Oud-Springbok, pa in hoewe-aanval beseer

Die voormalige Springbokhaker, Lukas van Biljon (47), is verskeie kere met ‘n mes gesteek. (Foto: Facebook / Lukas van Biljon)

Die voormalige Springbokhaker, Lukas van Biljon (47), en sy pa, André (70), is ernstig beseer toe hulle Saterdag op ’n kleinhoewe buite Oranjeville in die Vrystaat aangeval is. Die voorval het kort ná middernag plaasgevind.

Volgens die polisie is Lukas verskeie kere met ʼn mes gesteek en André is in die borskas en hand geskiet. Lukas se kinders is tydens die voorval met kabelbinders vasgebind.

“Ses gewapende mans het die huis na bewering binnegedring. Terwyl mnr. André van Biljon hulp van ander boere oor die radio probeer ontbied het, het die aanvallers verskeie skote afgevuur,” sê kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder.

Die verdagtes het in ʼn Range Rover van die toneel gevlug wat later in Strydomstraat in Oranjeville gevind is. Twee verdagtes het ook in ʼn Toyota Camry van die polisie gevlug.

“ʼn Aktiveringsplan is dadelik in werking gestel en die polisie en boere het alle paaie afgesper. Die voertuig [Toyota Camry] is by ʼn padblokkade in Viljoenskroon voorgekeer. Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisie het ook op die voertuig beslag gelê.”

Volgens Earle sal dié verdagtes, onderskeidelik 32 en 42, eersdaags in die hof verskyn. Hulle word van huisroof en poging tot moord aangekla.

Die Van Biljon-familie kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

André se broer, Martin, het op Facebook gesê sy ouboet “lê kritiek in die hospitaal”.

Volgens hom het die aanvallers ook gedreig om Lukas “voor sy seun” dood te skiet indien hy nie vir hulle geld gee nie.

“ʼn Mens hoor van plaasaanvalle, plaasmoorde … Dit voel soos ʼn storie. ʼn Mens besef nie die werklikheid totdat dit met jou eie mense gebeur nie. My hart is stukkend vandag. Hoe kan mense so wreed wees?” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Amelia ·

Wie kan dit glo Oranjville so stil plek maar na 35 jaar lyk ook seker soos res van land Amal mekaar geken en vriende Bly ander boere gehelp Hoop die klomp moodenaars in die land word eendag swaar getraf hoop ook die kry nie borg nie sterkte mense

Leon ·

Dit is absoluut weereens tragies, maar dit 8s nie die eerste of die laaste keer nie , ek het met n paar slagoffers van die tipe van misdaad gesels en wat opvallend is van almal se verhaal is dat dit hulle gevoel is dat die aanvallers daar op toegspits is om hulle seer te maak eerder as om te roof ??????

Marcello ·

Wow !! Dit is regtig asof hulle veral die wit boere haat. !!!!!!!!! DIe ironie is, dit is dieselfde boere wat die plaasvolk werk en behuising gee.

Althes ·

Dis onaanvaarbaar dat lafaards van 6 twee onskuldige mense aanval.
Ons kan net bid vir herstel van die twee boere.
Die arrogansie van die ANC regering waar alles onder hul verrot en misdaad gedy, hul sal nie regeer tot Jesus kom nie.

Catherina ·

Ons land is meer as net in n gemors. Not even safe in your own homes. How shocking.

Minnie ·

Breek mens se hart.
Die kinders is lewenslank getraumatiseer.
Ons bid…..dis ons beste wapen.

Hendrik ·

Met kamera tegnologie kan hierdie rowers/moordenaars opgespoor word as hulle die gebied binnekom.

ES ·

Mense moet meer paraat wees. Daar is te veel mense wat dink hulle is op ‘n afgelee plek en dit sal nie met hulle gebeur nie. Bewapen julleself en maak seker julle het ‘n noodplan in sulke situasies.

Samuel ·

Wie sê hierdie boere was nie paraat nie? Wat doen jy teen ses aanvallers?

JohanR ·

Soos die boere in die ou Rhodesie is die boere in Suid Afrika in ‘n terroris oorlog betrokke. Maar in die ou Rhodesie het die regering alles gedoen om die boere veilig te hou want vandaar het die land se voeding gekom. Hier dink die regering die kos verskyn soos magic by Spar, P&P, Checkers, Shoprite en Woolworths. Beveilig daai plaas, gesin en werkers asof, terroriste daai aand, of enige aand gaan toeslaan!

Manie ·

In Rhodesië het die staat hulle Boere bewapen, in SA ontwapen die staat hulle Boere.

Harley Davidson ·

Ek wens daar wil statistieke gegee word van watter ras is aanvallers en wie word in die meeste gevalle aangeval.

Hendrik ·

Ons weet mos, maar net soos alle ander statistieke in ZA word daar nooit werklik na die probleem gekyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.