Oud-polisiesegsman skuldig oor vervalste matrieksertifikaat

Kol. Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Kol. Vincent Mdunge. Foto: Verskaf

Vincent Mdunge, voormalige kolonel en woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, is Woensdag in die Durbanse streekshof skuldig bevind op aanklagte van bedrog en vervalsing van ʼn matrieksertifikaat.

“Die staat het bewys dat hy nie ʼn geldige matrieksertifikaat het nie,” het landdros Thandeka Fikeni in haar uitspraak gesê.

Mdunge is daarvan beskuldig dat hy ʼn vervalste matrieksertifikaat ingedien het toe hy in 1987 by die polisie aangesluit het. Hy het bedank nadat die bewerings in September 2013 aan die lig gekom het. Hy is ʼn maand later in hegtenis geneem. Mdunge het tereg gestaan op twee aanklagte van bedrog en een van vervalsing.

Staatsaanklaer Barend Groen het tydens die verhoor aangevoer dat Mdunge in 1985 matriek gedruip het. Hy het ʼn hereksamen in 1986 geskryf en weer gedruip. Groen het aangevoer dat Mdunge se matrieksertifikaat vervals was, en dat die eksamennommer wat op die sertifikaat voorkom sy gr.10-eksamennommer was.

Fikeni het Mdunge vrygespreek op ʼn aanklag van bedrog en gesê daar kon nie behoorlik bewys word dat Mdunge homself wanvoorgestel het toe hy in 1987 by die polisie aangesluit het nie. Hy het destyds as ʼn spesiale konstabel aangesluit, en het slegs ʼn gr.10-kwalifikasie hiervoor benodig.

Mdunge is skuldig bevind op die tweede aanklag van bedrog omdat hy ʼn salaris verdien het waarop hy nie geregtig was nie. Die hoogste vlak wat ʼn polisiebeampte sonder matriek in die polisie kan behaal, is die rang van adjudant-offisier. Mdunge is tot kolonel bevorder.

Die staat het aangevoer dat Mdunge die polisie uit R3,5 miljoen bedrieg het op grond van sy vervalsde matrieksertifikaat. Fikeni het saamgestem dat die polisie bedrieg is, maar dat die bedrag minder moet wees.

Adv. Saleem Khan, Mdunge se regsverteenwoordiger, het reeds aangedui dat sy kliënt om verlof tot appèl gaan aansoek doen.

Die saak is tot 17 Desember uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ai tog ·

Hoeveel ander is daar nog wat die staat bedrieg het ,hulle magies is rond ge – eet. Party mense het jacuzzi’s en ry groot duur motors alles is luuks net om te vind dis leuens. Glad nie die moeite werd nie. Paulo Jordan het die ys gebreek daar volg nog kandidate

alet ·

Jordan jou doring begin by die Staats President en gaan met die ry af daar is verseker nog baie,want party kan nie eers vir hulle self dink nie ander moet alles vir hulle opskrif gesit word sodat hulle 10dae tyd het om dit te leer

Leeutjie ·

Hannes jy het my nou lekker laat lag! Ons Suid-Afrikaners het maar net ‘n humorsin wat net ons verstaan. Goed gedoen!

Ai tog ·

Ait tog Alet moet jy dat ek so lag, die mense sit in hulle kantore maar rerig van hulle weet niks van niks. Maar ek se die kwalifikasies is nie van hier nie, ek sou ook graag ‘n doktor wil word voor die wette te streng raak wie weet dalk kry ek werk by een of ander munisipaliteit.

Henk Gous ·

Dit gaan lekker in Mamparra Paradys. Hoekom kry hy nie soos die ander vir hom n doktors graad nie, dit kos dieselfde. Moenie dom wees nie ou grote.

Nicolette ·

Hy is darem hoër gekwalifiseerd as ons president.. Sê maar net :-)

Jaco ·

En hier sit ek nou as n adjudant offisier met n diploma wat in 1996 verwerf is.

Danie Koch ·

Daar is baie van hulle nie net in die SAPD nie maar orals in die staatsdepartemente. Die gevolgtrekking? Eie gewin in n siek SA. My broer wat al 20 jaar gelede n Kaptein geword het kry nie bevordering nie. Hoekom? Hy is wit. Maar voordat julle se ek is n rassis die volgende. Hoe is dit moontlik dat Rhea P as kommissaris vd SAPD aangestel word terwyl sy nooit inni Polisie was nie terwyl my goeie vriend Rudi Mokgwane se vrou deur al die range eksamen afgele het en tot brigadier gevorder het en oorgesien word. Dit verstaan ek nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.