Oud-sportafrigter in hof vir seksuele aanranding

(Foto: pixabay)

Die saak teen ʼn voormalige afrigter van die Bryanston High School gaan na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Alexandra, Johannesburg, voort.

ʼn Sewentienjarige leerder het die beweerde aanranding vroeër vanjaar aangemeld. Sedertdien het nóg drie klaers na vore gekom.

Maroela Media het vroeër berig die 33-jarige afrigter is in Maart vanjaar afgedank, nadat die departement van onderwys hom aanvanklik geskors het. Hy is ná ʼn tugverhoor skuldig bevind aan finansiële wanbestuur en seksuele teistering.

Hy is op 17 Januarie verlede jaar in hegtenis geneem in verband met die dade wat hy glo van 2017 tot verlede jaar met leerders gepleeg het. Die beweerde voorvalle het glo by sportwedstryde en tydens skooluitstappies plaasgevind.

Die man se regspan het vroeër aan die direkteur van openbare vervolging geskryf en gevra dat die besluit om hom te vervolg, hersien word. ʼn Beslissing hieroor word later vandag verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pop ·

So wat sê jy nou meneer prokureur??? Dat dit maar ok is om kinders seksueel aan te rand?? Rerig!!!

Regspan ·

Ja sy REGSPAN…. die span wat saam hom en sy geld hom sal los kry en sommer die regter ietsie aanbied ook, dis mos hoe dit gaan.

ES ·

Die misdadiger het nogsteeds dieselfde regte as enige burger van die land… kan net nie verstaan hoekom sy regspan die OB wil versoek om hom nie te vervolg as daar kinders is met bewyse nie…

Leon pit ·

Regspan vra dat saak tersyde gestel word, wel ek dink daai regspan se kop moet tersyde gestel word of n kopkrapper gaan sien. Belaglik dat verkragting so ligtelik opgevat word. Hersien die regstelsel en die mense wat daarmee saam gaan.

Deon ·

As meer seuns net wil praat kan nog meer openbaar word! Ek weet van ‘n Ds wat ook onderwys gegee het wat so met die seuns gelol het! My seun is nie mee gelol nie, maar baie van sy maats!

Nee regtig!! ·

Nee regtig… dit raak darem nou te erg… elke nou en dan hoor jy van ‘n onderwyser / afrigter wat kinders molesteer of sommer verhoudings met hulle het!! Waar gaan die onderwys heen?? Onderwysers is veronderstel om ons kinders OP TE VOED en TE BESKERM nou doen hulle sulke dade en wil vry gespreek word? Hoop hy kry wat na hom toe kom…!!Nou wonder mens net hoeveel ander is daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.