Oud-vakbondhoof in hof oor bedrog van R50 miljoen

geld 4

Argieffoto.

Colleen Khumalo (51), voormalige hoof van die tekstielwerkersvakbond Sactwu, het in die Kaapstadse streekshof verskyn op aanklag van bedrog van R50 miljoen.

Khumalo se inhegtenisneming volg ná die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade ondersoek ingestel het oor bewerings van wanbesteding van geld wat die VSA geskenk het, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê. Die skenking was bestem vir verdienstelike niewinsgewende-organisasies wat die verspreiding van oordraagbare siektes voorkom deur gesondheidsdienste aan sleutelgroepe en individue verskaf.

“Die aanvanklike ondersoek het dr. Alfred Bere, ʼn Amerikaanse burger wat in Zimbabwe gebore is en aan die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) verbonde is, verbind met die wanbestuur van skenkings vir SACTWU se program vir arbeidsgesondheid,” het Nkwalase bygevoeg.

Bere is op 24 Augustus 2018 by die Beitbrug-grenspos op pad na Zimbabwe in hegtenis geneem ná ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Hy is na Kaapstad geneem ná hy vlugtig in die Musina-landdroshof verskyn het. Hy was in aanhouding tot hy op 12 September 2018 met streng voorwaardes vrygelaat is op borgtog van R100 000 in die Kaapstadse streekshof.

Khumalo het na bewering tussen 2016 en 2018 vervalste fakture ter waarde van meer as R50 miljoen van verskeie maatskappye en NWO’s ingedien.

Khumalo en Bere het Donderdag saam in die hof verskyn en hul saak is uitgestel tot 29 April 2019 vir verdere ondersoek. Khumalo is vrygelaat op borgtog van R20 000. Bere se borgtog van R100 000 bly van krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Chris du preez ·

Bedrog van R50 miljoen en borgtog van R20 000. ?????????

Wouter ·

Ek kan nie verstaan dat enige land nog geld aan Afrika wil skenk nie. Amerika behoort van beter te weet.

Rita ·

Afrika, die bodemlose put! Hier in ons omgewing is ook n organisasie wat Nederlandse skenkings gebruik om HIV te bekamp maar as mens sien waarmee die trustees rondry kan mens net wonder hoeveel van daardiie fondse word aangewend vir die eintlike doel.

Jeremia ·

SA se tekstielbedryf is weens vakbonde oor die afgrond.
Groot vervaardigers soos Rex Truform en vele ander asook materiaalvervaardigingsbedryf is deel van roemryke verlede.
En dan is daar sowaar nog diegene wat dik dollars in eie sak steek in einste hierdie bedryf.

Michelle ·

Dankie aan die Valke dat hulle nie met dienige R50 miljoen gaan vakansie hou het nie ek hoop net hul sal sien dat geregtigheid seëvier

Stripes ·

Die Valke het hulle werk gedoen. Dit is egter ‘n perd van ‘n ander kleur as dit by die hof kom. Hang van die regter af of hy ook sy werk gaan doen en of dit ook maar net ‘n “stouterd! nou toe moet dit net nie weer doen nie” straf gaan wees.

A Mac ·

Die lap van gierigheid het voor hulle gewapper en hulle het hul kans gevat. Hoop net hulle word goed vervolg en dat daar nie later maar net ‘n kombers oor hierdie korrupsie gegooi gaan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.