Oud-polisieman saam met vier ander in Jhb aangekeer

Die gesteelde Audi (Foto: SAPD)

Vyf persone is in Fordsburg, Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die besit van ʼn gesteelde motor en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die SAPD, in samewerking met die Johannesburgse honde-eenheid, het die vyf verdagtes, tussen 30 en 66 jaar oud, omstreeks 10:00 aangekeer. “Een van die persone, wat in hegtenis geneem is, is ʼn voormalige polisiebeampte wat uit die SAPD afgedank is oor korrupsie,” het Mbele verduidelik.

Die inhegtenisnemings volg ná ʼn wenk van ʼn lid van die gemeenskap oor ʼn verdagte motor, ʼn wit Audi, met vyf insittendes.

“Beamptes het na die toneel gehaas en die verdagtes deursoek. Hulle het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens (sonder reeksnommers) en patrone. Die Audi is ook bevestig as ʼn motor wat in September 2018 in Cullinan gesteel is.”

Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in enige ander misdade gebruik is.

“Die ondersoek duur voort. Die verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mallie ·

Daar moet nie eers n hofsaak wees nie. Sluit hulle summier toe en gooi die sleutel weg.

Nuus leser ·

Maroela die Audi ter sprake is nie ‘n ‘A’ reeks nie. Dit is ‘n Audi Q3

Sune van Heerden ·

Dagsê krewzer

Ons vra om verskoning – ons het nie besef daar was ‘n fout in die oorspronklike polisieverklaring nie.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

pieterweskaap ·

Die berig verwys na ‘n Audi A3 maar op die foto is ‘n Audi Q3.
Is die regte skelms aangekeer?

Sune van Heerden ·

Dagsê pieterweskaap

Ons vra om verskoning – ons het nie besef daar was ‘n fout in die oorspronklike polisieverklaring nie.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.