Oud-polisiehoë dood in kar gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van ʼn afgetrede generaal-majoor in die polisie se misdaadintelligensie-eenheid is Woensdag in die vroeë oggendure in sy motor in Norkem Park, Kempton Park, gevind.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 61-jarige slagoffer se liggaam is deur polisiebeamptes gevind wat die gebied gepatrolleer het.

Volgens Dlamini is die man se liggaam omstreeks 02:30 in sy Hyundai Accent gevind.

“Daar word vermoed dat hy verwurg is, maar ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bevestig,” het Dlamini gesê.

Die motief vir die voorval is nie bekend nie aangesien die man se persoonlike besittings saam met sy liggaam in die motor gevind is.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

EWN het berig die oud-generaal-majoor was lid van die polisie se nasporingseenheid wat selfoonseine onderskep voordat hy verlede jaar afgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

J y moet dalk net jouself die vraag af vra, wie het respek vir jou? Wat maak jou so besonders ?

Nadia ·

@Mielie. Niks maak hierdie persoon se lewe meer belangriker as ‘n ander s’n nie, maar onthou asb volgende keer voor jy so onsensitief is dat hy iemand se man was, iemand se pa was, iemand se broer was en moontlik iemand se oupa was.

Ai ·

Hoekom altyd aanvallend? Elke mens wat vermoor word, is onaanvaarbaar. Ons menslikheid moet nie afgestomp raak nie. Dit bly so hartseer.

AJ ·

Mielie, jy is duidelik nie ‘n ADT kliënt nie. Moet ook nie veralgemeen nie. Jy ken die man van geen kant nie, weet nie eers sy naam nie maar jy kritiseer?

botterblom ·

Jare terug as ek ‘n fliek gekyk het en mense word geintimideer op welke manier, het ek altyd gesê dit gebeur gelukkig nie in ons land nie, en mense sal dit nie toelaat nie…. Deesdae is dit erger as in die flieks van destyds in ons land…. Jy kan niks sê of doen nie, al is dit onskuldig. Jy kan op niemand en niks vertrou nie en bid maar dat jy onskuldig in die moeilikheid kom. Jy is te bang om ‘n opinie te lig. Niemand meer veilig nie. Jy weet nie eens of die EEF of iemand jou werkplek dalk met een of ander onsinnige aantuiging gaan laat toemaak nie. Jou hele bestaan is onseker! Jy sê liewer jammer en loop weg, al was dit nie jy nie. Is ons papbroeke? Nee ons is bang… vrek bang.. ons het families om te versorg en skuld om te betaal. Als verval en die misdadigers gee nie om om hul kinders se skoolloopbane en familie op te offer vir hul doel nie… Dit net jy en jou God…

@ AJ ·

KAN JY MISKIEN VIR ONS SY NAAM GEE? Ek sien dit kom nie in die berig voor nie. Naam asb!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.