Oud-rugbyspeler skiet homself terwyl hy ry

Barend Britz saam met sy vrou, Jana, en kinders, Barnie en Jané. Foto: Facebook.

Barend Britz saam met sy vrou, Jana, en kinders, Barnie en Jané. Foto: Facebook.

Barend (Banie) Britz, ʼn voormalige rugbyspeler van Noord-Vrystaat, het homself Donderdag, twee dae ná sy 45ste verjaardag, geskiet terwyl hy in sy bakkie gery het.

Britz, ʼn bekende en geliefde sakeman van Bloemfontein, besit ʼn vulstasie in Welkom en was glo vanoggend daarheen op pad toe hy homself geskiet het.

“Hy ry omtrent twee keer per week deur om te gaan kyk of alles nog in orde is by die vulstasie,” het sy suster, Mandie Jakobs, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Hy oornag gewoonlik by my en my ma as hy van Bloemfontein af deurkom.” Jakobs is ʼn luitenant van die Welkom-polisiestasie.

Daar word vermoed dat Britz homself omstreeks 07:00 op die Bultfontein-pad (R710) in die kop geskiet het. Sy bakkie, ʼn wit Corsa, het daarna die pad verlaat en verskeie kere gerol.

Jakobs is van die ongeluk in kennis gestel en het na die toneel gehaas, sowat 50 km buite Welkom. “Hy het nog gelewe toe ek daar aankom,” het sy gesê. “Paramedici het hom na die Mediclinic Welkom geneem waar hy omstreeks 10:00 dood is.” Hy het erge hoofbeserings weens die skoot en ongeluk opgedoen.

Sy het gesê sy dood is ʼn groot skok vir almal en niemand het onraad vermoed nie. “Sover ons kan agterkom het hy nie enige notas agtergelaat nie. Sy vrou (Jana) moet egter nog deur sy goedjies gaan.”

Jakobs beskryf haar broer as ʼn baie liefdevolle mens wat uit sy pad gegaan het om enigiemand te help. “Hy was lief vir almal en almal was lief vir hom. Hy was glad nie ʼn moeilike mens nie en was omtrent by alles betrokke, van sy kerk tot by sport. Hy was mal oor rugby en baie goed in enige sport.” Brits het voluit vir sy gesin en twee kinders, Barnie (11) en Jané (13), gelewe. Hy sal ook onthou word as ʼn man wat vrolik en vol grappies was.

Britz het in die 1980’s as senter vir Noord-Vrystaat uitgedraf. Hy is die voormalige Springbok Wynand Olivier, se oom.

Sy begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Lebo Lechesa, ʼn woordvoerder van die Welkom-polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “ʼn Saak van ʼn onnatuurlike dood is aanhangig gemaak en word ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Help! ·

“Barnie het voluit vir sy gesin geleef”.

Sal iemand my help? Watse deel van “voluit leef” verstaan ek nie? Hy het dan sy eie lewe geëindig.

Oubasie ·

Jou boodskap van medelye aan die gesin en diep bedroefde familie sal waardeer word.

Delia ·

Stem saam Oubasie….klink vir my baie na ‘n ongevoelige persoon, so moenie medelye van hom/haar verwag nie.
Baie tragies en niemand sal weet wat daartoe aanleiding gegee het nie….sterkte aan die familie en vriende van Barnie, mag julle krag van Bo ontvang.

Thomas ·

Dis dalk net onsensitiewe mense soos jy wat tot die besluit gelei het… Mag jy gespaar word van sulke hartseer wat ons nie verstaan nie!

Oubasie ·

Baie sterkte aan elke persoon, hetsy familie, vriende, en kennisse hierdeur geraak.

Elizabeth ·

@Help! Jy het die regte skuilnaam gekies – jy het hulp nodig! Skaam jou vir sulke onsensitiewe kommentaar. As jy nie iets goeds/ordentliks kan sê/skryf gaan verby! Sterkte vir die familie en vriende in hierdie moeilike tyd!

Help! ·

Nou verstaan julle my totaal verkeerd. My kommentaar sê nie dat ek nie medelye het nie. Inteendeel voel ek báie jammer vir die wat hy agtergelaat het. Ek verstaan net nie die begrip “voluit geleef ” as jy jou eie lewe neem nie.

Soos ek “voluit leef” verstaan, leef jy totdat jy weggeneem is, sonder jou eie toedoen.

Elizabeth ·

@Help – nee wat, los maar die vrae, dis ‘n hartseer en sensitiewe saak en beslis het die man volgens alle vriende/familie voluit gelewe – let wel, GElewe. Help dit?? En as jy nie in iemand se skoene gestap het (elke liewe dag nie) sal jy nooit verstaan hoekom hy gevoel het soos hy voel en gedoen het wat hy gedoen het nie. Mens moet mooi dink voor mens kommentaar lewer wat deur familie/vriende in hierdie hartseer tyd mag gelees word en die rou wonde net dieper krap.

Help! ·

Goed, ek verstaan. Ek het die verkeerde platform gekies vir die vraag. Dit was nie my bedoeling nie. Jammer.

Sterkte aan almal wat deur die tragedie geraak word.

EMK ·

@Help! Reg so, minstens erken jy dat jy onsensitief was. Onthou maar altyd van die familie mag hier lees en hoe voel hulle? Verder kan mens nie vinger wys of oordeel as mens nie self daar was nie … moontlike depressie (ek weet nie, maar in baie gevalle die oorsaak) is so ‘n erge siekte van ons tyd dat mense nie reageer soos mens dink hulle sal nie. Selfs die vrolikste mense wat almal net ken as gaaf kan heeltemal kop verloor as hulle daaraan ly. Ek is bly dat jy insien jy was verkeerd, almal maak foute en dis groots om te erken as mens doen

Shannon ·

Die koor hier verkies dat geen stemme indruis teen die koor nie. Logika laat die skynheillge wierook stink.
Skiet gebedjies is egter welkom.
O vrek, hier kom die sensor.

EMK ·

@Shannon – ja jy is al bekend daarvoor dat jy net altyd snedige goed kwytraak. Kry tog ‘n stokperdjie man, of weet jy wat, doen so bietjie welsyn werk sommer so by jouself, dan sal jy dadelik sien jou gedagtes verander na meer positiewe denke. Dis soveel makliker om net NICE te wees!

BR de Witt ·

Ja , soos twee se stemme hierdie kant van die Jordaan , Joshua en Kaleb , toe wil die meerderheid standpunt hulle stenig . Numeri_13:32 ” So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n land wat sy inwoners verteer; ” Was die meerderheid al ooit’ reg? Skerp seding van die logika , moet hom onthou .

Elfie ·

@Shannon – leer miskien eers spel (skietgebedjies = een woord!) en so aan, dan kan jy jou mond hier kom uitspoel.

Sollie ·

@Shannon: Party mense (soos jy bv) probeer hard om kontroversiëel te wees deur ondeurdagte kommentaar te lewer. Die reaksie wat hul daarop kry is gewoonlik die enigste aandag wat hul ooit kry!

Ronel ·

Ons enige simpatie met die Britz-familie, Barnie rus nou by Sy Hemelse Vader, Mense asb moenie dinge moeilik maak nie. Net hy sal weet hoekom hy dit gedoen het, ons kan hom nie oordeel nie, ons is nie bevoeg om te oordeel ni net die Here kan oordeel.

SY de Wet ·

Yes Hanno . Die volgende is slegs my reaksie op party menings en nie die berig nie . As ek die skuldige onskuldig verklaar oordeel ek ! As ek onbevoeg is om te oordeel ,moet ek ek liewer nie n motor bestuur nie .. Om sosiaal aanvaarbaar te wees is alles en almal nou onskuldig en wil ons so op die regterstoel van God sit , maar ons aanvaar die uitspraak van Rome as regverdig, want dit is vir ons sosiaal aanvaarbaar en is “officially certified” by Rome . Handelinge 12:22 ” Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie! ” Hier het jy darem n gewilde man met n uitspraak soos die’ .en n uitspraak wat nie in verset wil kom teen die die publieke mening nie – Joh 19:12″ Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. “

Dewald ·

Het iemand al oorweeg dat hy homself dalk per ongeluk geskiet het…ek het jare gelede ń man ontmoet wat ń skiet ongeluk met sy 9mm gehad en dit oorleef het; die koeël is deur sy kakebeen….hy het al sy dae gehad om die dokters te oortuig dat hy rêrig nie probeer selfmoord pleeg het nie!

Cara Vermaak ·

Dewald ek stem saam met jou, hoekom ry en skiet? Ek dink hy het sy geweer miskien uit die skuilplek gehaal om seker te maak dit is daar en toe gebeur die ongeluk. Ek dink nie enige reg denkend mens sal himself doelbewus skiet terwyl hy ry nie, dit gaan mos ander mense se lewens ook in gevaar stel.

En soos die beskrywing se hy was a goeie mens, nee, hierdie is nie selfmoord nie, hierdie is net ‘n stupid ongeluk.

Mag sy familie en vriende vrede vind.

Dalleentjie ·

Sterkte aan die familie. My Pa het homself ook geskiet. Vir ons was daar geen briefies nie. Na die tyd het ons ons vermoedens dat hy dit eintlik al ‘n ruk beplan het. Maar niemand verwag ooit so iets nie. Mens wonder net of daar dan nie ‘n ander uitweg was nie. (In ons geval, my Pa was lank baie siek. Daar was geen hoop van beterskap nie – net erger en erger siek.)

yolanda ·

dit was dalk n ongeluk,,,,,, dat hy sy pistol net wou uithaal,, en toe gaan daar n skoot af,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.