Oud-Springbok vertel hoe hy ses kapers kaalhande afweer

Hannes Strydom. Foto: Facebook

Hannes Strydom. Foto: Facebook

Die oud-Springbok Hannes Strydom (49) het Maandag ses vermeende kapers tydens ʼn mislukte kapingspoging in Pretoria afgeweer, maar is in die proses beseer.

Strydom moes Maandagaand in die hoësorgeenheid van die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof deurbring nadat hy tydens die kapingspoging onder andere met klippe aangerand en met ʼn skerp voorwerp in sy rug gesteek is.

Strydom het Dinsdagmiddag vanuit die hospitaal aan Maroela Media gesê dit is slegs genade van Bo dat hy nie erger van die voorval afgekom het nie.

“Ek was Maandagmiddag van my huurhuis in Pretoria op pad na my apteek in Irene [Centurion] en het deur Waterkloof en Monumentpark gery toe twee mans skielik in een van die strate reg voor my ingespring het,” het Strydom gesê. “Dit het alles so vinnig gebeur. Ek het uitgeswenk om hulle nie te tref nie en aan die kant van die pad tot stilstand gekom. Toe bestook hulle my Toyota Prado met klippe om die vensters te breek.”

Een van die kapers het in Strydom se voertuig ingespring, sy sleutels gegryp, en weer uitgespring. Strydom het die man agternagesit en is toe met ʼn groot klip teen die linkerkant van sy kop getref. “Ek was vir ʼn paar sekondes ‘lights out’. Toe ek bykom, was ek hande viervoet in die pad.”

Vier medepligtiges wat glo in bosse langs die pad weggekruip het, het by hul makkers aangesluit, waarna ʼn worsteling ontstaan het. Strydom was half bewusteloos na die hou teen sy kop, maar het hom teen sy aanvallers verset en met sy vuiste teruggeslaan. Hy is tydens die bakleiery met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek. “Drie het my van voor af aangeval, en drie van agter. Ek het vir hulle gesê hulle sal nie my motor vat nie. God sorg vir sy kinders en hy het vir my die krag gegee om myself teen hulle te verdedig, en ek wil hê almal moet weet dit is net met Sy genade dat ek die aanval oorleef het,” het hy verduidelik.

Die mans het uiteindelik van die toneel gevlug sonder om sy motor te steel, maar het met sy sleutels weggekom.

Strydom se selfoon, wat in die Prado was, is gelukkig nie tydens die voorval gesteel nie en hy kon ʼn vriend, Riaan van Zyl, bel om sy spaarsleutels te bring. Hy het bebloed langs die pad gestaan en wag omdat hy nie die voertuig alleen wou los nie. “Die bloed het teen die linkerkant van my gesig afgeloop en ek kon nie deur my oog sien nie. Dit was omtrent so erg soos my linkeroogbeserings toe ons tydens die Wêreldbeker in 1995 vir die Kanadese die stryd aangesê het,” skerts hy.

“Toe Riaan daar aankom het ek in my voertuig geklim en self na die hospitaal gery, terwyl hy my gevolg het.”

Strydom het skedelbreuk om sy linkeroogkas opgedoen, en moes nagenoeg 30 steke kry om sy wonde te heg. Hy is Dinsdagmiddag uit die hoësorgeenheid na ʼn gewone saal oorgeplaas. Dit is nog nie bekend wanneer hy ontslaan gaan word nie. Hy word daar deur sy vrou, Nikolie, bygestaan.

Intussen stroom boodskappe van bemoediging uit verskeie oorde vir dié Springbokslot wat gehelp het dat Suid-Afrika in 1995 die Wêreldbeker omhoog kan hou.

Kobus Wiese, wat saam met Strydom as slot vir die Springbokke gesak het, het op Twitter uitgevaar oor die voorval. “Barbaarse, lafhartige aanval op Hannes Strydom deur ses mans, wanneer gaan die regering besef dat hulle moet optree en sterk moet optree teen misdadigers! Ek hoop ek is verkeerd, maar ek voel die tyd is naby dat wetsgehoorsame burgers die reg in eie hande gaan neem om hulself te beskerm.”

Ao. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê ʼn dossier is nog nie by die naaste polisiestasie geregistreer nie, maar die polisie het intussen reeds met Strydom in die hospitaal kontak gemaak om ʼn saak oop te maak en die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annatjie ·

Lafaards wat sulke nonsens aanjaag. Bly Hannes het lewendig uit hierdie aanval gekom. Hy is so ‘n nice mens. Iewers sal die regering moet wakker skrik en stappe begin neem om hierdie soort aanvalle te verhoed.

Carol Bezuidenhout ·

Dis meer as hoogtyd dat die polisie wakkerskrik en uitvind hoekom hulle daar is. As hulle nie so deur en deur korrup was nie kon n mens nog n plan gemaak het maar met n korrupe regering is ek bevrees………. Die enigste manier om weer veilig in jou eie land te wees is as ons saamstaan en n grondgebied kry waar ons ons self kan regeer.

stephanie ·

” God sorg vir sy kinders en hy het vir my die krag gegee om myself teen hulle te verdedig, en ek wil hê almal moet weet dit is net met Sy genade dat ek die aanval oorleef het,” het hy verduidelik”

So waar, solank ons lewe asof God nie bestaan kan al die blankes in die land “saamstaan” en dit gaan net mooi niks help.

Rina Pretorius ·

‘N HELE KAS BELLS VIR JOU OU MAAT, JY IS ‘N YSTER HOOR, ONS HET MEER VAN JOU SOORT NODIG IN DIE LAND. HOOP JY HERSTEL GOU. JY IS REG, GOD SORG VIR SY KINDERS

ANNATJIE, DIE REGERING SAL NIE WAKKER SKRIK NIE HOOR WANT DIS HULLE WAT AGTER AL HIERDIE DINGE SIT. ONS AS BLANKES IS ‘ NO-GO IN DIE LAND, ONS IS ‘N BEDRYGING VIR HULLE

JUDY ·

Hierdie is net weer ‘n bewys dat ons sal bly getuister en geteiken word, ons is kamtig ‘n reenboog nasie en moet saam staan, wie staan saam gaan kyk bietjie, ons wat glo in ons Hemelse Vader word beskerm en gespaar en ons is dankbaar daarvoor, die hele regstelsel het ons verraai wanneer daar aanvalle aangemeld word sluur die sake sodat dit net stil raak hoekom bly ons elke keer stil wanneer dit met ons mense gebeur is ons stemme en wilskrag geblus, hulle kry alles reg en ons sit maar in die hoekies en kyk hoe die geweld toeneem om ons, dit is of ons die land vir die donker mag gegee het. Hannes sterk aan en dankie dat jy ‘n lewendige getuie is van wat God nog vir sy kinders sal doen

Vliegie ·

Merk die boosdoeners en gaan down dieselfde met hul families.

Ria Jupin ·

The Cops & the government is to busy doing shopping & playing taxi in cars that us the taxpayer provides & takes bribes to mention a few things to do anything about anything that happens in this country. Take the law into your own hands as the pathetic idiots only looks out for themselves
and their buddies. It’s so sad what S A has become!!! Sorry about what happened to you Hannes may those bastards rot in hell & wishing you a speedy recovery.

Ria Jupin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.