Oud-Proteaspeler vandag in hof vir ‘aanranding’ van tiener

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige Protea-krieketspeler verskyn na verwagting Dinsdag in die Goodwood-landdroshof ná ʼn beweerde onderonsie met ʼn tienerseun in Kaapstad verlede week.

Maroela Media het vroeër berig die beweerde aanranding deur die 35-jarige bekende speler, wie se naam nie genoem mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, het glo Woensdag in Pinelands plaasgevind.

Die seun se suster het aan EWN gesê die voorval het buite sy skool plaasgevind. Hy en sy vriende het glo buite die skool “rondgespeel” en op verbygaande voertuie geskreeu. Die seun beweer die speler het stilgehou, die seun aangerand en in sy motor in gedwing waarna hy ʼn paar minute met hom rondgery en hom verder geklap het. Hy het die seun weer by die skool afgelaai en sy nommer by ʼn onderwyser gelos. Die seun het glo geringe beserings aan sy gesig opgedoen.

Die speler het egter die aantyging ontken. Hy het gesê hy was saam met sy kinders en het die seun na sy hoërskool geneem om hom daar aan te kla aangesien die seun hom glo gevloek en klein klippe na sy motor gegooi het.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn aanrandingsaak ondersoek word. “Volgens berigte het ʼn 14-jarige ʼn aanklag aanhangig gemaak en dit word ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

juff ·

Dit is hoe dit in ons land gaan wat kinders het nie Respek meer vir groot mense nie.ek praat van ondervinding ek gee klas aan kleuterskool kids en kind van 5 my al met n vuis geslaan omrede ek hom Na time out stoel gestuur het.

Willie ·

Ja nee kyk vanadg se kinders het geen maniere nie.. Is verhewe bo dissipline en respek. Ek is baie bly ek is nie n onderwyser in die tyd nie, my aanklag sal baie erger wees. Kyk maar ne hoe jag die bedorwe seuntjies met karre rond wat Pappie vir hulle gekoop het. Volgend die betrokke ouers is die seun altyd so besadig en verantwoordelik…

lettie ·

Ek sien swarigheid vir ons jeug vorentoe. N Generasie arrogante snippe wie nie verantwoordelikheid wil neem vir hul dade nie – is ons toekomstige leiers. Wie moet ons bedank? Die ouers wie sulke ongemanierde kinders het.

kinders ·

Miskien moet julle nie veralgemeen met vandag se kinders nie. Ek het vandag se kinders in die wereld ingebring. Ek het hulle geleer wat respek is! Ek het hulle maniere geleer! Miskien is die problem vandag se ouers wat kinders nie kan beheer nie, wat alles toe laat of wat ook al! Ja daar is kinders wat onmoontlik is en verkeerde goed doen, maar wragtie nie alle kinders nie!!
Se net!

Stem ·

Ek stem saam daar is nog gemanierde kinders, maar ek moet ook saam stem dat die oormeerderheid so ongemanierd en sonder respek is, waar is die dae dat kinders stap verby n volwasse en se more oom of more tannie. Ek prober sover moontlik nog sulke waardes in my kinders in ploeg . Dis moeilik om kinders in vandag se lewe te he. Respek en waardes het sy voete verloor.

Kiepie ·

Hoor-hoor, Kinders!! Die probleem lê nie by vandag se kinders nie maar by vandag se ouers wat eerder sy bloedjie se pêl as sy opvoeder wil wees. En hierdie is ‘n sprekende voorbeeld. Kind vloek en gooi klippe na verbygaande motors (en lieg sommer oor die optrede van die motoris) en Mamma maak onmiddelik ‘n saak teen die persoon wat dit durf waag om haar kind aan te vat. Was beslis ‘n fout om die kind in sy kar te laai maar die feit bly staan die ouers stook hulle kinders in hulle kwaad.

Columbiana ·

Nee Kiepie as die kind verkeerd was laat hy betaal laat hy in ou se tuin werk sy kar was of wat ookal tot die “skade” aan die kar herstel is. Maar om die kind aan te rand en dan nog met him weg te ry is af. Dis eerder moontlik dat die krieket speler emosionele onstabiliteit gaan pleit om sy swak gedrag te regverdig

Snaaks ·

Wat vir my so erg is, is die feit dat die uitbeheer, bedorwe wrokkies, dan as ADA gedeagnoseer word… eerder as om dit op die ouers te blameer..

Columbiana ·

So wat julle sê is dit was reg vir die man om die kind in die gesig te slaan sodat hy later merke aan sy gesig gehad het?
Dit was ook reg vir hom om die kind in die kar te dwing en weg te ry met hom?
Dit alles dra by tot dissipline? Regtig hoe seker is julle daarvan? Kom ons kyk of die hof saamstem

Absolutely ·

Absolutely Vic, ek stem. Die hof moet maar eers na albei se stories kyk. Ek kies nie kant, maar wie sal nou met n kind rondry en hom klap. As jy jou vererg het, voeter jy hom klaar, dit laat my wonder watter dele van wat die kind sê is waar. Van klippies gooi, kom bakstene deur voorruite en dan sterf mense, verder is dit tipies seunskind, hul probeer en jy tug en siedaar n sterk persoon volwassene.

Anne ·

Party van die kinders se taalgebruik en maniere laat regtig veel te wense oor. Wonder net indien hy wel die motor sou raak gooi met ‘n klip of sy ouers die skade sou betaal.

SkarrelKind ·

Columbiana, ek dink nie enige iemand sê dat die krieketspeler korrek opgetree het nie, maar eerder dat ouers en kinders glad nie verantwoordelikheid neem nie, en mekaar blameer of as iemand hulle kind aanvat oor iets, dadelik sosiale media of prokureur toe hardloop, in plaas van om die feite te kry en die kind te straf as hy/sy skuldig is.

Spree kdie krieketspeler aan, maar laat die kind as daar wel merkies aan sy kar is, daarvoor werk/betaal/gestraf word.
Dit kweek mos net volwasse, ongevoede mense wat leer van verantwoordelikheid, dan nie?

Columbiana ·

Volgens ander nuus bronne is die krieketspeler geskors agv “match fixing”. Duidelik is hy een wat nie ontsag het vir die reels nie. Volgens ander nuus netwerke het hu ook mense rondgeruk to hulle probeer keer het. Jammer maar hy klink nie vir my na ‘n stand up guy nie eerder na a rampokker homself?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.