Oud-prof beskuldig van rasse-uitlating by restaurant

Leon de Kock (Foto: Leon de Kock/Facebook)

Prof Leon de Kock (62), ‘n emeritus-professor van die Universiteit Stellenbosch en skrywer, staan tereg op aanklag van crimen injuria ná uitlatings wat hy na bewering by ʼn restaurant in Observatory in Kaapstad gemaak het.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê De Kock is op 9 Mei in hegtenis geneem. “ʼn Werknemer van die restaurant het gesê sy was besig om die restaurant skoon te maak, toe ʼn manlike klant rassistiese en aanstootlike opmerkings gemaak het teenoor haar. Sy het die saak by Woodstock-polisiestasie aangemeld.”

Traut het gesê die beskuldigde is in hegtenis geneem en hy het op 10 Mei in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van crimen injuria.

De Kock is ’n literêre vertaler, digter, skrywer en akademikus wat reeds meer as 15 boeke die lig laat sien het, waaronder drie digbundels, ’n roman, akademiese boeke, vertalings, en talle geredigeerde akademiese werke. Sy jongste werk is André P. Brink en die spel van die liefde, die eerste biografie van Brink, wat vandeesmaand deur Jonathan Ball Uitgewers vrygestel word. De Kock het in 2015 op vervroegde pensioen gegaan.

ʼn Vrou het op sosiale media aangevoer sy het gesien hoe De Kock die vrou die k-woord noem. Sy voer aan hy het ook ʼn ander vrou seksueel geteister.

De Kock se seun, Luke, het in ʼn plasing op Facebook om verskoning gevra vir sy pa se gedrag. Hy het gesê sy pa sukkel al die afgelope drie maande met sy sielkundige welstand. “Ek herken nie my pa nie,” het hy gesê. Volgens hom is sy pa ná die inhegtenisneming na Groote Schuur-hospitaal geneem vir ʼn psigiatriese ondersoek. “Ek vra onvoorwaardelik om verskoning vir sy gedrag. Dit is nie my pa nie. Hy was onder die invloed van verskeie voorskrifmedikasie, alkohol en hy het ʼn paar aande lank nie geslaap nie.”

Luke het gesê hy hoop dat hulle De Kock na ʼn instansie kan oorplaas waar hy behoorlike versorging kan kry.

Martin Viljoen, woordvoerder van die Universiteit Stellenbosch, het aan Maroela Media gesê die universiteit ondersoek tans klagtes wat ontvang is wat betref die gedrag van prof. de Kock, ‘n emeritus-professor van die instelling. “Die US het tot dusver nie inligting oor sy gesondheidstatus ontvang nie, maar selfs as ons ingelig sal word, sal ons nie in ’n posisie wees om enige persoonlike inligting aan die media te verskaf nie,” het hy gesê.

Traut versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om die ondersoekbeampte, konst. Dumetri Onverwaght, by die Woodstock-polisie te kontak by 021 486 2840.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Johan ·

Sulke situasies is altyd betreuringswaardig. Dit is nie goed vir ons land nie.

Gert ·

Maar Julius Malema kan sê net wat hy flippin wil en dit is reg!!!!
Wonder maar net??

Andreas ·

Gert, lees wat antwoord ek vir Johan hier bo, my probleem met Julius en berigte oor hom is, as my tong so skerp in my kommentare soos syne is, word dit nie geplaas nie, maar sy uitlatings kan nie gewag word om deur die nuus-webwerwe op dit internet geplaas te word nie, almal van hulle, almal. Ek het idee hy spandeer nie ‘n sent aan reklame nie.

Andreas ·

Sorry dat my frustrasie by tye oorkook. Dis ook maar meestal oor die lang tyd wat die kommentare neem om geplaas te word. Maar vir Julius vra die mense, ‘hoe hoog’. In alle realiteit, wat is ek dan nou anders as Julius, buiten dat hy baie ondersteuners het, hier by die huis is dit net ek en my vrou?

Liberaal ·

Ja maar vryheid van spraak geld slegs vir sekere rasse. Die ander ras mag niks meer sê nie, net belasting betaal en eiendom oordra, dan oorgee.

Johan ·

Prof ontken alles. Malema kan ons sleg se dan gebeur daar niks. Wonder of die wit mense weet wat beteken die woord legoa. Dis wat ons genoem word

willem botha ·

Hoekom sal n Prof so iets sê of doen en vir die polisie om hom in hegtenis te neem vir dit wys net hoe die polisie dink ek sal graag vir polisieman traut wil vra waneer word floyd shiwambo gearesteer vir die aanranding van n fotograaf met die opening van die parlement .

appie ·

Urban dictionary : kgoa: n., pl. dikgoa, A bush louse; a species of tick, found chiefly on the hinder parts of animals.Although many of these cultures outgrown their language-meanings,this word is used for derogation purposes.see also: legoa pointing as white man or boer.The lekgoa was the creators of apartheid: The white man(insulting) was the creators of segregation (direct translation=separateness)

Fran ·

So what, dis my herkoms en ek is trots daarop. Iets van sy herkoms is soos n doring in sy vlees.

Urban Dictionary.
Legoa meaning:
The blacks of South Africa call the whites legoa and/or lekgoa (different meaning).
Le-goa is derived from the Boer-trekkers when shouting and yelling at the oxen which drawn the ox-wagons.

TLC ·

Die bietjie wat em weet beteken legoa net eintlik “witmens”
Help my reg as ek verkeerd is
Maar wat ek wel weet hy por sy mense om die witmens dood te maak en nog en nog en nog

Andrea ·

Dit beteken letterlik ‘die ding wat skree’ Die prefiks le- beteken dis nie n mens waarna verwys word nie, anders sou dit ‘mokgoa’ gewees het

Annie ·

Oorweeg ook beginnende demensie. Geheueprobleme nie altyd eerste opvallende teken nie. Soms persoonlikheidsveranderinge, disinhibisie, ontoepaslike verbale/ nie- verbale gedrag.

TLC ·

dankie Andrea
sien ek raak nou bietjie deurmekaar
jy is reg en dankie

Elsa ·

Maar as dit die beskrywing vd woord is verwys hul net na hulself?

Michelle le R ·

Ai, gelukkig gee ek nie ‘n duit om wat hulle my noem nie. Iemand/nasie moet eers my respek verdien voor ek sal omgee wat hulle my noem.
Ongelukkig gaan alles wat blankes nou doen of nie doen, aan die groot klok gehang word. Dit is die polities/liberaal ‘korrekte’ ding om te doen en gaan nog baie jare lank ‘mode’ wees tot die ‘regse’ beweging weer momentum kry.

KaterinaKat ·

Ek stem 100% saam, Michelle. Ek is een en dieselfde. Ek gee nie een nano-atoom om wat hulle my noem nie. Soos die gesegde gaan: ” Vat dit van wie dit kom”.

Sandra ·

My ma het dimensie en sy praat ook uit haar beurt, soveel so dat ek ook gedurig vure moet doodslaan. Ongelukkig is die ouer geslag nou die mense wat aan die kortste ent trek. Wie brom nie maar somtyds steeds daai woord uit frustrasie nie. As jy nie in ‘n glashuis bly nie, gooi maar die klip…

Andreas ·

Ek bly in ‘n gewone huis en ek raak so gefrustreed ek moet PG Glas elke nou en dan kry om te kom help.

Koos de Meyer. ·

Om ‘n persoon in hegtenis te neem vir die ou woordjie is regtig belaglik. Ander kan sê wat hulle wil en kom niks oor nie. Pleks dat daar gekyk word na al die kriminele elemente en daaraan werk. Dit sal nie gedoen word nie. Die arme rassisme perd is nou al so holrug gery hy ly al aan perdesiekte.

Schalk ·

Dis als n klomp snert. Die mense moet oor hul issues kom. Hul maak nou die k woord erger as moord! Daar is nerens i die wereld mense wat mekaar nie bietjie sleg se of so nie. Maar om dit n kriminele oortreding te maak is belaglik.

Cheryl ·

Ek verstaan nie lekker nie, kan mens sommer dadelik in hegtenis geneem word as jy die woord gebruik? Is daar nie prosedures wat gevolg moet word nie. As hy die vrou aangerand het sal ek verstaan

Zumie ·

Cheryl
Jy is reg – na alle waarskynlikheid is die arres hierop onwettig omdat dit nie ‘n sg skedule 1 misdryf is nie. Die proffie moet dagvaar …… ons doen dit daagliks…

Neelsie ·

Jy kan hom noem net wat jy wil, dit word dadelik ‘n vloekwoord ! Kompleks?

Keffer ·

Ek het gehoor dat hy eintlik van ‘n keffertjie gepraat het omdat die ander persoon glo geklink het soos ‘n keffertjie wat aanhou blaf vir niks.

Gerhardt O ·

DIt voel of iemand aspris sulke goed doen om die US itv Afrikaans te kelder. Eers die sg “navorsings” voorval en nou die uitlatings – oop en bloot!?

Sue ·

Die land sal nog die doodstraf terug bring NET vur vervolging van die mense wat “crimen injuria” pleeg.

Concerned South African ·

Can’t believe it! You can kill innocent farmers and get away with it, but using an inappropriate word can you get arrested! WTF is wrong with SA???

DewaldS ·

That is what liberal Utopia looks like everywhere and every time. The ‘verkramptes’ warned everyone….

Pitty ·

Ek is net verbaas. Dit lyk my waar ook al jy is, hulle beskuldig jou net eenvoudig en jy word in hegtenis geneem. Lesson geleer. Onthou daar is altyd iemand wat vir jou afluister in n openbare plek. Eet by die huis of vat wegneemeetes vir die huis saam.

Sakkie ·

Wonder wat sou aanleiding gegee het tot die voorval. Jou kant, my kant en die waarheid.

Joe ·

Moet nie die woord gebruik nie, eenvoudig. Dis EEN woord, maar hammer nog om dit te gebruik. Ons wil net nie leer nie.

Lerato ·

Die groot retoriese vraag bly
Hoe GELYK is die gelykheidshof?

Aha ·

In SA is sommiges meer gelyk as ander. Ek was nou die dag deur ‘n bruin vrou uitgeskel oor my ras en dit omdat ek nie gou genoeg vir haar gesê het sy kan maar op ‘n stoel in ‘n publieke wagkamer sit nie. Sy het vieslike woorde rondgegooi voor getuies. Toe ek by senior beamptes kla daaroor is ek vinnig weggeneem na ‘n tipe raadsaal deur 2 wit vroue en een was die PR hoof. Hulle vra toe verskoning vir die lid van die publiek se gedrag en bied ‘n koppie tee aan. Toe ek aandring dat hulle iets doen is ek gesê hulle het niks gehoor nie, maar so maak wittes nou al verskoning vir ander se rassehaat. Nou het die prof iets gesê en almal is op sy case. Daai dag was ek vieslik beledig deur ‘n bruin vrou. Ek het haar beskaafd op haar plek gesit, probeer kla, geen joy gekry nie en toe… glo dit of nie net aangegaan met my lewe. En hier sit ek vandag ; ek het oorleef.
Jong dame, jy kon maar ook net aangegaan het met jou lewe. DAAR’S MIN DINGE WAT RASSISME MEER BEVORDER AS OM DIT ORAL TE VERGROOT EN ORAL TE MOAN DAAROOR. DIT BRING JOU NÊRENS. DIT HOU DIE KOLLIG OP RASSISME. DIT SAL BAIE HELP AS JY NET OPHOU REAGEER. IMAGINE AS ONSKULDIGE AUSTRALIËRS MENSE “MATE” NOEM??? GET OFF YOUR HIGH HORSE. HE WAS WRONG. YOUR RETALIATION MADE NOTHING BETTER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.