Oud-polisieman onthou nie dat aangehoudenes gemartel is nie

Neville Els getuig tydens Ahmed Timol se verhoor Foto: ANA

ʼn Voormalige polisiebeampte uit die apartheidsera het in die verhoor oor die afsterwe van Ahmed Timol in 1971 getuig hy onthou glad nie dat aangehoudenes by die berugte John Vorster Plein-polisiestasie in Johannesburg gemartel is nie.

Neville Els, wat van 1966 tot 1979 gestasioneer was by John Vorster Plein-stasie (nou bekend as Johannesburg Sentraal), was na bewering deel van die groep beamptes wat betrokke was in die ondervraging van Timol.

Timol se afsterwe is as selfmoord bestempel nadat daar bevind is dat hy uit die 10de verdieping van die polisiestasie gespring het. Timol se familie hou egter vol dat hy deur die apartheidspolisie vermoor is, en dat hy nooit enige selfmoordneigings getoon het nie.

Els het op die 11de dag van die verhoor in die Pretoriase hooggeregshof gesukkel om talle van die besonderhede te onthou. Hy voer aan hy het in die media van die marteling te hore gekom.

Die 82-jarige het Maandag getuig oor sy weergawe van die gebeure van dit wat met Timol gebeur het, maar dit wou voorkom of hy meeste dinge vergeet het wat tydens Timol se inhegtenisneming en die dae voor sy afsterwe gebeur het.

Adv. Howard Varney, vir die Timol-familie, wou by Els weet of hy met Timol gesels het en hom ondervra het.

“Ek kan nie onthou nie,” het Els geantwoord.

Els het gesê hy het Timol dalk vinnig by Newlands-polisiestasie gesien nadat die beamptes, wat Timol in hegtenis geneem het, hom ontbied het. Hy het gesê dokumente is in die motor gevind waarin Timol gery het.

Timol is saam met sy vriend dr. Salim Essop in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes die motor, waarin hulle gery het, voorgekeer het. Verbode ANC- en SAKP-literatuur is in die motor gevind.

Essop het vroeër aan die hof gesê hy is ernstig aangerand tydens sy inhegtenisneming en het by die dood omgedraai voor hy uiteindelik na ʼn hospitaal geneem is.

Els, wie se kantoor op die 9de verdieping van die polisiestasie was, het gesê hy het nooit gesien of gehoor dat aangehoudenes gemartel word nie. “Ek het nooit iets gesê nie. Dit was in die media, ek het nooit marteling of ondervraging van aangehoudenes gesien nie, alhoewel dit algemene kennis was. Ek het nooit ʼn aangehoudene aangerand of gemartel nie.”

Paul Erasmus, ʼn veiligheidsbeampte wat ook by John Vorster gebaseer was, op dieselfde tyd toe Els daar was, het vroeër getuig dit was standaard prosedure by John Vorster. Hy het getuig oor die “bose dade” wat op die 10de verdieping van John Vorster Plein gebeur het, en oor die talle martelings wat in die “waarheidskamer, kamer 1026”, plaasgevind het.

Prof. Kantilal Naik, wat ook op dieselfde tyd as Timol in hegtenis geneem is, het ook getuig oor die erge marteling waaraan hy onderwerp was en het Els geïmpliseer as deel van die groep mans wat hom aangerand het.

Els het egter Maandag ontken dat hy hoegenaamd by die marteling betrokke was.

Els is deel van ʼn groep beamptes wat gedagvaar is om in die hof te verskyn en te getuig oor hul beweerde betrokkenheid by Timol se afsterwe.

Verskeie kenners het in die hof getuig Timol is voor sy dood gemartel en dat hy beserings gehad het wat nie ooreenstem met ʼn val nie. Hulle het ook daarop gewys dat Timol ʼn enkelbesering opgedoen het en hy sou onmoontlik kon loop, wat nog te sê van spring na sy dood.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Ahmed Timol op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

popeye ·

Don’t worry be happy…die ANC en sy militêre vleuel kan gerieflikheidshalwe OOK nie Magoos Bar of die dood van baie Comrades wat verraaiers volgens hulle was, onthou nie. O, ja wat van halsnoer moorde, Winnie se sokkerspan en…..

Lynne ·

……..en die Kerkstraat bom….’n Vrydagmiddag met tjaila tyd….

Cherokee ·

en Winnie en Stompie Seipei oftewel Moeketsi. Die ANC vergeet daarvan.

Hannes ·

Nvg en adv Abrams probeer net die aandag aftrek van Zuma en e pos skandaal.
En die media val daaroor.
Shame!!!!

Apie ·

Gee liewer aandag aan die hede as die verlede!! Wat probeer die kaders bereik?

snoefie ·

wil ek ook graag weet. moslem gelowiges pleeg selfmoord kyk maar na die Isis bommers.

Michael ·

Elke dag word n boer vermoor nou ondersoek hulle mense wat nie kan onthou wat hulle vir ontbyt gehad het nie wys jou weer waar hulle preoriteite lê

Michael ·

Vernoem een van die 100 dorpe in suid afrika wat se hoofstraat Nelson Mandela na Timol wie hy ookal was

HPV ·

Die eensydige sirkus raak nou vervelig. Wie is volgende op die vervolgings lys? Oud weermag en diensplig lede? Hulle sal wel iemand vind want in die verlede wil hulle lewe.

Francois le Cochon ·

Ek beskou myself as iemand met ‘n baie goeie geheue. Ek kan my naam onthou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.