Oud-polisieman vas oor ernstige misdade

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 43-jarige voormalige polisiebeampte wat in Gauteng gestasioneer was, het in die hof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook ander misdade.

“Lede van die misdaadintelligensie-eenheid en die polisie in Siyabuswa het Donderdag reageer op inligting oor ʼn misdadiger wat gesoek is in verband met misdade wat in Middelburg en Witbank gepleeg is,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die verdagte, Moseti David Ditle, is opgespoor en in hegtenis geneem.” Tydens ʼn soektog is sleutels in sy besit gevind. Verdere ondersoek het die polisie na die huis van sy meisie gelei waar nóg ʼn soektog uitgevoer is.

“Die polisie het hier beslag gelê op twee 9 mm-pistole, ʼn .38-rewolwer en ammunisie vir verskillende kaliber vuurwapens. Die beamptes het ook beslag gelê op 25 leë patroondoppies van ʼn 9 mm-pistool en 15 selfone.”

Die polisie het ook ʼn rooi Toyota Corolla gekonfiskeer wat vroeër in Witbank gekaap is.

Verdere ondersoek het die polisie gelei tot Ditle se beweerde medepligtiges in Siyabuswa. “Die polisie het hulle gevind terwyl hulle in ʼn wit Toyota Corolla rondgery het. Toe hulle die polisiebeamptes gewaar, het hulle uit die motor gespring en weggehardloop.” Dié motor is glo deur Dintle en sy medepligtiges gebruik as ʼn voertuigkaping tydens ʼn kaping wat vroeër in Witbank plaasgevind het.

Die polisie is besig om ʼn profiel van Ditle saam te stel om sy betrokkenheid by ander misdade te bepaal. Die vuurwapens sal gestuur word vir ballistiese toetse. Die polisie het ook ʼn groot soektog van stapel gestuur na die ander verdagtes.

“Ditle het Vrydag in die Mdutjane-landdroshof in Siyabuswa verskyn. Hy bly in aanhouding tot 18 September, hangende ʼn formele aansoek om borgtog. Hy sal na verwagting ook binnekort in die Witbank- en Middelburg-landdroshowe verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie is nie die eerste of enigste geval van sy soort nie. Misdaad? R100 000 per maand. SAPD salaris? R25 000 per maand. Kan jy die probleem sien?

magda ·

DAT jy jou n polisie man moet word on te kan steel. My hart is seer vur hierdie mooi land van ons

Poplap ·

Ek wil glo dat jy nie die R25000 salaris as rede wil aanvoer vir die misdade van hierdie mens nie. Daar is miljoene mense in hierdie land en regoor die wêreld wat minder as daardie salaris verdien en hul nie tot misdaad wend nie.
As onderwyseres met ‘n Honneursgraads verdien ek nie eers naby die R25000 wat hierdie polisieman ontvang nie.
Geen polisieman is in my omgewing welkom nie.

CHRISTA ·

Is DIT dalk een van die redes hoekom polisiemanne deesdae so op ‘n streep vermoor word?

Johann Marx ·

Miskien het ek myself nie mooi duidelik gemaak nie. Polisieman verdien R25K per maand. Die “krimineel” maak R100K per maand. Die polisieman ondersoek die saak, en die “krimineel” offer hom een maand se “inkomste”. Dit vat karakter om NEE te sê vir R100 000,00. As iemand MY nou R100 000,00 aanbied om nie gearresteer te word nie……gaan ek lank moet dink. Volgende jaar het ek TWEE studente op Universiteit, my kar is 14 jaar oud, my TV se “kurwe” is nog verkeerd om, en my klere is oud en gedaan. So, Poplap, ek hoor wat jy sê…..maar dieselfde mense wat minder as R25K verdien, kry ook NOOIT ‘n aanbod van R100K nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.