“Meyer, ʼn voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het tussen 2007 en 2011 ʼn voormalige vuurwapenhandelaar van Port Elizabeth, Arthur Webb (45), bygestaan om vervalste BTW-opgawes in te dien,” het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die SAID het gevolglik R4,1 miljoen aan Webb uitbetaal.”
Die handelsmisdaadeenheid van die Valke het Meyer en Webb gedurende Mei 2013 in hegtenis geneem. Webb is in 2015 voor dieselfde hof ook tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van bedrog en een van korrupsie.
15jr,vir korrupsie,6jr.vir moord.
Ja Joann, dit maak ook nie vir my sin nie. Die les wat ons hieruit leer, is dat dit beter is om iemand te vermoor, maar moet tog net nie van die staat steel nie.
Mens kry soveel geregtigheid soos jy kan bekostig.
Moet tog nie iets kwyt raak oor die regstelsel nie.
Engelbertus is nie ‘n engel . . .
Wat jy saai sal jy maai.
Verbeel ek my of word slegs wit mense se name genoem as daar iets gebeur? Verkragters of moordenaars sal nie by die naam genoem word nie tensy hy/sy wit is?