Oud-polisieman help glo selfone roof

Argieffoto: SAPD, Facebook

Vier verdagtes, onder wie ʼn oud-polisieman, is in hegtenis geneem nadat ʼn winkel by ʼn inkopiesentrum in Mbombela (Nelspruit) beroof is.

Die roof het glo 08:00 Dinsdagoggend plaasgevind, toe rowers die winkelpersoneel gyselaar gehou, vasgebind en van skootrekenaars, selfone en kontant beroof het.

Volgens Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, was een van die personeellede in die badkamer toe die voorval plaasgevind het, en kon hy dit regkry om hulp te ontbied.

“Sekerheidswagte in die winkelsentrum het vinnig reageer en die verdagtes voorgekeer soos hulle van die toneel gevlug het. Die mans is egter in ʼn wit Toyota sonder nommerplate daar weg. Die polisie in Mbombela kon die verdagtes wel kort daarna vastrek.”

Die gesteelde goedere sowel as wapens en ammunisie is in die verdagtes se besit gevind en op beslag gelê.

Die verdagtes sal binnekort op aanklagte van sakeroof, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die onwettige besit van wapens en ammunisie in die landdroshof in Mbombela verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christine ·

Lyk my oud of huidige polisie is oral by misdaad betrokke. Goeie polisiemanne moet self hierdie vrottes gaan rapporteer sodat hul eie name gered kan word en polisie ‘n beter reputasie kan opbou en hulle moet eis dat beter kaliber polisie sonder misdaadrekords aangestel moet word.

Kensy ·

Vreeslike storie.
Dat daar vrot elemente in die SAPS is, is gewis.
MAAR die media dra by tot die SAPS se swak beeld. AS dit a EX-dokter, EX-mynbestuurder of EX-whatever was, sou die berig nie die nuus gehaal het nie.

Tienie ·

Geregsdienaars is al self skaam om in hul Uniform gesien te word.

Ek sien die tendens by ons plaaslike Polisiestasie. Baie werk is privaat klere.

Die blou Uniform dwing nie meer gesag af nie maar wel minagting.

Maar ek veralgemeen nie. Daar is nog manne en vroue wat TROTS en EERLIK is in hul werk as Geregsdienaar.

Hennie J ·

Ten minste is die ou se eintlike beroep nie meer n geheim nie.

SjN ·

Hoedeman se mense het ten minste geleer hoe om betrokke te wees en te help om misdade te pleeg.

Swerwer ·

En môre word dit maar weer gedoen ………………………………… so korrup soos die ANC is, die voorbeeld word dan deur die X President en ANC Ministers gestel.

Jr ·

Love the way politically correct MM sit n prent van ‘n wit polisieman. Mooi mm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.