Oud-skoolhoof in hof oor bedrog

Glenwood High School (Foto: GlenwoodHighSchool.co.za)

Glenwood High School (Foto: GlenwoodHighSchool.co.za)

Trevor Kershaw, die voormalige skoolhoof van een van Durban se top-skole, het Vrydag vlugtig in die Durbanse kommersiële handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog.

Volgens Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Kershaw na bewering 177 bedrieglike betalings ter waarde van R5 miljoen gemaak.

Die 55-jarige Kershaw, wat onlangs by Glenwood Boys High School bedank het, is vrygelaat op borgtog van R100 000 en aangesê om sy Suid-Afrikaanse en Britse paspoorte in te dien.

Ramkisson het gesê die hof het gehoor Kershaw word beskou as ʼn vlugrisiko, aangesien hy twee paspoorte het en hy onlangs sy huis in Westville te koop aangebied het.

Buiten die indien van sy paspoorte en R100 000 borgtog, moet Kershaw ook twee keer per week by Westville-polisiestasie aanmeld. Hy mag ook nie aansoek doen vir enige nuwe reisdokumente nie en hy mag nie sonder toestemming KwaZulu-Natal verlaat nie.

Die skool het ʼn kort verklaring op sy webwerf gepubliseer: “Dit is met misnoeë dat, nadat die skoolhoof sy plan bekend gemaak het om Glenwood High School tydens 2015 te verlaat om ander belange na te streef, en nadat hy sy bedanking by die departement van onderwys ingedien het, ʼn onverwante, vinnige oudit die moontlikheid aan die lig gebring het dat die skoolhoof dalk by finansiële ongerymdhede betrokke was.”

Volgens die verklaring het Kershaw enige skuld ontken en die skool het eksterne ouditeure aangestel om ʼn forensiese oudit te doen.

Glenwood is een van die top-skole in die provinsie en is veral bekend vir sy sterk rugbyspanne.

Die saak is uitgestel tot 21 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Flippie ·

Kom ons kyk maar of hy skuldig is. As hy skuldig is, moet hy uit die samelewing verwyder wo4d. Ek voel ook dat sy grsin saam met hom uit die samelewing verban word, omdat sou hulle gebaat het by die bedrog.

Ek dink normale SAners is keelvol vir die voorspoedige lewenswyse van mense wat niks behalwe onderduimshede verrig om hulsef te verryk nie.

Dit is tyd dat mense hulle brood in die sweet van hulle aangesig verdien.

Rika Germishuizen ·

My seun is in Glemwood High Scool en vir ons as ouers was dit n helse skok. Aan sy optrede by funksies en sport geleendhede sou jy nooit gedink het waarmee hy besig is nie. Is dit hoekom die skoolfonds so hoog is of is dit nou maar net ek wat die duiwel agter die bos gaan soek… vra maar net.

Scalla ·

Waar is die kontrole deur finansiele komissie en hoe is dit gedoen, ek dink jz begin kompetisie kry in kzn

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.