Oud-polisiesegsman se appèl geweier

Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Vincent Mdunge, voormalige kolonel en woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, se appèl teen sy skuldigbevinding aan bedrog en vervalsing van ʼn matrieksertifikaat is van die hand gewys.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG),  en Yusuf Omar, Mdunge se regsverteenwoordiger, het bevestig Mdunge se appèl was onsuksesvol.

Mdunge is in November 2014 daaraan skuldig bevind dat hy ʼn vervalste matrieksertifikaat ingedien het toe hy in 1987 by die polisie aangesluit het. Hy het bedank nadat die bewerings in September 2013 aan die lig gekom het. Hy is ʼn maand later in hegtenis geneem. Mdunge het tereggestaan op twee aanklagte van bedrog en een van vervalsing.

Mdunge is skuldig bevind op die tweede aanklag van bedrog omdat hy ʼn salaris verdien het waarop hy nie geregtig was nie. Die hoogste vlak wat ʼn polisiebeampte sonder matriek in die polisie kan behaal, is die rang van adjudant-offisier. Mdunge is tot kolonel bevorder.

Omar kon nie onmiddellik bevestig of Mdunge na die appèlhof gaan appelleer nie. Mdunge is tans uit op borgtog van R5 000. Hy staar vyf jaar tronkstraf in die gesig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oosie ·

Wat van Hlaudi? Hy het presies diesefde gedoen by die SAUK!

Andre ·

Maroela, kan julle dalk bevestig of hy ‘n goeie rekord het. M.a.w., was hy goed in die posisie van Kolonel? Ek stem, dit was verkeerd en hy moet pa staan, maar was hy nie dalk een van die min wat wel sy werk gedoen het nie? Nogal ‘n “catch 22″…

Luna ·

Andre vra eerder wanneer hy tot Kolonel bevorder is. Daar staan mos in die berig polisiemanne kan tot adjudant offisier bevorder word sonder matriek sertifikaat. Wanneer is die matriek sertifikaat ingelewer? Toe hy aangesluit het? Of dalk nou die dag toe hy bevorder is? Vra maar net?

jaco ·

hy het in 1987 by die polisie aangesluit. Dit was nog die jare van die ou Suid-Afrika. Hoe is die vervalste matrieksertifikaat dan nie in daardie tyd opgemerk nie? Alles was toe dan so vaartbelyn en sonder korrupsie.

Luna ·

Jaco, vra eerder wanneer hy tot Kolonel bevorder is. Daar staan mos in die berig polisiemanne kan tot adjudant offisier bevorder word sonder matriek sertifikaat. Wanneer is die matriek sertifikaat ingelewer? Toe hy aangesluit het? Of dalk nou die dag to hy bevorder is? Vra maar net?

Will i am ·

Laat hom elke sent wat hy verdien het met vals sertifikaat terug betaal

AL ·

Stem! Dit was vrugtelose uitgawe waarvoor die belastingbetaler moet opdok!

Yolandie ·

Ek persoonlik dink dat daar is nog baie van hulle in die land is … hulle word net beskerm. Ek het vriende wat uit die mag is agv onregverdigheid… sal dit ooit reg kom…. glo nie in my leeftyd nie. Dis ‘n jammerte want ons kinders word groot in ‘n korrupte land…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.