Oud-polisiehoof, vrou en sakeman in hof

Khomotso Phahlane. Foto: ANA

Lt.genl. Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende polisiekommissaris, sy vrou en ʼn sakeman het Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.

Phahlane, sy vrou, brig. Beauty Phahlane, en Durand Snyman is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Hulle het verskyn op aanklagte van korrupsie ter waarde van R900 000. Die saak is tot 12 Maart uitgestel.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het reeds voorverlede jaar ʼn ondersoek van stapel gestuur in verband met ʼn luukse huis wat Phahlane vir homself in die Sable Hills-landgoed in die noorde van Pretoria laat bou het.

Opod het glo ondersoek hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om dié huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te laat bou.

Die Valke en Opod het in Desember klopjagte op verskeie van Phahlane se eiendomme uitgevoer nadat dit aan die lig gekom het dat Snyman, ʼn motorhandelaar, glo vir die Phahlanes voertuie gegee het. Die voertuie is glo deur ʼn sakeman betaal wat later R5 miljard se kontrakte by die polisie gekry het. Die Phahlanes het glo onder meer ‘n Land Rover Discovery 4, ‘n Nissan Navara, ‘n Toyota Hilux, ‘n Mercedes Benz C250, ‘n VW Polo en ‘n Ford Ranger gekry.

Pres. Jacob Zuma het Phahlane in Junie verlede jaar van sy amp onthef en met lt.genl. Lesetja Mothiba vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Willie ·

Hmm is daar nie n familie band met die Zuma familie nie? So draai die wiel baie stadig ne?

Se alweer ·

Hoe lekker lag ek nou. Het nie verder gedink as die neuse lank is nie. Natuurlik gaan iemand agterkom daar is ander inkomste buiten salaris. Nou ry hul hoeveel karre en more loop hul weer met die voete as hul alles verloor. Genade maar dit is dom!!!

zoom zoom ·

Lekker sit hulle by die huis met volle voordele. Lekker in die staatsdiens. Nou kan hulle hulle volle aandag gee aan al hulleisfrywe waarmee hulle besig is. Want tronk toe gaan hulle nie gaan.

CAROL ·

Ja nee soos ek tevore gese het – ons grootste skelms is die SAPS!!!!

Devils-Advocate ·

Tell me ….. The whole Organisation are Criminals…… Or just a few….. cause if you say that every employee with in the SAPS are Criminals, then you can go and Fly a Kite?

stem saam devils advocate ·

Carol veralgemening gaan maak dat jy jou woorde sluk

Vies ·

Nee Carol ek is ook polisie beampte en ek verseker jou ek is ñ hardwerkende en ,eerlik mens. Ek ry nie die soustrein of bevorderings hysbak nie (ek stap die trappe, al jare lank….maar ek is steeds lojaal en gee elke dag my bes. Wat seer maak is veroordeling soos die van jou, of mense wat dink ons is in die polisie oor ons nie ñ ander pos erens kon kry nie! Verlede week moes ons lees SAP lede is te dom om ander werk te doen…wonder of mense daarbuite weet hoeveel gradueerdes is in die mag. Moenie almal oor dieselfde kamp skeer nie.

Piet Pompies ·

Die VW Polo is daarem ook op die skelm ryk mense sy lys van aankope, seker vir een van die kinders. Een ding is verseker, die waarheid sal altyd uitkom, vroeg of later. Het hierdie man wat aan die hoof van die Polisie staan dan nie skaamte in hom om bedrog en diefstal te pleeg. Net so terloops, as kind is ons dorp se speurder gevang met diamante smokkel vanuit Lesotho. Die diamante was versteek in doodskiste se wande, die vervaardiger van die doodskiste het ook sy skeppie uit die pot van smokkel gehad.

wraggies ·

Alles te danke aan Mnr Paul O’ Sullivan, ek haal my hoed af vir hierdie man.

Alida 2 ·

Hoe bou jy ‘n huis van R8miljoen as die korrupsie klag net R900 000 duisend is
Dan praat hulle nog van verskeie ander eiendomme ook.
Hier is ‘n groter slang in die gras.

Alida ·

Hoeveel borg kry no 1 vir sy 780 aanklagtes!! Nog nooit eers verhoor nie. Grap van die jaar.

Ada ·

Hoeveel skelms is al in die polisie gevang waarvan ons weet?
Daar was vandag weer ‘n geval waar polisemanne springstof verkoop…..
Hulle is toe gevang – daarom weet ons daarvan.
Hoeveel is nog nie gevang nie?

LHS ·

Hoe de iets kon iemand met amper 800 klagtes teen hom president van n land word en steeds loop hy vry rond, dit is mos absoluut absurd verby. Hoekom het die valke nie Zuma ondersoek en gearestreer nie?

Ada ·

Ek stem saam met Carol
Net vandag wasdaar n gewese lid van die valke nogal in hegtenis geneem

SjN ·

Is sy duur musiek teater wat hy gekry het nie ook een van die items nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.