Oud-polisiereservis wat vrou wou indoen gevonnis

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Abraham Jacobus Visagie (39), ʼn voormalige polisiereservis, is Maandag skuldig bevind aan bedrog en korrupsie nadat hy homself as ʼn staatsaanklaer voorgedoen het om ʼn 54-jarige vrou met duisende rande in te doen.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, het gesê Visagie het homself in Desember verlede jaar as ʼn senior staatsaanklaer van die Springbok-landdroshof voorgedoen en omkoopgeld van die vrou, wat moontlik van strafbare manslag aangekla sou word, geëis om haar teen vervolging te beskerm.

Volgens Nkwalase het Visagie R6 000 vir homself en ʼn bykomende R15 000 vir sy “vennote” geëis wat aan die saak sou werk.

Die Valke het ʼn ondersoek van stapel gestuur kort nadat dit aangemeld is.

Visagie het op 13 Junie vir die eerste keer in die hof verskyn en is borgtog van R2 000 toegestaan. Hy het Maandag in die Springbok-landdroshof skuld beken en is gevolglik tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan soortgelyke oortredings in die volgende drie jaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willie ·

Hoekom word daar nou na die ou verwys as n oud-polisiereservis? Hy WAS n reservis. Gaan daar na n oud reserwe-brandweerman ook verwys word? Hy het absoluut niks met die polisie te doen nie. Moet tog nie op so n manier die polisie weer in n slegte lig stel nie.

Manie ·

Dieselfde kommentaar as hierbo het my ook opgeval. Die verwysing na polisiereservis maak geen sin

Buitestander ·

Sien as daar na oud- ?? verwys word plaas hulle die persoon ‘n bietjie op ‘n hoër stelasie.

Gys ·

Willie ek wil jou net reg stel. As jy n polisie reservis is staan jy onder die polisie se reels. Jy is net so goed as n polisie man wanneer jy aan diens is. Jy word net nie betaal vir jou werk nie. Die beskuldige in die nuus het homself as n staatsaanklaer voorgedoen en nie as n polisie beampte nie.

Magda ·

Ek stem saam met jou Gys ek was vir baie jare ‘n Polisie Reservis gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.