Oud-polisiebeampte uitgeken as slagoffer in uitgebrande motor

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Die polisie het deur middel van ʼn DNS-ondersoek die slagoffer uitgeken wie se oorskot in ʼn uitgebrande Mercedes Benz gevind is.

Die motor is in die bosse langs die R37-pad tussen Lebowakgomo en Burgersfort gevind. “Die slagoffer is onherkenbaar verkool,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

“Die slagoffer is positief uitgeken as voormalige kolonel Mohlabi Lazarus Tlomatsana, wat op 31 Augustus 2007 in die ouderdom van 60 afgetree het uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy was betrokke by die kommunikasie-afdeling in Pretoria toe hy op pensioen gestel is.”

ʼn Verbyganger het op 3 Februarie op die motor afgekom. Die polisie is ontbied en het vinnig reageer. “Die slagoffer is vermoedelik binne die motor vasgemaak voor dit aan die brand gesteek is.”

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. “Die motief is nog onbekend en die ondersoek duur voort.”

Mojapelo het gesê die persoon, wat ook onherkenbaar verkool het in ʼn uitgebrande Toyota-dubbelkajuitbakkie naby Christina, is nog nie uitgeken nie. Die motor behoort aan Veronica Mapula Mahanyele wat op 5 Februarie verdwyn het. Haar liggaam is op 8 Februarie in die bosse langs Newlands Villlage by Ga-Mashashane gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Max ·

Eienaardig dat DNS binne dae in hierdie geval gebruik kon word om die liggaam uit te ken terwyl die 2 dames van Mooinooi se DNS maande geneem het om te ontleed, sou die sloerdery iets met die Kersseisoen te doen gehad het?

christa ·

moor hul eie mense wat iets van hulle lewe gemaak het. Wat bo wou uitkom. Ek haal my hoed af vir daardie polisieman. So jammer vir sy familie.

Hans ·

Niks gehoor of gelees dat hy as vermis aabgemeld was nie, So nou wonder ek maar net. DNS moet teen iets getoets word soos ek dit verstaan hul sin is nog gemeng ook sover ek weet. Dit kan dinge met meskien moeiliker maak om uit te sort. Is daar meskien n kenner wat meer lig op die onderwerp kan plaas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.