Oud-Proteaspeler rand glo tiener aan

krieketDie Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van aanranding teen ʼn voormalige Protea-krieketspeler ná ʼn beweerde onderonsie met ʼn tienerseun in Kaapstad vroeër die week.

EWN berig die beweerde aanranding deur die 35-jarige bekende speler, wie se naam nie genoem mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, het glo Woensdag in Pinelands plaasgevind.

Die seun se suster het aan EWN gesê die voorval het buite sy skool plaasgevind. Hy en sy vriende het glo buite die skool “rondgespeel” en op verbygaande voertuie geskreeu. Die seun beweer die speler het stilgehou, die seun aangerand en in sy motor in gedwing waarna hy ʼn paar minute met hom rondgery en hom verder geklap het. Hy het die seun weer by die skool afgelaai en sy nommer by ʼn onderwyser gelos. Die seun het glo geringe beserings aan sy gesig opgedoen.

Die speler het die aantyging aan EWN ontken. Hy het gesê hy was saam met sy kinders en het die seun na sy hoërskool geneem om hom daar aan te kla aangesien die seun hom glo gevloek en klein klippe na sy motor gegooi het.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat ʼn aanrandingsaak ondersoek word. “Volgens berigte het ʼn 14-jarige ʼn aanklag aanhangig gemaak en dit word ondersoek,” het sy gesê. “Die 35-jarige verdagte is gemaan om op 13 September in die hof te verskyn.”

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sê net ·

Ek het ook ondeevindong van “kinders” wat “speel” en my vloek, vingertekens wys en klippe na my voertuig gooi. Veertien jariges is nie meer klein nie en ken die verskil tussen reg en verkeerd. (Hoop mie dit word DALK weer ‘n rassekwessie nie). Die seun en sy maats behoort ook aangekla te word vir beskadiging van privaat eiendom en crimen injuria. Die skool behoort ook op te tree teen hulle. Nou “kleinerige” klippe volgende keer ‘n baksteen wat iemand se dood kan veroorsaak. Klipgooiery en brandstigting behoort swaar gestraf te word. Begin by die jonges dan sal hul 2 keer dink wanneer hul ouer is voordat hul aanjaag en dit “speletjies” noem.

Cecilia Behrens ·

Ek dink hierdie manne is keelvol vir hierdie seuns wat maak wat hulle wil en weet dat hulle onaantasbaar is,dus het hy hom opgelaai en hom moontlik met hom gaan praat en n warm hou op 2 gegee……was dit in my tyd,sou ons beslis baie slegter daarvan afgekom het. Hier is geen wet en orde in hierdie land,daarom gebeur hierdie goed.Die slagoffer kry die blaam en moet boet vir daardie seun se dade.DIT WERK NIE SO NIE!!!! Wanneer gaan hierdie seuns,wat net meer en meer hierdie uitdagende speletjie speel,getug word……….wie het n antwoord vir my……

My opinie ·

Veertien jariges is oud genoeg om die gevolge van hul dade te dra. Hoekom moet belhamels altyd oorgesien word? Neem ‘n selfoon foto van die skuldiges, lê ‘n klag by SAPD en die skool en stel ‘n siviele eis teen die ouers in.

Columbiana ·

Opinie alles wat jy sê is 100% reg. Sien logiese denke. Nie slaan die kind nie. Logiese denke neem foto van hom gaan lê ‘n klag. Nie klap die wit waks uit hom uit sleep hom in jou kar en ry rond met hom nie.

Cecilia Behrens ·

100% reg.Kom en gee jou n brief,daar gaan niks aan gedoen word nie,want anders sou ons land wet en orde gehandhaaf het.Dit gebeur wanneer die publiek keelvol is en reg in eie hande neem en hom sommer namens sy ouers tug.
Dit is hoe hierdie dinge gebeur…….kla sal jou net mooi niks help nie. In my tyd sou daardie oom my by my ouers se huis gaan aflaai het en my velle sou gewaai het en my ore sou oopgegaan nie…..dit gebeur nie meer vandag nie.Ons mag mos nie meer ons eie kinders tug nie.
Wel ek vertrou hy gaan nou sy ore oopmaak indien nie,sal dit vir hom n aanmoedinging wees om net meer waarhalsiger te word.
Dis hoe dit werk.

Naas Vermaak ·

Maroela Media is ook te blameer. Sensasie oor Proteakrieketspeler se gevolglike reaksie net om ons te prikkel om die berig te lees en eintlik die kind se gedrag kondoneer en die krieketspeler die boef maak. Opskrif moes eintlik gewees het “Jeugboef teister Protea-krieketspeler”…baie ouers leef in ‘n droomwereld dat hulle kinders engeltjies is…glad nie meer so nie….selfrespek bestaan glad nie meer nie.

Johann Marx ·

Nee wat, nie nodig om die seuntjie by te kom nie…..As enige minderjarige kind klippe na my R1miljoen+ kar gooi….gaan die pa en ma hulle huis verloor om my herstelkoste te betaal….dan sal hulle sommer self hulle telg uitsorteer…

Columbiana ·

Johann Marx well said!!! Vergeet van geslanery. Straf boetie anders. Vat sy sakgeld laat hom in die tuin werk tot afbetaal. Hou jou hande tuis!

Hannelie ·

Daar stem ek saam met jou Johann. Ek dink die kind moet elk geval ‘n les geleer word. Hy is groot genoeg om snaaks te wees…duidelik niks maniere. As ek die krieketspeler is kry ek goeie prokureur en maak ‘n saak. Dis omdat vandag se kinders geleer word JY MAG NIE AAN MY SLAAN NIE. Maar ek as kind het nou die hef in die hand. Dank die vader ons kinders is op die regte manier groot gemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.