Oud-Prasa-hoof wil koerant en Prasa vir R20 miljoen dagvaar

Collins Letsoalo. Foto: ANA

Collins Letsoalo, voormalige waarnemende uitvoerende groepshoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het Dinsdag gesê hy wil die organisasie, die Sunday Times-koerant en ander individue dagvaar vir ongeveer R20 miljoen vir naamskending en bedrog.

Die Sunday Times het Letsoalo om verskoning gevra ná die persombudsman bevind het die koerant het sy waardigheid aangetas ná vals en misleidende inligting in Junie oor Letsoalo gepubliseer is.

Letsoalo het gesê hy aanvaar nie die verskoning nie en hou vol sy afdanking was weens ʼn “web van korrupsie en plundering” deur uitvoerende lede en hul families wat hy onthul het, eerder as ʼn beweerde reusesalarisverhoging.

Die Sunday Times het berig die ouditeur-generaal het Letsoalo versoek om die geld terug te betaal wat hy verdien het toe sy salaris in Oktober 2016 met 350% verhoog is toe hy van die departement van vervoer na Prasa oorgeplaas is. Sy salaris het van R1,3 miljoen per jaar tot R5,9 miljoen per jaar gestyg. Die OG het ontken dat hy dié verslag saamgestel het.

Die Pretoriase hooggeregshof het bepaal Letsoalo is geregtig op ʼn pakket van R5,9 miljoen per jaar soos daar in sy kontrak ooreengekom is of dieselfde pakket wat sy voorganger, Lucky Montana, ontvang het.

Letsoalo het Dinsdag op die SAUK se “The Agenda”-program gesê hy het sy kant van die saak aan ʼn verslaggewer van die Sunday Times gestel dat die OG-verslag nie bestaan nie, maar die joernalis het geweier om sy weergawe te aanvaar óf om die dokument met die OG se kantoor te bevestig.

“Die Sunday Times het voortgegaan en die storie gepubliseer sonder om die OG te vra. Toe die ombudsman wou weet waarom hulle dit nie gedoen het nie, het hulle nie reageer nie.”

Volgens Letsoalo het die ombudsman gesê die koerant het versuim om met sy kantoor saam te werk. “Ons weet nog steeds nie wie die outeur van die verslag is nie, maar dit lyk soos ʼn poging waar iemand ʼn verslag van ʼn hoofstuk 9-instansie vat en dit gebruik om iemand skade te berokken en dan vra hulle ná die tyd om verskoning. Hulle is jammer, maar dit is nie genoeg nie.

“My prokureurs is besig om die dokumente en bewysstukke saam te stel wat ons het, maar dit beloop natuurlik miljoene, miskien R20 miljoen (tussen) Prasa, Sunday Times, Popo Molefe, Bhekani Khumalo en al die ander persone wat met hulle verbind word.”

Volgens hom is Bhekani Khumalo (groepshoof vir menslike kapitaal) en voormalige Prasa-voorsitter Popo Molefe van die individue wat sy naam wou beswadder.

Hy het Maandag vir die eerste keer sedert Februarie sy stilswye verbreek en Prasa van korrupsie en nepotisme beskuldig en gesê talle [uitvoerende lede] het vroue, kinders en ander familielede wat vir die spooragentskap werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hansie Slim ·

Homself 350% verhoging gegee!!!
Waaaaar kry jy dit?
Almal probeer nog vir die laaste paar Rand.. paar miljoen Rand iemand opskroef vir ‘n stewige neseiertjie!!

Abrie Joubert ·

Sjoe mense …ek werk in die buiteland aan vliegtuie om net als te maak werk en aan die lewe te bly…maar magtig man ..daai salaris…hoe op aarde verdien een persoon so baie geld?
Dis vir my heeltemal ongehoord.

ek ·

as hierdie vent eerlik is behoort hy homself te dagvaar vir sy “strooi”!

Arno ·

And once again a Sunday Times report that is proven to be inaccurate – they played a major part in downfall of SARS, then this report and their blatant disregard of a request to wait for full detail before reoprting on Edgars and their problem. And all they ever say is sorry like a spoilt child – they need to challenged in court & see how it feels.

marous ·

Geniet mekaar …. tot al die geld in jul prokureurs se sakke land !

HPV ·

Hoop Letsoalo besef dat hy die regskoste uit sy eie sak gaan betaal sou hy verloor, vra maar vir Zuma. Die wiel het begin draai…

jakes ·

Geen hoof van n staatsentiteit behoort in die eerste plek so n absurde salaris te kry nie. Hiermee bevraagteken ek ook die hof se uitspraak dat hy geregtig was op sy voorganger se salaris. Die hof moes van meet af uitspraak gelewer het dat alle senior bestuur by staatsondernemings se salarisse summier met 50% gesny moes word en vir 2 jaar geen verdere verhogings nie. Natuurlik moet soveel moontlik bestuurslui ook op die laaaaang soustrein van die staat klim want dit is hoe ons n reenboognasie bou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.