Phahlane, sy vrou, brig. Beauty Phahlane, en Durand Snyman is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Hulle het verskyn op aanklagte van korrupsie ter waarde van R900 000. Die saak is tot 12 Maart uitgestel.
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het reeds voorverlede jaar ʼn ondersoek van stapel gestuur in verband met ʼn luukse huis wat Phahlane vir homself in die Sable Hills-landgoed in die noorde van Pretoria laat bou het.
Opod het glo ondersoek hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om dié huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te laat bou.
Die Valke en Opod het in Desember klopjagte op verskeie van Phahlane se eiendomme uitgevoer nadat dit aan die lig gekom het dat Snyman, ʼn motorhandelaar, glo vir die Phahlanes voertuie gegee het. Die voertuie is glo deur ʼn sakeman betaal wat later R5 miljard se kontrakte by die polisie gekry het. Die Phahlanes het glo onder meer ‘n Land Rover Discovery 4, ‘n Nissan Navara, ‘n Toyota Hilux, ‘n Mercedes Benz C250, ‘n VW Polo en ‘n Ford Ranger gekry.
Pres. Jacob Zuma het Phahlane in Junie verlede jaar van sy amp onthef en met lt.genl. Lesetja Mothiba vervang.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Hmm is daar nie n familie band met die Zuma familie nie? So draai die wiel baie stadig ne?
Lekker sit hulle by die huis met volle voordele. Lekker in die staatsdiens. Nou kan hulle hulle volle aandag gee aan al hulleisfrywe waarmee hulle besig is. Want tronk toe gaan hulle nie gaan.
Ja nee soos ek tevore gese het – ons grootste skelms is die SAPS!!!!
Die VW Polo is daarem ook op die skelm ryk mense sy lys van aankope, seker vir een van die kinders. Een ding is verseker, die waarheid sal altyd uitkom, vroeg of later. Het hierdie man wat aan die hoof van die Polisie staan dan nie skaamte in hom om bedrog en diefstal te pleeg. Net so terloops, as kind is ons dorp se speurder gevang met diamante smokkel vanuit Lesotho. Die diamante was versteek in doodskiste se wande, die vervaardiger van die doodskiste het ook sy skeppie uit die pot van smokkel gehad.
Apartheid se skuld edelagbare……case dismiss