Oud-polisielede kan weer aansoek doen

saps-sapd-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die waarnemende nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn heraanstelling van voormalige lede goedgekeur.

Dit geld lede in die rang van konstabel tot adjudant-offisier. Suksesvolle kandidate sal weer in die range aangestel word wat hulle vantevore in die SAPD beklee het, en sal vergoed word op die minimumsalariskerf wat tot hul betrokke rang van toepassing is.

ʼn Nasionale advertensie nooi voormalige lede uit om aansoek te doen vir heraanstelling in die SAPD sal Sondag, 18 Junie, in die Sunday Times, Rapport en City Press gepubliseer word, het genl.maj. Sally de Beer, nasionale woordvoerder van die polisie, gesê. “Inligting oor die heraanstelling sal ook op die SAPD se webwerf (onder “careers”) gepubliseer word.

“Alle aansoeke sal oorweeg word gebaseer op die beskikbaarheid van vakante poste. Die fokus van die heraanstellingsproses is om kapasiteit in verskeie SAPD-omgewings te verbeter veral wat betref handelsmisdaadeenhede, georganiseerde misdaadeenhede, speurafdelings by polisiestasie, die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, forensiese maatskaplike werkers, intelligensieversamelaars, misdaadinligtingsbeamptes, polisiestasies, 10111-sentra, honde-eenhede, openbare orde-polisiëring, berede eenhede en algemene ondersteuning.

Die volgende kriteria sal oorweeg word wanneer die aansoeke gekeur word.
Aansoekers moet:
– aangestel wees as ʼn lid van die SAPD kragtens die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet no 68 van 1995), en gedien het in die rang van konstabel, sersant of adjudant-offisier;
– suksesvol basiese opleiding afgelê het en betrokke funksionele polisie-opleidingskursusse waar van toepassing vir operasionele poste;
– ʼn goeie dissiplinêre en bywoningsrekord toe die lid voorheen in die SAPD werksaam was;
– in besit wees van ʼn graad 12 (matriek) of hoër kwalifikasie;
– ʼn geldige rybewys besit (kode B);
– ʼn Suid-Afrikaanse burger wees (bewys moet verskaf word);
– minstens twee van die amptelike tale magtig wees, waarvan een Engels moet wees;
– homself of haarself kan onderwerp aan ʼn mediese ondersoek soos bepaal deur die nasionale kommissaris;
– ʼn sielkundige assessering ondergaan soos bepaal deur die nasionale kommissaris om te voldoen aan die profiel van ʼn polisiebeampte;
– nie enige sigbare tatoeëermerke hê wanneer ʼn uniform gedra word nie; tatoeëermerke moet nie onversoenbaar wees met die doelstellings van die SAPD nie;
– geen vorige kriminele skuldigbevindings of hangende kriminele dissiplinêre sake hê nie;
– toestemming verleen dat sy of haar vingerafdrukke afgeneem kan word en dat agtergrondondersoeke gedoen kan word;
– nie onbevoeg verklaar wees om ʼn vuurwapen te besit nie;
– bereid wees om ontplooi te word gebaseer op die behoeftes van die SAPD, wat insluit dat die persoon moontlik verplaas moet word op eie onkoste, of om ʼn pos te aanvaar wat nie naby aan die persoon se huidige blyplek is nie;
– nie betrokke wees by enige onderneming of aktiwiteit wat teenstrydig is met integriteit van die SAPD nie en bereid wees om weer ʼn kursus af te lê of enige ander opleiding soos bepaal deur die nasionale kommissaris.

Voormalige lede wat afgetree het (vervroegde aftrede of wat verpligte aftreeouderdom bereik het), wat eerbaar ontslaan is of afgedank is uit die SAPD, of die SAPD verlaat het hangende ʼn dissiplinêre ondersoek en/of kriminele vervolging, of die SAPD langer as 10 jaar gelede verlaat het of nie minstens nog vyf jaar diens kan aflê voor aftrede nie, sal nie vir heraanstelling oorweeg word nie.

“Die heraanstellingsproses is gemik daarop om voormalige werknemers aan te stel wat in staat is, gewillig is, en toegewyd is om die vaardigheid en dienslewering van die SAPD te verbeter danksy hul ervaring, vaardighede en kennis,” het De Beer bygevoeg. “Die proses sal op gehalte fokus en nie op die hoeveelheid aanstellings nie. Slegs aansoeke wat betyds ontvang is en op die voorgeskrewe vorms ingevul is en aan die voorgeskrewe kriteria voldoen, sal oorweeg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dawie ·

Jy sal maar uiters desperaat moet wees om terug te gaan soentoe. Het darem nog ‘n bietjie self trots beslis nee dankie!

Piet Snot ·

Dawie, wees dankbaar jy weet nie hoe dit is om desperaat te wees om vir jou gesin te sorg nie.
Ons moet eerder ons mense ondersteun wat nou nog ‘n kans kry.

Dawie ·

Piet, ja ek weet hoe dit is ek het ses jaar laas ‘n semi permanent werk gehad. Sukkel nou van maand tot maand om die pot aan die kook te hou.

Wanda ·

As die huidige polisie aan die vereistes voldoen, dan is die mag amper leeg. Die blankes wat nie meer in die mag is nie, werk by die hordes in die buiteland en kry goeie geld. Al is ons vrouens vir maande alleen tuis. Dit is n vrot spul, stem saam. Stem saam jahannes

Anti spur ·

Hier stem ek 100% saam met Wanda al hoe die polisie weer sal reg kom is om die sapd te ontbind en soos hulle in engels sê “start a fresh”

Eish ·

Dis die Jackpot vraag. Dit kan baie duidelik afgelei word uit die rangstruktuur wat benodig word dat daar te veel base en te min klase is. Daar is dus n groot gebrek aan kundigheid op voetsoolvlak. Onkundiges uit die publieke oog bevorder.Tog, asb tog net nie bekwame bestuur nie. Hul soek dus paloekas wat hul kan rondorder. Ergste is, sou hul jou in Mthata nodig benodig, moet jy op eie stoom daar kom.

Veritas ·

Hulle het agtergekom dat integriteit belangrik is maar dit bestaan nie in vandag se mag nie. Die ou hande moet net die beeld van die SAPS kom verbeter.

Jan Publiek ·

Lees ek die volgende mis as ‘n vereiste?: “Die kandidaat moet uiters taktvol- en voorbeeldig met die publiek kan werk. ‘n Houding van ‘die kliënt is altyd reg tot die teendeel bewys kan word’ moet ten alle tye gehandhaaf word. Visitekaartjies moet ten alle tye deur ALLE range gedra word en aan die publiek beskikbaar wees op aanvraag,”
Ja-nee, ek glo dis té veel gevra . . .

Poot ·

@Jan Publiek
Polisie beamptes het nie visitekaartjies nie…….maar wel “Aanstelling sertifikate”.

Marietjie ·

Ja eers was hulle nie goed genoeg nie en nou ewe skielik word hulle benodig. RERIG!!!!!!!!!!!!

Mielie ·

Tipies hoe dit vandag gaan. Dubbel standaarde huidige lede en “nuwelede”.
Een lot gaan werk en hulle kriminele medewerkers vang. Dan gaan die wat werk geskors word weens diskriminasie en so gaan die bose kringloop aan.

Millie ·

As jy jou honger kinders in die oë moet kyk tel geen vooroordeel of trots nie!

Poot ·

Waarom aansoek doen. Jy gaan ditbtog nie maak nie.
Elke Provinsie se Hk het alle oudlede se persoonlikeleërs nog op hand. Daar sit hordes en niks doen. Trek n lys van alle oudlede en gebruik n werwings offisier wat sy sout werd is om hulle in sy of haar bedienings gebied te gaan besoek. Sonder om ak die toetse te deurloop kostes aan te gaan kan die belanstellende ledecweer aangestek word.
Vingerafdrukke is n vereiste en kan steeds geneem en vergelyk word.
Kostes gaan baie minder wees en die oudlid wat werklik belangstel kan gouer in n pos aangestel word.
Die lid gaan beter wees as baie van die wat tans daar is.

Johan. H. ·

Net die iedee is ontsetend arogant, seker om skouers te skuur sodat iets goed aan hulle kan afvryf,, Net om later weer die deur gewys te word,, As hy jou eenkeer byt,, Bly weg!

al ·

Doen aansoek, jy het niks om te verloor nie. Daar is baie polisiebeamptes wat dit nie daar buite maak nie ….

Linda ·

Byde myself en man is oud lede. Ons het met trots gewerk en was lojaal. Dit was nie raakgesien. Ek het 19jr diens gehad met een bevordering. Het sommige offisiere se werk gedoen en dit was verwag van my met geen herkenning. My man is al 4 maamde in NZ en het n fantastiese oos gekry by korrektiewe dienste. Ek en my kind..4jr vlieg volgende maand uit. Dis wat ons land ons na toe dryf. Polisie sal nooit ooit weer selfde wees nie. My hart breek vir my oud kollegas wat bloed sweet in hul poste. Bid elke dag vir hul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.