Oud-SAID-werker gevonnis vir bedrog en korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

Engelbertus Petrus Meyer (55) is Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op drie aanklagte van bedrog en een van korrupsie.

“Meyer, ʼn voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het tussen 2007 en 2011 ʼn voormalige vuurwapenhandelaar van Port Elizabeth, Arthur Webb (45), bygestaan om vervalste BTW-opgawes in te dien,” het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die SAID het gevolglik R4,1 miljoen aan Webb uitbetaal.”

Die handelsmisdaadeenheid van die Valke het Meyer en Webb gedurende Mei 2013 in hegtenis geneem. Webb is in 2015 voor dieselfde hof ook tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van bedrog en een van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gys ·

Ja Joann, dit maak ook nie vir my sin nie. Die les wat ons hieruit leer, is dat dit beter is om iemand te vermoor, maar moet tog net nie van die staat steel nie.

Santie ·

Verbeel ek my of word slegs wit mense se name genoem as daar iets gebeur? Verkragters of moordenaars sal nie by die naam genoem word nie tensy hy/sy wit is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.