Oud-sportminister oorlede

Makhenkesi Stofile. Foto: http://www.gov.za/

Makhenkesi Stofile. Foto: http://www.gov.za/

Makhenkesi Stofile, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur en oud-sportminister, is in die ouderdom van 71 dood.

Stofile, ʼn bekende anti-apartheidsvegter, was Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland voordat hy vroeër vanjaar die kanselier van die Fort Hare-Universiteit geword het. Die ANC het Maandag bevestig dat Stofile siek was, maar het nie die oorsaak van sy dood bekendgemaak nie.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê die party is Stofile baie verskuldig vir die geweldige groot rol wat hy in die stryd vir vryheid en in Suid-Afrika as geheel gespeel het. Volgens Kodwa het Stofile in 1958 by die ANC aangesluit toe hy nog net ʼn tiener was en in die 1980’s het hy as streeksekretaris vir die United Democratic Movement gewerk.

“Bra Stof was ʼn simbool van solidariteit, ʼn lojale en gedissiplineerde kader wat in hegtenis geneem en 11 jaar tronkstraf uitgedien het vir terrorisme ingevolge die Wet op Binnelandse Veiligheid in 1986,” het Kodwa gesê.

Nadat demokrasie in 1994 aangebreek het, het Stofile as die ANC se hoofsweep gedien en twee jaar later as die provinsiale voorsitter van die ANC in die Oos-Kaap. In 2004 is hy as minister van sport aangestel.

“Die nasie treur oor die verlies van ʼn uitnemende vryheidsvegter, ʼn toegewyde dienaar van ons mense vir wie geen taak ooit te groot of te klein was nie. Ons innige medelye aan sy familie in hierdie moeilike tyd,” het pres. Jacob Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik ·

Hy sou nie vir terrorisme in hegtenis geneem word as hy nie ‘n terroris was nie, of hoe ?

Lance ·

Ek sien geen jong mense wat deur die anc opkom as moonlike leiers nie.

Ig ·

Jammer maar ek is nie deel van die nasie wat sy dood betreur nie.

Wat-ek-lees ·

Wonder by watter sportstadion gaan sy standbeeld staan.. . . ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.