Oud-polisieman tronk toe oor veediefstal

Argieffoto

Argieffoto

‘n Voormalige polisiebeampte is tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan veediefstal.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Baleseng Lucas Serole (38) is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Serole is in Februarie 2012 in Potchefstroom, Noordwes in hegtenis geneem. Makau het gesê daar is ook twee ander sake van veediefstal en ʼn saak van poging tot moord teen Sebole aanhangig gemaak. Sebole sal op 6 en 7 Oktober in die Mogwase-landdroshof verskyn.

Serole het in 2008 uit die polisie bedank nadat hy in hegtenis geneem is vir sy betrokkenheid by ʼn OTM-bomaanval in Klerksdorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anita ·

Hy is definitief nie die enigste polisieman die hom vergryp aan onwettighede nie….vele Polisie beampyes word in hulle eie tuis dorpe aangestel, en is bewus van dwelmhandel in hulle dorpe, maar beskerm vriende en familie betrokkenes. ‘n Polisiebeampte moet nie in sy onmiddelike tuis omgewing aangestel word nie, maar tenminste 3 dorpe of ‘n stad verder, om sodoende vriendjies politiek te vermy. Enige pensioen voordele moet verbeur word en geen salaris uit betaal word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.