Oud-SAUK-hoës weier om met kommissie saam te werk

Hlaudi Motsoeneng (Foto: ANA)

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, en sy voormalige nuushoofde Simon Tebele en Jimi Matthews, het geweier om hul kant van die saak te stel tydens ʼn ondersoek wat redaksionele inmenging by die openbare uitsaaier ondersoek.

Die openbare uitsaaier het die verslag Maandag vrygestel ná ʼn jaar lange ondersoek.

“Dis belangrik om te noem dat die belangrikste rolspelers in hierdie drama, voormalige bedryfshoof Hlaudi Motsoeneng, waarnemende groepshoof Jimi Matthews en groepshoof vir nuus Simon Tebele, uitnodigings om hul kant van die saak te stel, van die hand gewys het. Hlaudi se regterhandman tydens die drama, Jimi Matthews, het telefonies aan ons gesê hy wil nie ‘die ergste tyd van sy lewe herleef nie’.

“Die man aan die ander kant van Hlaudi, Simon Tebele, het ook geweier om met die kommissie te praat. Hy het gesê hy was bang dat hy tereggestel sou word as hy sou praat. Hy het homself en sy gesin in sy huis toegesluit en is deurgaans onder veiligheidsbewaking. Hy het verwys na die moord van sy vriend en voormalige hoof van SAUK se regsdienste, Sizwe Vilakazi in November 2017 en hy glo Vilakazi is vermoor weens dinge wat hy tydens sy werk by die SAUK onthul het.

“Die polisie het nog nie Vilakazi se moord opgelos nie, so die kommissie is nie in ʼn posisie om uitspraak te lewer hieroor nie; maar dit is kommerwekkend dat ʼn voormalige hoof van die grootste nuusorganisasie in die land in vrees lewe en dit is nie maklik om sy paranoia te verwerp nie.”

Prokureurs wat Motsoeneng verteenwoordig, het aan die kommissie gesê die parlementêre ad hoc-komitee wat die SAUK ondersoek het, het nie hul kliënt die geleentheid gebied om sy saak te stel voor LP’s nie. Motsoeneng kon nie die waarde daarvan sien om aan die kommissie se ondersoek deel te neem nie, “aangesien dit die gevolg was van die verslag deur die ad hoc-komitee”, het sy prokureurs gesê.

Volgens die kommissie is dit egter ironies dat ʼn persoon “wat gesmeek het om gehoor te word, dink dit is logies dat hy nie deelneem nie en slegs alles ontken”. “Die kommissie wonder wat hy en sy regsadviseurs dink die waarde van sy ontkenning sal wees.”

Matthews het op 27 Junie 2016 op ʼn dramatiese wyse op Twitter bedank. “Die verskoning in sy Twitter-plasing is egter net leë woorde as hy kies om te swyg nou dat hy die kans gebied word om te praat sodat ons agter die kap van die byl kan kom.”

Motsoeneng, die voormalige minister van kommunikasie Faith Muthambi, en die raad word beskuldig vir die finansiële penarie van die SAUK toe hy aan die bestuur was. Motsoeneng, wat intussen ʼn politieke party op die been gebring het, het na bewering die SAUK roekeloos bestuur en homself binne 12 maande, terwyl hy bedryfshoof was, ʼn onreëlmatige 63% verhoging toegeken.

Die ondersoek, onder leiding van Joe Thloloe, uitvoerende direkteur van die Persraad, het bevind daar is ʼn atmosfeer van vrees en magsmisbruik by die uitsaaier en redaksionele invloed deur Muthambi, die voormalige SAUK-raad en Motsoeneng. Matthews en Tebele het die opdragte van die hoofde uitgevoer in nuuskamers oor sake soos redaksionele beleid en etiek.

Die Demokratiese Alliansie het gesê hy sal klagtes teen Muthambi aanhangig maak ná die bevindings aan die lig gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ja nee ·

Hoekom sal hulle saamwerk, ons almal ken die waarheid. Eskom skuld nie verniet biljoene nie.

Manie ·

Die een groter gemors as die ander een” bestuur”die korporasies. Eintlik is dit n skande dat sulke onbevoegde mense sulke poste aangebied word

colleen ·

Dit is net ‘n slim set om alles jare lank uit te rek en geld te mors.

PJ ·

Is dit nie tragies om te dink dat n kommissie saam gestel word om skurke te ondersoek en dan stel dai kommissie weer n kommissie aan om dai kommissie te ondersoek en nog n kommissie om weer vas te stel of dai kommissie wettig is om dai kommissie te ondersoek wat n gemors ? Waar is die dae toe jy skelm was en voor die hof gedaag is om te kom verduidelik en tronk toe as jy skuldig is soos Selebi gesè het “finish” en klaar

Julie Jansen van Rensburgk ·

Feit is – om dit ook in ‘n neutedop te stel – ons word nou deur breinlose skurke – met bitter minuitsonderings – sedert 1994 regeer – om die Engelse term te gebruik: “MISRULE” en as gevolg daarvan is die land nou in ‘n gemors…

SjN ·

Sal graag vir rooi oog die waarheid wil leer, hy sal dan mooi uitkyk op die lewe hê

maplotter ·

Die Guptas is nie dom nie, om hulself te bevorder het is die domste en mees arroganste persone aangestel in posisies van belang, ongelukkig het dit baie goed gewerk en tans beskerm hierdie dom mense net hul eie belange steeds ten koste van die land.

Gaitsigubib ·

Die SAUK was voor alle ander staatsinstellings oorhandig aan die ANC, op die selfde wyse wat die land aan die ANC oorhandig was. Ek het dit in 1989 ironies gevind dat dit blankes, kollegas en huisvriende was wat geskarrel het om poste waarin blankes was aan hul swart kollegas te oorhandig sonder dat iemand vooraf ingelig was. Die verraad deur hierdie sogenaamde vriende was nogal ‘n bitter pil om te sluk. Wat daarna gevolg het was nog meer skokkend. Bande was skelm opgeneem waar Pik Botha en kie onderhandel het om die land aan die ANC te oorhandig. Hierdie geheime bande betsaan vandag nog. Nadat daar op verskeie SAUK werknemers se telefone ingeluister was het ek besef dat die bestuur van die SAUK kop in een mus was met die ANC. Wie moet ons nou bedank vir hierdie gemors? Beslis die klomp wat die bal aan die rol gesit het in die 80’s. Ek hoop hulle is trots op hul handewerk.

BlinkStephaans ·

Dit was heeltemal tewagte… al sou khladi getuig kan niemand elkgeval een woord glo wat uit sy mond kom. Hy dink elkgeval hy het niks verkeerd gedoen… en sy jare by die sabc was die hoogtepunt in hul bestaan. Hy ag homself verhewe bo enigiets en het beslis n waansin/selfwaan/grootkop/narcis/eiedroomwêreld iets onder lede. Dit sal hof in en hof uit wees om hom te kry praat. Hy sal dodge solank hy kan… en so is dit maar met al die kommisies in ons land wat politieke wandade ondersoek. Almal whara-whara om die probleemkinders maar almal is te bang om aan een te vat en hom tot verantwoording te roep en straf uit te deel.

ne ·

Kommissie van ondersoek? Wie betaal hulle. Wat gebeur met die skuldiges? NET MOOI NIKS!! Piesang republiek, hulle is onaantasbaar.

Gert van Wierdapark ·

As jy op die Soustrein is, is daar nie tyd vir ander dinge wat jou oog van die bal mag afhaal nie!!

Grobler Steyn ·

Die werk wat grootste aanvraag het is ondersoeker letterlik alles word ondersoek met geen logiese verklaring en nuttelose dokument die voorspelbare uiteinde dissiplinêre stappe is n grap bv jy maak vuur by vlg workshop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.