Oud-SAID-werknemer gevonnis vir bedrog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat terugbetalings wat vir belastingbetalers bedoel was, in sy eie rekening inbetaal het, is Donderdag gevonnis.

Bernard Hendricks (36) het in die Bellville-streekshof voor landdros Nomawethu Saba verskyn, wat hom tot vier jaar tronkstraf gevonnis het op vier aanklagte van bedrog.

Sy het gesê tronkstraf, wat in sy geheel opgeskort word op voorwaarde dat hy die gesteelde geld terugbetaal soos wat sy prokureur, advokaat Albert Bluhm, voorgestel het, neem nie die erns van die oortredings in ag nie.

Hendricks het boonop sy werk verloor en is tans werkloos met geen inkomste om die geld terug te betaal nie, het Saba bygevoeg.

Sy het gesê tronkstraf, soos staatsaanklaer Wimpie Els voorgestel het, sal die regte boodskap aan die gemeenskap stuur, en veral na persone wat soortgelyke oortredings in gedagte het.

“Jy is werkloos, so ek weet nie hoe jy van plan is om die SAID te vergoed vir die verliese nie,” het Saba aan Hendricks gesê. Sy het gesê Hendricks het skuld bly ontken, en dit dui op ʼn gebrek aan berou.

Die landdros het gesê Hendricks het sy posisie misbruik en toe hy uitgevang is, het hy voldoende geleenthede gehad om met die sak patats vorendag te kom. Hy het egter volgehou hy is onskuldig. “Maak nie saak hoe min jy as ʼn belastingagent verdien het nie. Jy het ʼn werk gehad en was in ʼn vertrouensposisie.”

Die saak het gevolg nadat vier belastingbetalers navraag gedoen het oor hul assesserings vir die jaar 2010. Hendricks het hul besonderhede neergeskryf en ʼn kollega se geheime pinkode gebruik om toegang te bekom tot die vier slagoffers se profiele. Dié pinkode het hom in staat gestel om die slagoffers se bankbesonderhede te verander, en die belastingterugbetalings, ter waarde van R50 783, in sy eie bankrekening te laat inbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

popeye ·

Ek wag nou al 2 jaar vir die vorige 2 jare se opgawes wat konsuis vir audit gestuur is om te betaal…..kan dit wees….

Piet Pompies ·

Ons het uitstekende diens van SARS ontvang, ek het Maandag hierdie week my persoonlike belasting via eFiling ingedien en Donderdag oggend is die geld aan my verskuldig in my rekening inbetaal.

Johanna Botha ·

Wag ook al maande vir VAT gelde wat nie terugbelaal word nie …wat gaan aan ?

Pestoutie ·

SARS was ook vat gelde aan ons verskuldig vir ons besigheid ons het ‘n jaar lank gesukkel om dit te kry en moes eers ‘n prokureur kry wat stappe teen SARS geneem het voor dit aan ons uitbetaal is en dit minder as 10 dae voor die saak in die hof sou voorkom. Wys jou net dat jy moet prokureurs kry en betaal met jou geld om jou geld vanaf SARS terug te kry. Belaglik….

Alida ·

Daar word van my verwag om opgawes in te dien van 1991 af. 25 jaar! Belaglik. Ek moet dit eers doen voor ek my terugbetaling gaan kry. Genade wie is nie skelm nie. Dis walglik. Toe Trevor Manuel die hoof was was daar geen probleme nie!Ek hoop hulle trek almal vas wat so steel.

Lola ·

Alida het jy ‘n inkomste gehad en nie opgawes ingedien vir die laaste 25 jaar nie? Oepsie……

snoefie ·

hulle wil n voorbeeld maak? begin by nammawan. daar is oorsaak genoeg.

Sue ·

Ek wil graag weet hoekom daar nie gewys word wie die skelms is nie. As jy Maroela lees elke dag is daar 60% fotos van blankes. As daar van hulle gepraat word is dit meestal argief foto’s.

Alida ·

Lola ek het ‘n klein inkomste gehad maar het nie nodig gehad om ‘n opgawe in te dien nie. Ek het 25 jaar se IRP’s persoonlik gaan indien op 2 August 2016. Maar 3 jaar gelede het ek ‘n terugbetaling gekry – toe het hulle nie ‘n probleem gehad met 25 jaar se opgawes nie. Indien jy die antwoord het gee dit asb vir my.

Leon ·

Maar net nog een van hulle! My seun sukkel al byna drie jaar om sy belasting in Johannesburg uit te sorteer, en dit was een van die redes wat hulle bevind het………regstellende uitbetalings. Hy het nou al drie belasting nommers, en nog steeds kry hy GEEN hulp van senior amptenare nie. Elke keer is hy op die “hulp” van die “sit-en-wag-in-die-ry” brigade. Pateties!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.