Oud-raadslid gevonnis ná sameswering om premier se dood

hof-hamer

Argieffoto.

Eunice Legalatladi, ʼn voormalige munsipale raadslid van Mahikeng, is Maandag in die Lehurutshe-streekhof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan sameswering om Supra Mahumapelo, premier van die Noordwes, dood te maak.

Die Valke het Legalatladi (44) in 2014 buite Zeerust in hegtenis geneem nadat sy die hulp van ʼn sogenaamde tradisionele geneser gevra het om Mahumapelo, wat ook die provinsiale voorsitter van die ANC in Noordwes is, dood te maak.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê sy is in Januarie verlede jaar op R3 000 borgtog vrygelaat waarna sy verskeie verskynings in die hof gemaak het.

Mahumapelo het vroeër aan die ANC se provinsiale algemene raad gesê hy weet van minstens nege mense wat hom dood wil hê.

Dit volg kort nadat ʼn man in Augustus vanjaar ook in hegtenis geneem is in verband met SMS-doodsdreigemente wat aan Mahumapelo gestuur is. Mahumapelo het ’n saak van intimidasie aanhangig gemaak nadat hy doodsdreigemente op sy selfoon ontvang het. Die verdagte is deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) in Noordwes vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

5 jaar vir sameswering om moord te pleeg ! ? 11 en 14 jaar om die klaer volgens die regter se bevinding bang te maak. Na aanleiding van haar verwysing na vorige gevalle waarby die beskuldigdes na bewering ook betrokke was. Die persone wat wil he die doodstraf moet weer ingestel word onder die huidige bestel moet weer daaroor dink.
(Andre)

Ek ·

Mag ek vra waarom hierdie vrou wat skuldig brvind is aan sameswering om moord te pleeg net 5 jaar tronkstraf kry, maar die doodskis 2 wat ‘n rower nrt wou afskrik kry baie swaarder vonnisse. Dit maak geen sin

E ·

Sameswering tot moord = 5jaar.
Doodskis video = 14jaar.

Wat n klug. Dis om van naar te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.