Oud-Valke-kaptein vas ná reuse transitoroof

Bhekani Welcome Gcabashe. Foto: SAPD

Bhekani Welcome Gcabashe. Foto: SAPD

ʼn Voormalige kaptein in die Valke is in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn transitorooftog waartydens R107 miljoen gesteel is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Bhekani Welcome Gcabashe is Woensdag by sy huis in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem. Die Valke het ook ʼn klopjag op een van sy luukse huise in Belfast uitgevoer, waar op items beslag gelê is wat die polisie in hul ondersoek kan gebruik.

Gcabashe was voorheen verbonde aan die Valke in Mpumalanga en het in 2011 bedank. Hy het Donderdag vlugtig in die Witbank-landdroshof verskyn en is op borgtog van R20 000 vrygelaat op voorwaarde dat hy sy paspoort moet inhandig, nie met staatsgetuies kontak maak nie en een keer per week by die Bronkhorstspruit-polisiestasie aanmeld.

Volgens Mulaudzi is daar al 22 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die rooftog op 27 April verlede jaar toe ʼn groep gewapende mans die SBV-transitomaatskappy se kontantsentrum in Witbank van R107 miljoen beroof het.
Mulaudzi het gesê al die verdagtes, insluitend Gcabashe, sal op 10 Junie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

E R ·

Vat hulle vas, hoop julle kry al die geld en of eiendom karre en so meer ook terug, joh dit is baie geld daardie!! Genoeg is genoeg van die korrupsie in SA

Tammy ·

Sies, wat n skande vir die Valke. Wonder hoe het hy die rang van kaptein gekry met n brein wat in die kriminele rigting funksioneer? Sal graag wil weet wie is die persoon wat sy aanstelling behartig en goed gekeur het? Se tog as jy weet.

J.Z ·

Stem, en wat my bang maak is dat dit mense is wat aangestel was in bestuurs poste deur die regering.

Alle persone in SAPS moet weer ondersoek word vir misdade deur hulle gepleeg. die wat by SAPS aangesluit is, wat 'n misdadige rekord het, moet onmiddellik afgedank en tronk toe gestuur word. hulle hoort nie daar nie! Die persone wie die misdadigers aanges ·

Dankie vir openbaring van sulke tipe gedrag.

WJ ·

Geld maak jou dom as jy eers eenkeer gesteel het hou jy aan.Die verdagte was n briljante ondersoek beampte het deur die regte kanale bevordering gekry.Ek het saam met hom gewerk en kan getuig oor briljante suksese .Maar as jy n krimineel wil word moet jy jou pyne vat wat kom!!!!

Peet Schabort ·

Ook onse kaptein André Stander so 30+ jare gelede. Niks nuuts, net die metode(s) verskil maar die tjoekie is die uiteinde.
Maroela, lyk my die “spoeg en plak”-funksie werk nie meer?

Joe ·

Peet, al verskil is dat Stander was ‘n uitsondering, vandag is dit algemeen dat polisiemanne en politikuste betrokke is by misdaad, so jou kommentaar is onvanpas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.