Lt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, sê die vier verdagtes het omstreeks 22:00 Saterdagaand toegang gekry tot ‘n huis in Anglersweg waar Gerrie Sonnekus (61) en twee van sy vriende oornag het.
Mjekula sê die verdagtes het Sonnekus en twee van sy vriende, onderskeidelik 60 en 63 jaar oud, vasgebind waarna hulle met selfone, alkohol en ‘n onbekende bedrag kontant gevlug het.
Mjekula sê Sonnekus en sy vriende het verskeie beserings opgedoen waaronder steekwonde. Volgens Mjekula is twee van hulle na die aanval na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling en is een persoon later na ‘n hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas.
“Die slagoffer wat in die plaaslike hospitaal opgeneem is, is glo reeds ontslaan en het volgens berigte reeds teruggekeer na die Vrystaat.”
Mjekula sê daar is vasgestel dat Sonnekus en die twee vriende op ‘n visvang-wegbreek was in Port Alfred. Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en twee sake van poging tot moord.
En so gaan dit net aan-en-aan-en-aan-en-aan!!!
Ja, ons is nêrens meer veilig nie. Nie eens as jy met vakansie of vir ‘n nag weggaan nie.
Dit sal nooit ophou nie.