Oud-SAner nou Mej. Ierland

Pamela Uba is Sondag as Mej. Ierland gekroon. (Foto: Pamela Uba/Instagram)

’n Oud-Suid-Afrikaner het Sondag geskiedenis gemaak toe sy as die eerste swart Mej. Ierland gekroon is.

Pamela Uba (26) is die eerste swart vrou om met die kroon sedert die skoonheidskompetisie se ontstaan in 1947 weg te stap.

Uba, nou ’n mediese wetenskaplike in die Ierse stad Galway, het op sewejarige ouderdom saam met haar gesin van Johannesburg na Ierland verhuis met die hoop op ’n beter lewe.

“Uba het ná haar kroning aan Irish Times gesê sy dink dit was “vreemd” dat sy destyds by haar aankoms in Ierland “nie geweerskote gehoor het nie”.

Uba het ook vertel dat sy bewoë was toe sy uiteindelik haar Ierse paspoort ontvang het.

“Dit beteken so baie vir my,” het Uba oor haar kroning gesê. “Ek is so dankbaar dat ek vir meisies kan wys dat dit [kleur] nie iets is wat jou terughou nie, en dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie.”

The New York Post berig Uba het aanvanklik eers in Dublin gewoon voordat sy na die Ierse stad Ballyhaunis in die graafskap Mayo verhuis het. Hier het sy tien jaar saam met haar ma en broers en susters gewoon voordat sy haar in Galway gevestig en verlede jaar as Mej. Galway gekroon is.

Uba sal nou Ierland in Desember by die 70ste Mej. Wêreld-kompetisie in Puerto Rico verteenwoordig.

“Ek kan nie eens beskryf hoe opgewonde ek is om my land op so ʼn groot platform te verteenwoordig nie. Ek kan nie wag nie.”

Uba beoog om haar titel as Mej. Ierland te gebruik om ʼn meer diverse prentjie van Ierland aan die wêreld voor te stel. “Ek het rassisme beleef en dit is aaklig om mense te hoor sê dat ek moet teruggaan na my land as ek so hard gewerk het om Ierland my tuiste te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jaco ·

Ek wens ek kan ook daar bly. Nie om Mnr Ierland te word nie. Net om weg te kom van:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Regstellende aksie en BEE
Plaasaanvalle en plaasmoorde
Min of geen munisipale dienslewering
Ens ens ens. My lys is eintlik BAIE lank

Sonia ·

ek stem saam en die mej Ierland sal natúúrlik
nie wil terugkom na die huidige SA nie! Terselfdertyd is Ierland ook maar nie sonder sy politieke probleme nie en het geweetskote ook maar tot onlangs daar geklap.

Hardekwas ·

Ek dink jy verwys na Noord Ierland, en nie Ierland nie.

groenboer ·

Vir meeste van ons wat enigsins nog hier is, is emigrasie nie ‘n opsie nie – ons is te oud en/of nie goed genoeg gekwalifiseer nie. Dalk moet ons almal maar meer ernstig kyk na die Orania-opsie, want dit behoort teen hierdie tyd duidelik te wees dat daar nie eintlik salf te smeer is aan hoofstroom-Suid-Afrika nie.

Hendrik ·

Nee wat ek bly lekker. Ek het eie krag , goeie munisipale dienslewering, goeie gemeenskap wat hard werk met veiligheid( lae misdaad koers), eiendom pryse baie skaflik, naby die mark/werk (30km).

Heinrich ·

Jip, dit wys dat talentvolle mense van alle rasse ‘n beter lewe elders soek terwyl ons agtergelaat word met ANC en EFF stemmers. Donker tye.

Agge nee ·

Voor 7 jaar al rassisme beleef? As my som reg is is jy in 1995 gebore, nadat die ANC in ‘n demokratiese verkiesing aan bewind gekom het, haai oe, jy is darem mooi, al jok jy so ‘n bietjie. Wens ek kon ook in Ierland gaan bly het, maar ‘dit’ hou my terug.

Misky ·

My ook dadelik opgeval en die som gaan maak. Party spring saam op die ‘wa’ net omdat hulle kan en aandag soek

Michele ·

Dalk die berig net weer mooi lees. Nerens het sy gese sy het dit in SA beleef nie… “Ek het rassisme beleef en dit is aaklig om mense te hoor sê dat ek moet teruggaan na my land as ek so hard gewerk het om Ierland my tuiste te maak.”

Agge nee ·

Nee, ek is seker dat sy bedoel het dat sy nie na die aaklige RSA en rassisme kan teruggaan. Nêrens in die wêreld bestaan rassisme nie, net in Suid Afrika. As daar in VSA, UK, ens, ens groot rassisme plaasvind dan is dit niks. Net in Suid Afrika het ons dit mos ‘n naam Aaaapaathiiide (apartheid) gehad.

Elinette ·

Agge nee, laat ek jou sê – die meeste wat nou deesdae so maklik “dis rassisme!” skreeu, het nie ‘n ‘cooking clue’ wat rassisme regtig is nie. Ek, ‘n blanke vrou van in my 50’s, het nou die dag vir die eerste keer geleer dat Indiërs gedurende Apartheidsjare GLAD NIE deur die OVS mag gereis het nie; indien hulle wou, moes hulle aansoek doen vir ‘n eendaagse reispas en dan moes hulle ook deurry en klaar kry – hulle mag nie oorgebly het nie.

Nou ja, jou somme maak sin. Sy is in 1995 gebore, sowat 1 jaar nadat die ANC die sg. “eerste demokratiese” verkiesing in 1994 gewen het. Nou ja, teen die tyd wat sy 7 was, het Apartheid al lankal tot sterwe gekom en was rassisme mos veronderstel om iets van die verlede te wees! Maar dan weet ons mos nou ook teen hierdie tyd: rassisme BESTAAN steeds – dis net omgedraaide swart-op-wit-rassisme deesdae …

Jean ·

So toe apartheid wegval in 1995 toe val rassisme vanself ook weg, rassisme is orals in ons land tot vandag nog,, wit op swart, swart op wit ens.

Kobie ·

Dink jy rassisme het het soos mis voor die son verdwyn na die verkiesing in ‘94? Dink weer..
As ek so na die kommentaar hier op Maroela kyk, kan ek jou waarborg dat rassisme nog ń groot rol speel in SA!

Martie Smartie ·

Ierland het seker ook maar sy regstellende beleid ne

Kobus ·

Waarom altyd ‘n bohaai maak oor kleur? “Eerste swart….” As jy genoeg is om te wen dan is jy goed daarvoor en klaar. Almal is gelyk ongeag jou kleur. Daar word nooit verwys na kleur indien iemand nie wen nie.

piet ·

As sy in SA gewen het, was sy ‘n kwota wen…al was sy die beste.

Hoekom ·

‘n Lewe sonder die ANC is ‘n beter lewe vir enige iemand…

Nancy ·

Baie geluk meisie jys pragtig. Ekt ook n suster in Ireland, Killarney, sal wat wou gee om ook die land te verlaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.