Oud-Puk-prof sterf op 91

Dr. Theuns Eloff en sy pa, prof. Daan Eloff

Prof. Daan Eloff, jare lank dosent in maatskaplike werk aan die destydse Potchefstroom Universiteit, is in die ouderdom van 91 oorlede.

Een van Eloff se kleindogters, wat verkies om anoniem te bly, het aan Maroela Media gesê haar oupa is Vrydagaand by sy huis in ʼn kleinhoewe in die Krugersdorp-omgewing aan natuurlike oorsake dood.

Eloff en sy vrou, Cila (86), het die afgelope tyd by een van hul vier seuns, Casper en sy vrou Leenster, gewoon wat na hulle omgesien het. Eloff se oudste seun is dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit en huidige uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting en nie-uitvoerende voorsitter van die genoteerde pluimveegroep Astral.

Sy kleinkinders onthou hom as iemand wat ʼn groot passie vir die lewe gehad het. “Hy was nooit bang om goed te doen wat hy geniet het nie. Hy het almal verbaas met sy vernuf om Tswana te praat en het alles wat hy vertel het met oorgawe beduie. Hy het ʼn goeie sin vir humor gehad. Daar was altyd ʼn gelag in sy huis, hoewel hy ook baie kwaai en streng kon wees. Hy het ʼn goeie sin vir regverdigheid gehad en al sy kinders gelyk behandel,” het sy kleindogter gesê.

Eloff laat sy vrou, vier seuns – Theuns, Casper, Daan en Bosman – en dogter, Marietjie van der Merwe, agter. Hy het ook talle kleinkinders en agterkleinkinders.

Eloff se gedenkdiens vind Donderdag om 11:00 in die Gereformeerde Kerk Krugersdorp plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oud puk ·

Ek het Prof Daan nooit geken nie want hy was lank voor my ted daar maar wat ek baie goed weet is dat hy n baie sterk universiteit help bou het, baie dankie daarvoor. Baie sterkte aan sy familie.

Elsa ·

Weereens ‘n bewys dat lag jou lewensjare seen…gebedes is om die famielie

Hennie en Reina Labuschagne Boknesstrand ·

Aan die hele Eloff-gesin ons innige meegevoel. Mag julle ryklike vertroos word deur ons Hemelse Vader. Groete Hennie en Reina Labuschagne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.