Oud-Springbokbreier se vrou verdrink

Oud-Springbokbreier Peter de Villiers (September 2011) (Foto: AFP PHOTO/Stephane de Sakutin)

Die voormalige Springbokbreier Peter de Villiers se vrou het glo Maandag in ʼn swembad in Gqeberha in die Oos-Kaap verdrink.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê SAPD Walmer doen ʼn geregtelike doodondersoek ná ʼn vrou se liggaam Maandagmiddag in ʼn swembad in Fairview aangetref is.

Plaaslike media het die vrou uitgeken as die 62-jarige Theresa de Villiers.

“Die oorledene is van die Paarl maar het by familie in Gqeberha gekuier. Sy is omstreeks 12:00 deur ʼn familielid in die swembad gevind. Die omstandighede rondom die verdrinking word ondersoek. Vuilspel word nie vermoed nie.”

Peter de Villiers was van 2008 tot 2011 afrigter van die Springbokke.

Die egpaar het in 2019 hul dogter Odile weens kanker aan die dood afgestaan. Sy was 28 jaar oud.

GOOD extends its most heartfelt condolences to Peter de Villiers, former SA rugby coach and GOOD Councillor, on the…

Posted by Good on Monday, April 4, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

johan ·

My innige meegevoel aan Pieter de Villiers met die verlies van sy vrou.. Strekte aan jou en die Familie Pieter

Blomme ·

Simpatie met die familie. So jammer vir hom.. Hy het vreeslik gesukkel met die dood van sy dogter.

Delia ·

So jammer om te hoor. Om n kind en eggenoot te verloor so kort na mekaar.

Misky ·

Dit is bitter hartseer. Innige simpatie aan die familie en in besonder Peter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.