Oud-Springbok by nagklub bygedam ná rugbywedstryd

Grant Esterhuizen (Foto: Grant Esterhuizen/Facebook)

Die voormalige Springbok-rugbyspeler Grant Esterhuizen is by ʼn nagklub buite Mbombela (Nelspruit) bygedam ná hy verlede Saterdag se rugbykampioenskaptoets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gekyk het.

Die 46-jarige Esterhuizen het die nuus op sy Facebook-blad gedeel en die publiek om hulp gevra om die aanvallers aan te keer. “Op soek na twee not so gentle men wat my Saterdagaand van agter en van die kant af geslaan het. Hierdie individue behoort aan ʼn motorfietsklub in Nelspruit.”

Volgens Esterhuizen het die voorval by Mustangs – The Dancing Place plaasgevind. Hy sê die een persoon is kort met ʼn yl baard en kort donker hare. Die tweede persoon is ʼn lang maer persoon met ʼn donker snor en bokbaardjie. Die langer persoon het ʼn blou-en-swart blokkieshemp aangehad. “Albei het motorfiets-baadjies aangehad. Help my om hierdie kriminele op te spoor en seker te maak dat só iets nooit weer met enigiemand anders gebeur nie.”

Esterhuizen het Woensdag in ʼn onderhoud met Jacaranda FM gesê hulle het buite die klub gestaan toe een persoon na hom toe aangestap gekom en gesê het hy voel of hy hom wil slaan. “Ek het my rug na hom gekeer en toe word ek van die kant af geslaan. Dis eintlik al wat ek kan onthou.”

Esterhuizen het vermoedelik sy bewussyn verloor toe ʼn valhelm hom getref het. Hy het hoofpyne en kneusplekke opgedoen en het vandeesweek ʼn afspraak by ʼn oogkundige.

Esterhuizen het in 1996 vir die Blou Bulle begin speel en in 2000 sy debuut gemaak as ʼn plaasvervanger vir die Springbokke teen Nieu-Seeland by Jade-stadion in Christchurch. Hy het in sewe toetswedstryde gespeel tydens die 2000-rugbyseisoen. Hy het Suid-Afrika in 2003 by die Sewestoernooi verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Christine ·

Ai, ons het darem swak Afrikaners onder ons mense. Skaam my vir my nasie. Ek hoop die maplotters word opgespoor.

Moedeloos ·

Is daar nie sekuriteits kameras by die klub nie. Dalk kan hul daarop kyk binne die gebou en buite.

SjN ·

Daar moes iets gebeur het, ek laat my nie vertel die 2 bikers het dit net vir die lekker gedoen nie, lawaaiwater wou jou seker weer net wil skrum en stoot en hul was nie lus daarvoor nie en toe reen die houe, kom ons hoor eers die volle verhaal voor daar simpatie gesoek word.

VaalDonkie ·

Jack Parow se Brackenfell Boys Choir liedjie som dit goed op

Wilhelmina ·

My seun is ook n paar weke trug aangeval deur n persoon wt n bounser en n lid is van n motorfiets ry klub. Nie al die motorfiets ryers is so gewelddadig nie..maar dt maak hulle naam sleg. Party van die ouens dink hulle clubs sal hulle bystaan maar hulle moet hulle gevolge self dra. Gelukkig het die polisie di persoon opgespoor en hoop ek hy staan self pa vir sy dade. Sterkte en hoop jou aanvallers wrd ook gevind. Vind uit aan watter club hulle behoort en jy behoort hulle op te spoor.

krodedil ·

Ek neem aan dit was ook in ‘n kroeg waar die voggies lekker gevloei het.

Anthony ·

……by ʼn nagklub buite Mbombela (Nelspruit)…wat dink jy ?

VaalDonkie ·

My reel is is eenvoudig: moet nooit uithang by ‘n plek wat se naam met ‘n S eindig nie. Nee rerig: dink maar bietjie aan waar dit so gaan en wat daai plekke se name is. Dis nogal snaaks.

Nick ·

Dit is nou jammer hierdie 2 tappets het nou weer die ware bikers se naam gat gemaak. Nuus vir julle- Julle is gangsters, nie bikers nie. Daar is natuurlik 2 kante van elke storie. Nie alle rugby spelers is helde nie. Party van hulle dink elke girl by ‘n paartie is syne.

Maritza ·

Korrek! Tog nie reg dat hulle hom van agter af aangeval het en twee op 1

MakersMark ·

So biker mice from Mars was jaloers……jare se squaddies en Cola laat ‘n man sleg lyk langs ‘n fikse rugby speler…..

Swerwer ·

Laer as laag, dit is wat die soort wesens genoem word, Dit is sulke optrede deur die “Motorfiets Bendes/klubs” wat maak dat ‘n mens hul glad nie in liefdadigheids geleenthede wil ondersteun nie. Sulke lae wesens behoort geskors te word uit Motorfiets klubs.

Vicky ·

Korrek 100% sodra hulle die jacket of cutt aan het is hulle benewe almal

Nommer 7 ·

Ek het in my twintigs opgehou om na klubs te gaan, In my veertigs my gesin na famielie vriendelike plekke geneem.

Mariana ·

Liewe genande dit was twee regte dronk skollies. Hoe loop jy iemand by en sê jy is lus om hom te slaan en dan daad by woord voeg. Ag nee sies, dis die tipe wat SAners swak naam gee. Hoop hulle word opgespoor. Geen regverding vir sulke gedrag nie.

Herman ·

Ek onthou van baie soortgelyke voorvalle by kuierplekke waar motorfietsbendes betrokke was. Daar was ook gereelde konflik tussen die army en die civvies. Die civvies was maar meesal motorfietsmanne of studente. Ek onthou van een spesifieke voorval in 1981 toe die berede manne van Potch ‘n strafkommando uitgestuur het na die Elgro Hotel toe om die motorfietsbendes van Klerksdorp bietjie te gaan maniere leer. Daarna was dit weer stil vir ‘n baie lang tyd.

Vicky ·

Julle die bikers van Nelspruit is lae klas vir samelewing ek kan dit glo ek en my dogter was aangeval so paar jaar terug by klub en dit na my man oorlede is of let wel vermoor is, was by SAP en daar was net gesê enige iets bike related wil hulle niks mee te doen he nie. So ja sterkte vir jou en jou gesin en dit is jammer dat jy deur hierdie moet gaan, maar hulle noem elke hond kry sy dag – Glo maar vir my

SjN ·

Vicky, moet nie veralgemeen nie, so kry jy orals ongewenste elemente in die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.