Senyane Alton Seropane (55), ʼn voormalige leier van ʼn politieke party en bekende sakeman in Mpumalanga, moet binne ʼn week begin om R3 miljoen terug te betaal aan die departement van onderwys.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het sewe jaar gelede sy status by die Pan-Africanist Congress of Azania (PAC) verloor toe hy tot agt jaar tronkstraf gevonnis is as medepligtige in ʼn moordsaak. Hy is in daardie stadium skuldig bevind op aanklag van dwarsboming van die gereg.
“Die beskuldigde het ʼn kontrak by die Mpumalanga- departement van onderwys gehad om skoliere in die Gert Sibane-distriksmunisipaliteit te vervoer. Hy het duplikaat eise by die departement ingedien waar hy die faktuurnommers en datums verander het wanneer hy die eise ingedien het,” het Sekgotodi verduidelik.
Die departement het verliese van R830 000 en R1 997 964 op die afsonderlike fakture gely.
“Die saak is by die Valke aangemeld en die beskuldigde is in 2015 deur die span wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, in hegtenis geneem. Hy is op 31 Julie in die Ermelo-streekhof skuldig bevind op 34 aanklagte van bedrog.”
Seropane is vandeesweek, op 20 Augustus, tot 10 jaar tronkstraf gevonnis wat in sy geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy die R3 miljoen aan die departement sal terugbetaal. Hy moet die eerste paaiement van R50 000 voor of op 30 Augustus terugbetaal. Sy twee maatskappye, Ngwato en Barudi, is elk met R100 000 beboet.
Die batebeslagleggingseenheid was ook betrokke by die vonnisoplegging.
Nou ons sal ons die armsalige belasting betalers nou eintlik weet HY HET die geld terug betaal. Soos Jacob Zuma die geld terugbetaal het, wat hy by VBS bank met rente gevat het! Toe hy die geld by VBS geleen het is ek amper seker hy het geweet dat VBS gaan tot ‘n val kom……skelm verby!
En nou betaal die belasting betaler sy verblyf en mediese behandeling seker ook nog. Lekker man lekker.
Hy kom maar redelik daarvan af.
5 jaar van nou af sal ons weer lees dieselfde man is weer gevang vir soortgelyke misdaad asook dat hy die hofbevel van terugbetaling verontagsaam het.
En die belasting betaler betaal die hof onkostes.
Dit lyk eerder na tik oor die vingers
Nee wat….smeer die publiek en Jan Alleman heunig omi mond as jy my vra
Weereens goed om te sien dat hy aan die pen ry maar die groot visse met multi miljoene se bedrog se sake sloer en hulle loop nog steeds vry rond.
Glo nie ‘n enkele woord nie.
Nou wat is die straf?
Daar wag pos vir hom in die parlement dan gaan hy as : “honourable” aangespreek word want hy het nou gekwalifiseer om daar te wees.