens wat in gevaar is. En die oues van dae op plase,beveilig,beveilig julleself snags,staaldeure, burgerband radios,selfone,honde, honde en alarms. Ons leef in ‘n anargistiese staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.