Oud-Proteaspeler hoop aanrandingsklag sal teruggetrek word

Argieffoto

Argieffoto

Thami Tsolekile, voormalige Proteas-krieketspeler, gaan die staat versoek om ʼn aanklag van aanranding teen hom terug te trek.

Tsolekile het Maandag in die Goodwood-distrikshof voor landdros Sean Lea verskyn, nadat hy op 8 September in hegtenis geneem is.

Staatsaanklaer Moosa Adonis voer aan Tsolekile het, die dag voor sy inhegtenisneming, die tienerseun se bors gegryp en hom deur die gesig geklap.

Adv. Mafu Masina, vir Tsolekile, het aan die hof gesê hy sal namens sy kliënt geskrewe vertoë by die Wes-Kaapse direktoraat vir openbare vervolging indien, dat die aanklag teruggetrek moet word. Dit is nie duidelik watter redes aangevoer sal word nie.

Die saak is tot 30 November uitgestel vir die uitslag van die vertoë.

Lees alle vorige berigte oor Thami Tsolekile op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alida ·

Bekende sportmanne dink gans te veel van hulleself. Straf hom.

Scalla ·

Onbekend aan my, as ek sy naam weer lees,sal dit die 2 de keer wees wat ek van hom hoor.

Nonnie ·

Wat anders moes hy doen? As ‘n skoolkind my ongevraagd vloek en my voertuig met klippe gooi, gaan my eerste gedagte ook wees om hom na die skoolhoof te neem! As ek reg onthou, het dit by die skool gebeur. Die kind is nie aangerand soos hy beweer nie. Dalk ‘n kwessie van ouers wat hul bloedjie wil beskerm en dink hul kan ‘n paar rand maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.